Gemeentekarakter en Samestelling
Die Gereformeerde Kerk Randburg bestaan uit sowat 1 800 lidmate waarvan die grootste getal tussen 18 en 40 jaar oud is. Daar bestaan ’n baie mooi balans tussen ouer en jonger lidmate en die bediening spits hom toe op die verskillende behoeftes eie aan elke ouderdomsgroep. Die benadering in die gemeente is om al hoe meer ʼn kerk te word waar lidmate mekaar, en na buite, dien.
Blokke en wyke
Ten einde gespesialiseerde en gefokusde bediening verder te vestig, is die gemeente as volg ingedeel:
Blok | Beskrywing | Predikant | Blokouderling |
Diepsloot | Sowat 425 lidmate in Diepsloot | Dr. Kwena Semenya | |
A-blok | Afgetredenes – 131 lidmate, 11 wyke | Ds. Charl van Rooy | Johan Howell |
B-blok | Werkendes met kinders uit die huis – 250 lidmate, 20 wyke | Ds. Joop van Schaik |
Johan Reyneke Louis Kruger |
C-blok | Lidmate met skoolgaandekinders – 410 lidmate, 18 wyke | Ds. Charl van Rooy |
Danie Knoester Nico Welman Hans Marx |
D-blok | Getroude jongmense sonder kinders – 144 lidmate, 8 wyke | Ds. Thomas Dreyer | Henk de Weerd |
E-blok | Ongetroude jongmense – 201 lidmate, 9 wyke | Ds. Thomas Dreyer |
Christo Liebenberg Anton du Plessis Jan-Harm Pretorius |
F-blok | Lidmate wat verspreid woon – 33 lidmate, 2 wyke | Ds. Joop van Schaik | Eisse van Hoving |
G-blok | Getroude jongmense met voorskoolse kinders – 342 lidmate, 10 wyke | Ds. Joop van Schaik |
Hendrik du Plessis Erik Theron |
Dienswerk word deur lidmate in ʼn verskeidenheid van diensgroepe verrig. Klik hier.
Karakter
Alles wat ons as gemeente doen en beplan, wil ons volgens die Woord van God inrig. Dit behels dat ons vernuwend dink en werk binne die riglyne van die Woord en ook die sinodebesluite van ons kerkverband.
Ons eredienste het ’n gemaklike en informele karakter wat volgens ’n bepaalde orde verloop. Ons wil in ons eredienste ’n rustige atmosfeer skep waarbinne die ontmoeting met God kan plaasvind. Laerskoolkinders word in die eredienste bedien met bladsye waarop hulle die gang van die erediens volg.
Ons glo dat kennis van God die sleutel is waardeur die rykdomme van God se genade ontsluit word (2 Petrus 1) en waardeur ons kan groei na ware gemeenskap met God. Ons glo ook op grond van Efesiërs 6 dat kennis van die waarhede in die Woord ons toerus met die wapenrusting waarmee ons bose magte kan oorwin. Ons kinders word grondig onderrig sodat hulle God se wonderdade kan ken en Hom sal vertrou en daarom sal gehoorsaam (Psalm 78).
Die kudde aan ons toevertrou word versorg in wyksverband waar ‘n diaken as wyksleier sy of haar lidmate bedien. Lidmate leef hul dienswerk uit, volgens die gawes wat hulle ontvang het, binne diensgroepe waarvan daar soat 45 in die gemeente bestaan. Die sameroeper van ‘n diensgroep is ook ‘n bevestigde diaken.