Taal

Teken In

Verjaarsdae

Sondag, 10 Desember

Leana Meyer

Jeanne Sterianos

Hilmer Backer

Dietmar Engler (74)

Maandag, 11 Desember

Ruan Coetzee

Adele Visser

Heinie Groenewald

Chris Joubert

Ilzé Kotzé

Jan De Kloe

Dinsdag, 12 Desember

Leonie Botha

Jannie Van Der Walt

Sonja Balt

Woensdag, 13 Desember

Thato Semenya

Liz Steyn

Wesley Faver

Donderdag, 14 Desember

Cass Hattingh

Lara Van Rooyen

Mariska Van Niekerk

Vrydag, 15 Desember

Luan Kotze

Erich Holz

Johan Knoester

Warrick Beaumont

Chris Venter

Speek Venter

San De Beer (85)

Saterdag, 16 Desember

Chris Du Plooy

Susan Brink

Sondag, 17 Desember

Hettie Vorster-Viljoen

Nelleke Voogt (73)

Dinsdag, 19 Desember

Elani Van Rooyen

André Marais

Philip Van Wyk

Ila Schutte 

Elfrieda Botha (77)

Gert Hatting (82)

Woensdag, 20 Desember

Abraham Theunissen

Krister Janse Van Rensburg

Antoinette Van Wyk

Donderdag, 21 Desember

Gustav Roux

Anke Kotze

Hendri Van Der Loo

Vrydag, 22 Desember

Esti Beaumont

Hennie Serfontein

Douw Venter (85)

Saterdag, 23 Desember

Magna Malan

Jenny Schramm

Lys van Vrae

Watter opdrag het die engele aangaande my?

Vraag: As God sê ek gee my engele aangaande jou opdrag '“ wat bedoel Hy? Wat was hulle opdrag, indien enige, oor gelowiges wat byvoorbeeld deur geweld soos verkragting, molestering en mishandeling gaan?

Antwoord:   God belowe op 'n paar plekke dat Hy volkome in beheer is van ons lewe en dat daar nie 'n haar van ons koppe sal afval sonder dat Hy dit wil nie (Luk 21:18; Luk 12:7; Mat 10:30).  Daarmee sê hy egter nie dat daar niks slegs oor ons pad sal kom nie.  Inteendeel, Jesus sê in Johannes 16:33: " Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin.'  

 Ons kan dus verwag dat ons dit moeilik sal hê.  Dat allerhande vervolging op ons pad sal kom.  Niks daarvan sal egter buite sy beheer om wees nie!  Niks sal gebeur sonder dat Hy dit toelaat nie en daarby gee hy die belofte in Rom 8 vers 28-29:  Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is. Dié wat Hy lank tevore verkies het, het Hy ook bestem om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat sy Seun baie broers kan hê van wie Hy die Eerste is.   God is besig om ons te vorm om meer en meer te word soos Jesus.  Hy bestuur alles vir ons met hierdie doel voor oë, ten goede.  Hy's nie die outeur van die slegte en bose dinge nie.  Dit is die duiwel wat ons sondige harte aanhits om bose dinge te doen, soos seksuele sondes, verkragting, molestering ens.  God is egter so almagtig dat hy selfs die slegste sleg kan vat en dit gebruik om vir ons die ware lewe te gee, wat net in Hom te vinde is.  Dink maar net aan Jesus se kruisdood!  God het sy engele opdrag gegee aangaande Jesus (Ps 91:11, Mat 4:6; Luk 4:10).  En hulle het hom 'n paar keer beskerm (Luk 4:28-30).   Maar uiteindelik keer die engele nie dat hy aan die kruis sterf nie, juis omdat hierdie slegste sleg deel was van God se plan om verlossing te bring vir die wêreld.

 Ons sien dit ook in ander gelowiges se lewe.  Die Heilige Gees keer Paulus om na sekere dele toe te gaan omdat dit gevaarlik is.  Ander kere gaan Paulus na plekke toe en hy word gevang en kry lyfstraf en God gryp nie in nie.  Hy's in beheer.  Hy gee sy engele opdrag en hulle bewaar ons van die dinge wat die Here nie oor ons pad wil laat kom nie.  Ons sal nie eers weet wat dit alles is nie.  Ek dink dit gebeur daagliks!   Maar ander dinge laat hy oor ons pad kom.  Die engele is immers in God se diens, nie in ons diens nie.  Hulle voer net sy opdragte uit. 

Psalm 23 is altyd vir my so aangrypend.  Die Here belowe nie dat ons nooit deur donker dieptes sal gaan nie.  Ons kan egter op grond van sy beloftes in die Woord, en uiteindelik op grond van die bevestiging van al sy beloftes in Jesus se kruisdood in my plek, saam met Dawid sê: Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my.  In u hande is ek veilig (Ps 23:4).

Ds. Thomas Dreyer

(Gebruik die webblad se vraag-opsie of kontak Thomas self by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  vir enige verdere vrae / opmerkings hieroor)