Taal

Teken In

Verjaarsdae

Sondag, 10 Desember

Leana Meyer

Jeanne Sterianos

Hilmer Backer

Dietmar Engler (74)

Maandag, 11 Desember

Ruan Coetzee

Adele Visser

Heinie Groenewald

Chris Joubert

Ilzé Kotzé

Jan De Kloe

Dinsdag, 12 Desember

Leonie Botha

Jannie Van Der Walt

Sonja Balt

Woensdag, 13 Desember

Thato Semenya

Liz Steyn

Wesley Faver

Donderdag, 14 Desember

Cass Hattingh

Lara Van Rooyen

Mariska Van Niekerk

Vrydag, 15 Desember

Luan Kotze

Erich Holz

Johan Knoester

Warrick Beaumont

Chris Venter

Speek Venter

San De Beer (85)

Saterdag, 16 Desember

Chris Du Plooy

Susan Brink

Sondag, 17 Desember

Hettie Vorster-Viljoen

Nelleke Voogt (73)

Dinsdag, 19 Desember

Elani Van Rooyen

André Marais

Philip Van Wyk

Ila Schutte 

Elfrieda Botha (77)

Gert Hatting (82)

Woensdag, 20 Desember

Abraham Theunissen

Krister Janse Van Rensburg

Antoinette Van Wyk

Donderdag, 21 Desember

Gustav Roux

Anke Kotze

Hendri Van Der Loo

Vrydag, 22 Desember

Esti Beaumont

Hennie Serfontein

Douw Venter (85)

Saterdag, 23 Desember

Magna Malan

Jenny Schramm

Lys van Vrae

Het Eva broers en susters gehad?

Vraag: Het Eva broers en susters gehad?
 
 
Antwoord:  Ons uitgangspunt is die Woord van God en wat Hy daarin vir ons openbaar?  Uit die Bybel (Genesis) kry ons geen aanduiding dat Eva (of Adam) enige broers en susters gehad het nie.  Hulle word as die enigste mense aangedui wat God op so 'n besondere wyse geskape het (Gen.2:7, 21-22).  Die res (alle ander mense na hulle) is op die "normale" wyse verwek en gebore (Gen.1:28: "Wees vrugbaar, word baie..."; lees ook Gen.4:1-2,25).  Meer as dit weet ons ongelukkig nie. 
Mens sou die vraag bietjie verder kon neem en vra waar kom al die ander mense dan vandaan, bv. Kain se vrou (Gen.4:17)?  Uit die Bybel is dit duidelik dat Adam en Eva nog baie ander kinders gehad het (Gen.5:3-4).  Wat waarskynlik gebeur het, was dat broers en susters met mekaar getrou het en kinders verwek het.  Kain sou dan bv. met 'n broers- of susterskind kon trou.  Dit was nog nie as bloedskande verbied nie, aangesien die "gene-poel" nog suiwer was omdat daar (nog) nie 'n lang genetiese ketting ontwikkel het nie.  Eers in Levitikus 18:17 en 20:14 verbied die Here dit as bloedskande - omdat Hy geweet het watter (genetiese) afwykings 'n kind wat so verwek en gebore word, toe (en vandag) sou hê.  Met dit alles gesê, bly dit maar spekulasie.  Die Bybel is immers 'n geloofsboek wat vir ons wil sê dat God in 'n verhoudings met mense tree en wil leef!  Dis nie 'n wetenskaplike handboek wat alle vrae wil beantwoord nie.
 
 
 
Ds Charl van Rooy
 
(Gebruik die webblad se vraag-opsie of kontak Charl self by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  vir enige verdere vrae / opmerkings hieroor)