Taal

Teken In

Verjaarsdae

Sondag, 22 April

Anél Snyman

Franske Stenden

Tessa Ehlers

Paul Le Roux

Maandag, 23 April

Juan Roos

Sunelle Bührmann

Marilie Kruger

Hans Marx

Dinsdag, 24 April

Lenee Terblanche

Jackie Snyman

Liza Viljoen

Pieter Pelser

Ralph Wellmann

Woensdag, 25 April

Willem Reyneke

Donderdag, 26 April

Jaco Schutte

Vrydag, 27 April

Nicolene Maree

Karin Olivier

Logan Coetsee

Mark Mac Donnell

Susan Du Plooy

Ina Pillay

Saterdag, 28 April

Frans Kamffer

Karlien Geldenhuys

Willie Steyn

 

Lys van Vrae

Kan ons as mense iemand se geloof beoordeel as eg of nie?

Vraag : Is 'n ware geloof definieerbaar? Kan ons hier op aarde 'n diagnose oor die egtheid van iemand se geloof maak?

Antwoord: Jy vra wat geloof werklik is en of  dit moontlik is om vas te stel of iemand se geloof eg is.

Wat is geloof?

Geloof bestaan uit twee dele :  kennis en vertroue.  Kom ek verduidelik dit so. As jy op 'n brandende gebou se dak staan en die rook is so dig dat jy nie tot onder op die grond kan sien nie. Maar daar staan iemand onder op die grond en hy sê vir jou: "spring ons gaan jou vang".  Die eerste vraag wat jy vir jouself  moet  uitmaak is "kan ek hierdie ou vertrou, praat hy die waarheid, is hy vir my of teen my?" Maar ek moet ook vir myself uitmaak of  hy in staat is om te doen wat hy sê hy gaan doen.  Om hierdie vrae te antwoord het ek kennis nodig van die persoon wat met my praat.  As ek weet hy is van die Brandweer en ek weet dit is goed opgeleide mense en hulle is daar op te help, dan oortuig hierdie kennis my om hom te vertrou en te doen wat hy sê.  God stel Homself in die Bybel aan ons bekend sodat ons Hom kan leer ken. Dat ons kan weet dat Hy vir ons kan en wil sorg met dit wat vir ons die heel beste is.  Hoe beter ek die Bybel ken, hoe meer kan ek van God weet.  Hierdie kennis kan by my 'n vaste vertroue laat groei, wat sal veroorsaak dat ek Hom sal gehoorsaam.  Geloof is dus om iemand (God) se getuienis te aanvaar op grond van die kennis wat ek van daardie persoon (Hom) het.

Is my geloof 'n ware geloof?

Hoe weet ons die ou op die dak het die ou op die grond geglo?  As hy gespring het. (Anders het hy geroep "help" en die ou op die grond sê "spring" en die ou op die dak dink 'n oomblik en skreeu "iemand anders, help")   God sê in sy Woord vir my hoe ek moet lewe om die lewe voluit te benut.  Glo ek Hom, of dink ek Hy lieg?  Die toets of ek God glo is of ek begin doen wat Hy sê ek moet doen.  Ek sê doelbewus dat ek "begin doen", want ek gaan dit nie dadelik regkry nie, en selfs nooit op hierdie aarde volmaak regkry nie. Maar ek probeer.  Die kenmerk van 'n lewe uit ware geloof is dus voortdurende bekering, omdraai as ek die verkeerde pad begin loop het.  Onthou, geloof gaan daaroor dat ek in 'n liefdesverhouding met God tree.  Hy maak my 'n huweliksaanbod, Hy verklaar sy liefde aan my en sê dat Hy sy liefde bewys het deur sy Seun te stuur om vir my sonde te betaal. Hy sê dat Hy my met alle goeie (nie noodwendig lekker nie) dinge sal versorg. Ware geloof is om die aanbod te aanvaar en voortdurend te streef om Hom meer en meer lief te hê met my lewe.  Ek wil nie meer sonde doen nie, want ek glo dit maak my seer en ook my geliefde Here, daarom het ek berou oor sondes en span ek my in om dit nie weer te doen nie.  Daarom soek ek ook om ander mense lief te hê, soos my Here my beveel.  Hoe weet ek of ek 'n ware geloof het?  As ek dit wat in die Bybel staan as die waarheid aanvaar en as ek meer en meer begin spring as God sê spring.

Dr. Gert Breed

(Gebruik die webblad se vraag-opsie of kontak Gert self by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  vir enige verdere vrae / opmerkings hieroor)