Teken In

Verjaarsdae

Sondag, 16 September

Luan Pettit

Retha Vercueil-Venter

Herman Dorland

Maandag, 17 September

Henning Snyman

Jaco Theunissen

Kotie Van Der Loo (75)

Lida De Wet (76)

Dinsdag, 18 September

Gustav Hefer

Morné Viljoen Jnr

Woensdag, 19 September

Louis Kruger Jnr

Rowan Griffioen

Wouda Du Plessis

Louis Kruger

Mike Van Wyk

Donderdag, 20 September

Karli De Kock

Gert Grobler

Vrydag, 21 September

Johann Bührmann

Leopold Combrink

Rinet Van Der Walt

Cas Grobler

K D Düsselberg

Marinus Van Jaarsveld

Elise Viljoen

Sinisa Tucakovic

Jan Voogt (73)

Saterdag, 22 September

Cee-J Van Der Walt

Sarina Du Plessis

Delien Düsselberg

Hannemie Mulder

 

Lys van Vrae

Kan iemand wat wil hemel toe gaan nie uitverkies wees nie?

Vraag: Is dit moontlik dat iemand wat bang is vir die hel of graag hemel toe wil gaan- nie uitverkies is nie?

Antwoord: Dis baie moeilik om die vraag te antwoord net soos hy hier staan.  As ek dit koud en klinies moes antwoord, sou ek moet sê, ja.  Waarom?  Want 'n goeie Moslem of Jood sal sekerlik ook bang wees vir die hel en opgewonde wees oor die hemel. 

As ek die vraag egter 'n bietjie kan inkleur en dit so vra: 

Is dit moontlik dat iemand wat opgewonde is oor die hemel omdat Hy glo dat Jesus dit vir hom moontlik gemaak het om vir 'n ewigheid saam met die lewende God te spandeer, nie uitverkies is nie?  Nee.  

Is dit moontlik dat iemand wat 'n gesonde vrees het vir 'n lewe sonder God (hel) en daarom met alles in hom of haar vir Jesus in die geloof vasgryp as die enigste persoon wat ons kan red van 'n lewe sonder God (hel), nie uitverkies is nie?  Nee.   

Geloof in Jesus Christus as Verlosser en Here is hoe ons gered word.  Met die hart glo ons dat Hy vir ons sonde kom sterf het en Koning van ons lewe is en ons word vrygespreek, en met die mond bely ons dit en word gered (Rom 10:9-10)  Wanneer jy Jesus so leer ken, kom daar in jou hart 'n opgewondenheid om vir ewig saam met God te wees, en Hom uiteindelik volmaak te leer ken (hemel toe te gaan) en raak dit vir jou ondenkbaar om sonder Hom te wees (hel toe te gaan).   Dis nie vrees wat jou meer dryf nie, maar liefde vir Hom en 'n opgewondenheid oor Hom.   Hierdie geloof en opgewondenheid en vreugde oor wie God is en wat Hy gedoen het en hoe dit moet wees om Hom volmaak te kan sien en beleef, is iets wat net die Heilige Gees in 'n mens se hart kan werk.  Van nature is ons as mense opstandig teenoor God (Rom 3:10,23).  As ons Hom gehoorsaam, doen ons dit om selfsugtige redes:  Hy moet ons seën vir ons gehoorsaamheid, dinge vir ons laat uitwerk, slegte dinge afweer, ons hemel toe laat gaan en uit die hel hou.  Ons doen dit nie uit liefde.  Deur sy Woord konfronteer God hierdie opstandigheid.  Hy lei ons deur sy Woord en Gees tot berou en bekering en geloof en 'n nuwe opgewondenheid oor Hom en wie Hy is.  As dit in jou lewe gebeur (nie volmaak nie, maar tog duidelik identifiseerbaar) is dit 'n teken dat die Heilige Gees werk en kan 'n mens seker wees dat jy uitverkies is. 

Waarom?  Want hierdie geloof is 'n gawe van God (Ef 2:8) en niemand kan Jesus Here noem sonder dat die Heilige Gees in hom / haar werk nie (1 Kor 12:3).

Ds. Thomas Dreyer

 

 

(Gebruik die webblad se vraag-opsie of kontak Thomas self by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  vir enige verdere vrae / opmerkings hieroor)