Taal

Teken In

Verjaarsdae

Sondag, 10 Desember

Leana Meyer

Jeanne Sterianos

Hilmer Backer

Dietmar Engler (74)

Maandag, 11 Desember

Ruan Coetzee

Adele Visser

Heinie Groenewald

Chris Joubert

Ilzé Kotzé

Jan De Kloe

Dinsdag, 12 Desember

Leonie Botha

Jannie Van Der Walt

Sonja Balt

Woensdag, 13 Desember

Thato Semenya

Liz Steyn

Wesley Faver

Donderdag, 14 Desember

Cass Hattingh

Lara Van Rooyen

Mariska Van Niekerk

Vrydag, 15 Desember

Luan Kotze

Erich Holz

Johan Knoester

Warrick Beaumont

Chris Venter

Speek Venter

San De Beer (85)

Saterdag, 16 Desember

Chris Du Plooy

Susan Brink

Sondag, 17 Desember

Hettie Vorster-Viljoen

Nelleke Voogt (73)

Dinsdag, 19 Desember

Elani Van Rooyen

André Marais

Philip Van Wyk

Ila Schutte 

Elfrieda Botha (77)

Gert Hatting (82)

Woensdag, 20 Desember

Abraham Theunissen

Krister Janse Van Rensburg

Antoinette Van Wyk

Donderdag, 21 Desember

Gustav Roux

Anke Kotze

Hendri Van Der Loo

Vrydag, 22 Desember

Esti Beaumont

Hennie Serfontein

Douw Venter (85)

Saterdag, 23 Desember

Magna Malan

Jenny Schramm

Lys van Vrae

Bid jy voor 'n besigheidsete? (kommentaar bygevoeg)

Vraag: In die scenario waar mens dalk 'n besigheids ete het in 'n restaurant - as mens nie bid voor ete nie (dalk te luidrutig, dalk te is jy die middelpunt van die huidige gesprek), tel dit as verloëning van jou geloof of 'n verlore geleentheid om te getuig, of beide? Of is die "reëls" hierrondom buigsaam?

Antwoord:  Dis 'n baie goeie en relevante vraag omdat dit iets is waarmee baie van ons gekonfronteer word.  As ek die scenario reg verstaan sit jy aan tafel in 'n besige Restaurant saam met ongelowige mense met wie jy besigheid doen.  Julle is in die middel van 'n gesprek en dan kom die kos.  Hoe gemaak? 

Kom ons kry net eers ons vertrekpunt reg en maak seker ons is op dieselfde bladsy deur die volgende vraag te antwoord:  Waarom bid ons enigsins voor ons eet?  Bid ek uit gewoonte?  Hopelik nie!  Bid ek omdat die kos my gaan vet maak as ek nie daarvoor bid nie?  Verseker nie.  Bid ek sodat ander kan sien ek bid, as 'n getuienis?  Nêrens kry ons 'n opdrag om dit te doen nie.  Om die waarheid te sê, ons sal sukkel om enigsins 'n opdrag in die Bybel te kry om te bid voor ons eet!

Die opdrag is wel:  Bid gedurig (1 Tes 5:17).  Bid sonder ophou.   

Waarom?  Want ons is in 'n nuwe verhouding met Hom.  Hy't ons vry gemaak van die Wet se veroordeling.  Ek hoef nie meer te gehoorsaam uit vrees nie.  Ek hoef nie iets te doen om iets by Hom te verdien nie.  Nee, Hy het alles gedoen wat nodig is sodat ek weer in 'n verhouding met Hom kan leef.    Daarom bid ek nou oor alles en voor en na alles wat ek doen.  Ek bid gedurig want ek is vir Hom lief en dankbaar vir sy genade.   

Dis in wese waarom ons bid voor ete.  Ons erken Hom as die een wat versorg.  Wat gee.  Sonder wie ek nie kan lewe nie.  Ek bid nie in die eerste plek om te getuig nie.  Ek bid nie ter wille van mense nie.  Ek bid omdat ek vir Hom lief is.  Hiertoe moet ek enige tyd, onder enige omstandigheid bereid wees.  Nie as 'n wet of 'n reël nie, maar omdat my hart dit wil.  Omdat liefde my dryf.   

Kan Hy my opregte gebed voor ete, voor mense wat nie glo nie, kragtig gebruik?  Ja.  Maar ek kan ook 'n uur voor die ete rustig gaan bid vir die besigheidstransaksie wat gaan plaasvind.  Ek kan Hom vra om my te help om eerlik te wees in die besigheid wat ek doen, om my te help om te hou by my beginsels as Christen.   Ek kan hom vra om alles wat ek doen en sê tydens die besigheidsete so te doen dat Hy dit kan gebruik as 'n geleentheid om oor Jesus te praat, dat die mense sal uitvra oor die hoop wat in my lewe, en dat ek dan die woorde sal hê om te praat.  Ek kan vir Hom vra om my te lei om te weet of ek soos gewoonlik met Hom moet praat voor ek eet (bid) en of dit beter sal wees om dit nie te doen nie.  So 'n gebed is baie belangriker as 'n gebed voor ete uit gewoonte!  

 Jy sien, nou gaan dit nie meer oor my en of ek 'n wet oortree wat vir my slegte gevolge gaan hê nie.  Dit gaan oor Hom.   

Dis die kernvraag.  Bid ek of bid ek nie, tot sy eer?  Of bid ek of bid ek nie, terwille van myself:  Ek voel ongemaklik - so ek bid nie.  Dit gaan hulle ongemaklik maak - so ek bid nie.  Dit gaan hulle help om te dink ek's 'n goeie mens, so ek bid.  Ek bid uit gewoonte sonder om te dink.  Ek bid omdat ek moet, uit vrees om 'n wet te oortree, om  'vry kom van straf'.  Al hierdie keuses het myself in die middelpunt.   

Kol 3:15 sê: " . . . die vrede wat Christus gee, moet in julle lewens die deurslag gee"  Ek moet binne my verhouding met Hom besluit, of ek moet bid, of nie moet bid nie.  Wat sal Hom verheerlik?  Daar's nie meer 'n wet wat ons kan aftiek en sê:   Nou't ek dit gedoen so die Here moet nou met my tevrede wees en my nie straf nie.  Nee.  Leef uit 'n verhouding met Hom en neem so besluite.  Veral as dit kom by dinge wat die Here nie direk in sy Woord beveel nie.

Ds Thomas Dreyer

 

(Gebruik die webblad se vraag-opsie of kontak Thomas self by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  vir enige verdere vrae / opmerkings hieroor)

 

 

 

Conway Roberts sê: 

 

 

Verder tot die saak rondom gebed voor ete wil ek graag my 5 sent waarde toevoeg.Ons het as gesin ook die gewoonte om voor ete te bid, hetsy in die openbaar of tuis. Welliswaar is dit nie 'n wet of net 'n gewoonte nie (niks fout met 'n goeie gewoonte nie), maar spruit dit uit 'n verhouding met ons Vader wat voorsien. Dit is egter ook so dat dit in die openbaar 'n getuienis is en ook die geleentheid skep om te getuig.So gebeur dit toe per geleentheid dat ek saam met 'n nuwe klient gaan middagete eet. Ek ken die ou van geen kant af nie en het geen idee waar hy staan met betrekking tot geloof nie. Terwyl ons wag vir die kos het ek hierdie innerlike worsteling of ek gaan bid voor ons eet of nie. Ek besluit toe om liewer nie te 'stir' nie. Toe die kos kom, gee ek in my binneste 'n vinnige skietgebedjie en val weg. Met die eerste hap in my mond vra my klient: "Sal jy omgee as ons die seën vra...?" Aauch, Eina!!!