Taal

Teken In

Verjaarsdae

Sondag, 10 Desember

Leana Meyer

Jeanne Sterianos

Hilmer Backer

Dietmar Engler (74)

Maandag, 11 Desember

Ruan Coetzee

Adele Visser

Heinie Groenewald

Chris Joubert

Ilzé Kotzé

Jan De Kloe

Dinsdag, 12 Desember

Leonie Botha

Jannie Van Der Walt

Sonja Balt

Woensdag, 13 Desember

Thato Semenya

Liz Steyn

Wesley Faver

Donderdag, 14 Desember

Cass Hattingh

Lara Van Rooyen

Mariska Van Niekerk

Vrydag, 15 Desember

Luan Kotze

Erich Holz

Johan Knoester

Warrick Beaumont

Chris Venter

Speek Venter

San De Beer (85)

Saterdag, 16 Desember

Chris Du Plooy

Susan Brink

Sondag, 17 Desember

Hettie Vorster-Viljoen

Nelleke Voogt (73)

Dinsdag, 19 Desember

Elani Van Rooyen

André Marais

Philip Van Wyk

Ila Schutte 

Elfrieda Botha (77)

Gert Hatting (82)

Woensdag, 20 Desember

Abraham Theunissen

Krister Janse Van Rensburg

Antoinette Van Wyk

Donderdag, 21 Desember

Gustav Roux

Anke Kotze

Hendri Van Der Loo

Vrydag, 22 Desember

Esti Beaumont

Hennie Serfontein

Douw Venter (85)

Saterdag, 23 Desember

Magna Malan

Jenny Schramm

Lys van Vrae

Waar kom Adam en Eva se weerbarstigheid vandaan?

Vraag: Het God Adam en Eva met 'n stukkie weerbarstigheid geskape? Waar kry hulle hulle ongehoorsaamheid vandaan as God alles goed geskape het... wie het dit in hulle gesit?.

Antwoord: Ek haal graag vir 'n wegspring die antwoord op soortgelyke vrae in ons belydenis (Die Heidelbergse Kategismus, Sondag 3 en 4) aan. 

Vraag 6:  Het God die mens dan so sondig en verkeerd geskep?
Antwoord: Nee, God het die mens goed en na sy ewebeeld geskep. Dit beteken: in ware geregtigheid en heiligheid, sodat hy God, sy Skepper, reg kon ken, Hom van harte kon liefhê en saam met Hom in die ewige saligheid kon lewe om Hom te loof en te prys.
Vraag 7: Waar kom hierdie verdorwe natuur van die mens dan vandaan?
Antwoord: Van die val en ongehoorsaamheid van ons eerste ouers, Adam en Eva, in die paradys. Daar het ons natuur so verdorwe geraak dat ons almal in sonde ontvang en gebore word.
Vraag 8: Is ons so verdorwe dat ons glad nie instaat is om iets goeds te doen nie en tot alle kwaad geneig is?
Antwoord: Ja, behalwe as ons deur die Gees van God weergebore word.
Vraag 9: Doen God die mens dan nie onreg aan as Hy in sy wet van hom eis wat hy tog nie kan doen nie ?
Antwoord: Nee, want God het die mens so geskep dat hy dit kon doen. Maar die mens het homself en sy hele nageslag as gevolg van die aanhitsing van die duiwel en deur moedswillige ongehoorsaamheid van hierdie gawes beroof 

Om die eerste vraag (Het God Adam en Eva met 'n stukkie weerbarstigheid geskape?) dus te antwoord: 

Nee, God het vir Adam en Eva goed geskape!  Lees maar gerus Gen 1:31 wat 'n getuienis is oor die hele skeppingswerk van God, mense ingesluit!  Adam en Eva het 'n totaal vrye wil gehad.  Dit beteken hulle het die vermoë gehad om God volmaak te gehoorsaam en lief te hê uit eie keuse.  Dit impliseer dat hulle ook die vermoë gehad het om teen God te kies.  God wil immers nie robotte hê wat Hom dien nie.  Hy het mense gemaak om Hom uit vrye keuse lief te hê en te gehoorsaam. 

Waar kom die ongehoorsaamheid vandaan? 

Moedswillige ongehoorsaamheid uit hulle eie harte, onder aanhitsing van die duiwel.  Adam en Eva het geweet wat die waarheid is.  Hulle kies doelbewus om 'n leuen te glo.  Hulle kom in opstand teen God omdat hulle val vir die leuen van die duiwel dat hulle self god kan wees en dat dit baie lekkerder sal wees vir hulle as hulle oor hulleself kan regeer.  Dit het natuurlik baie slegte gevolge vir hulle, maar ook vir ons, hulle nageslag.   Ons word na die sondeval nie meer gebore met 'n vrye wil nie (Ps 51:7).  Ons kies van meet af aan teen God.  Ons is van nature opstandig met een begeerte in ons harte, nl. om koning / god / here van ons eie lewe te wees (Jes 53:6; Rom 3:10,23).  Net God kan ons kom nuut maak om hierdie sonde raak te sien, ons rug op die 'eie-ek koning'  te draai en Hom weer as enigste God en Here van ons lewe te erken.  Hy doen dit deur sy Heilige Gees wat ons begelei tot geloof in Jesus Christus (Titus 2:3-7).  Jesus het kom sterf en opgestaan uit die dood om ons te herskep (Ef 2:1-7; Kol 1:15-20) sodat ons ons doodsbestaan onder ons eie regering kan ontvlug en weer kan LEWE onder Sy heerskappy (Joh 14:6; Rom 12:1-2).      

Ds. Thomas Dreyer

(Gebruik die webblad se vraag-opsie of kontak Thomas self by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   vir enige verdere vrae / opmerkings hieroor)