Teken In

Verjaarsdae

Sondag, 18 November
Riley Laas
Coenraad Du Toit
Ricus Venter
Esmé Du Toit
Elaine Van Biljon
Ida Kruger (80)
Maandag, 19 November
Daan Van Wyk (79)
Dinsdag, 20 November
Hannes Smith
Woensdag, 21 November
Mia Saayman
Karla Saayman
Morkel Du Preez
Ilse Kruger
Carien Cronjé
Vrydag, 23 November
Eli Lourens
Betsie Van Der Walt (72)
Ettie De Kock (87)
Saterdag, 24 November
Marie Van Staden (85)

Lys van Vrae

Perfekte maat buite die huwelik - 'n ingryping of versoeking?

Vraag: Ek het 'n buite egtelike verhouding gehad en ons probeer die huwelik red. Huidiglik het ek iemand ontmoet wat so perfek is vir my. Is dit 'n versoeking van Satan of 'n toets van God om te sien of ek beter kan doen en nie weer sonde doen nie, of sê God dalk vir my dat Hy iemand anders vir my het? 

Antwoord:
Kom ons begin by die laaste vraag : 'sê God dalk vir my dat Hy iemand anders vir my het?'
Daar is 'n baie belangrike beginsel wat ons hier in ag moet neem naamlik dat God Homself nooit sal weerspreek nie.  Hy sal nie nou een ding sê en nou-nou die teenoorgestelde nie.  Die Here sê in Maleagi 2:16 - 'Die Here die God van Israel sê Hy haat egskeiding. Egskeiding is niks anders as geweld nie, sê die Here die Almagtige. Beheers julle, moenie ontrou wees nie.'    Ons kan dus met groot sekerheid sê dat God nie wil hê dat julle huwelik moet oor wees en dat Hy nou vir jou iemand anders gestuur het nie. 

Jy sê ook : 'Huidiglik het ek iemand ontmoet wat so perfek is vir my'
Ek kan nogal dink dat jy op die oomblik oortuig is dat hy/sy perfek is vir jou.  Die vraag is egter, hoe lank hy/sy perfek gaan bly?  Toe jy met jou vrou/man getrou het, het jy ook waarskynlik gedink dat sy/hy perfek is vir jou.  Wanneer 'n mens aan die begin van 'n verhouding is, word jou verstand dikwels oorskryf deur allerhande stowwe wat jou brein afskei vanweë die opgewondenheid/verliefdheid.  Dit is deur navorsing bewys dat mense in hierdie fase van 'n verhouding, blind kan wees vir die ander een se foute. Wanneer die opwinding mettertyd afwater, kom die ander een se foute egter duideliker uit en kan dit wees dat jy in die nuwe verhouding maar weer met die selfde ou probleme sit wat jou uit jou huwelik laat vlug het. Jy bring waarskynlik ook jou kwota foute saam met jou in hierdie nuwe verhouding in.  Indien jy nie nou die probleme met jou vrou/man kan uitsorteer nie, gaan jy dit waarskynlik ook nie regkry met jou nuwe liefde nie.  Weereens bewys statistiek dat 'n groot hoeveelheid mense wat 'n tweede (en 'n derde) huwelik aangaan ook nie daarvan 'n sukses  maak nie.  'n Mens sou dit met koek-bak kan vergelyk.  Indien ek die verkeerde resep het, kan ek soveel keer as ek wil probeer om 'n lekker koek te bak, maar ek gaan elke keer misluk - tot ek die regte resep in die hande kry. 

Is dit 'n versoeking van Satan of 'n toets van God om te sien of ek beter kan doen en nie weer sonde doen nie...
Ons het reeds gesê dat God nie die ander persoon doelbewus gestuur het om jou huwelik te verwoes nie.  Beslis is dit 'n versoeking wat van satan af kom.  Dit is egter ook 'n geleentheid om jou toewyding aan julle huwelik vir jouself te toets.  God hoef jou nie te toets om te weet wat in jou hart aangaan nie, Hy lees jou soos 'n boek. Hy weet of jy op 'n plek is dat jy die versoeking kan oorwin of nie.  Net die feit dat jy hierdie vraag gevra het, getuig daarvan dat die Heilige Gees jou reeds gestop het om sommer reguit in die verhouding in te stap.  Wat jy wel deur jou vraag van jou hart duidelik maak is dat jy nog nie die voluit besluit het dat jy aan julle huwelik gaan werk, kom wat wil nie.  Jy kyk nog rond.  En dit is die een groot flater in jou resep vir 'n huwelik.  God het die huwelik gemaak as 'n lewenslange 'commitment'   waarin ek besluit om geen ander vrou/man eers as 'n opsie te oorweeg nie.  As jy werklik julle huwelik wil red, moet jy hierdie besluit finaal en klaar neem. 

Raad:
Soms in elkeen van ons se lewe moet ons besef dat ons raad en hulp nodig het.  Iemand wat saam met ons kan gaan kyk waar ons die resep verkeerd het en om ons te help om te volhard om hierdie resp te gebruik en nie weer terug te val in ons ou patrone nie.  Ek sou aanbeveel dat julle 'n christelike berader gaan sien.  Enige-een van ons predikante kan julle daarin help.  Julle sou ook 'n imago-terrapie kursus kan gaan doen. 

 

 

Dr Gert Breed

 

(Gebruik die webblad se vraag-opsie of kontak Gert self by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  vir enige verdere vrae / opmerkings hieroor)