Taal

Teken In

Verjaarsdae

Sondag, 10 Desember

Leana Meyer

Jeanne Sterianos

Hilmer Backer

Dietmar Engler (74)

Maandag, 11 Desember

Ruan Coetzee

Adele Visser

Heinie Groenewald

Chris Joubert

Ilzé Kotzé

Jan De Kloe

Dinsdag, 12 Desember

Leonie Botha

Jannie Van Der Walt

Sonja Balt

Woensdag, 13 Desember

Thato Semenya

Liz Steyn

Wesley Faver

Donderdag, 14 Desember

Cass Hattingh

Lara Van Rooyen

Mariska Van Niekerk

Vrydag, 15 Desember

Luan Kotze

Erich Holz

Johan Knoester

Warrick Beaumont

Chris Venter

Speek Venter

San De Beer (85)

Saterdag, 16 Desember

Chris Du Plooy

Susan Brink

Sondag, 17 Desember

Hettie Vorster-Viljoen

Nelleke Voogt (73)

Dinsdag, 19 Desember

Elani Van Rooyen

André Marais

Philip Van Wyk

Ila Schutte 

Elfrieda Botha (77)

Gert Hatting (82)

Woensdag, 20 Desember

Abraham Theunissen

Krister Janse Van Rensburg

Antoinette Van Wyk

Donderdag, 21 Desember

Gustav Roux

Anke Kotze

Hendri Van Der Loo

Vrydag, 22 Desember

Esti Beaumont

Hennie Serfontein

Douw Venter (85)

Saterdag, 23 Desember

Magna Malan

Jenny Schramm

Lys van Vrae

Wat is julle siening oor klasgroepe in die gemeente?

Vraag: Wat is julle siening oor klasgroepe in 'n gemeente?
Tydens siekte en dood in 'n gesin word daar meer aandag aan die bekendes en aansienlikes in 'n gemeente en hulle familie gegee '“ meer as aan die "randeier" wat nie van dieselfde klas as die leiers in die gemeente is nie.
 

Antwoord:

Ons (ek praat nou namens die dominees want ek neem aan dat hierdie vraag aan ons gerig is) glo met ons hele hart dat enige vorm van 'klasgroepe' binne 'n gemeente sonde is en indruis teen die eenheid wat Jesus Christus kom bewerk het tussen alle mense.   Die teksvers voor op ons gemeente jaarprogram sê dit wat ons glo die beste:  11 Hier (in ons gemeente) is dit nie van belang of iemand Griek of Jood is nie, besny of nie besny nie, andertalig, onbeskaaf, slaaf of vry nie. Hier is Christus alles en in almal (Kol. 3:11).   

Ons kan natuurlik vir mekaar vra of hierdie waarheid so uitgeleef word?  Van vroeg in die kerkgeskiedenis sien ons al dit is nie so maklik nie.  Byna al die gemeentes stry teen rassisme (veral tussen Jood en Griek).  Klassisme word gedurigdeur aangespreek.  Dink maar net hoe dikwels praat Paulus in sy briewe eers met slawe en dan met eienaars, eers met mans, dan met vrouens, eers met ryk mense dan met arm mense.  Is ons in ons gemeente heeltemal daarvan gevrywaar?  Ek twyfel.  Dieselfde opstandigheid leef immers vandag nog in ons harte!  As enige van die leiers of enige ander lidmate in die gemeente dus deur hulle optrede aanleiding gegee het tot die vraag hierbo, kan ons dit toeskryf aan die sondigheid van ons mense se harte.  Dis ons bede dat die Here dit sal vergewe en harte sal nuut maak om teen enige vorm van klassisme te stry! 

As relatief nuwe lidmaat van die gemeente (bietjie minder as twee jaar) moet ek egter sê (en dit is nou my subjektiewe waarneming so ek praat net namens myself) dat ek 'n gees van aanvaarding en liefde beleef in hierdie gemeente wat regtig uniek en besonders is.  Veral vir 'n stadsgemeente.   Die probleme van lidmate, selfs diegene wat nie so betrokke is nie, maar wat kom en hulp vra, of wie se nood bekend raak, word met die grooste liefde hanteer.  As dominee kon ek al telkemale net die diaken bel, of lidmate in die gemeente wat ek gereken het bereid sal wees om te help en nog nooit het ek 'n negatiewe gesinheid teëgekom nie.  Ek was ook betrokke by 'n paar sterftes van mense wat nie in die leierskap was nie en nie baie betrokke was nie en die liefde en omgee was duidelik sigbaar. 

Indien die vraag hierbo voortvloei uit 'n spesifieke insident wil ek tog vra dat die persoon dit in 'n persoonlike gesprek opvolg met enige van die predikante of leiers sodat ons dit saam met mekaar in liefde kan hanteer.  Dis so gevaarlik as 'n mens toelaat dat 'n persepsie vorm op grond van 'n bepaalde insident.  Paulus se raad is baie duidelik:  26 As julle kwaad word, moenie sondig nie, en moenie 'n dag kwaad afsluit nie. 27 Moenie die duiwel vatkans gee nie (Ef. 4).  Paulus se opdrag sal sekerlik geld vir enige emosie wat 'n mens beleef op grond van iets wat jy waarneem en waaroor jy ontsteld, hartseer of teleurgesteld is.  Moenie sondig nie, kom ons praat met mekaar en hanteer dit in liefde saam en maak die saak reg sodat ons nie die Duiwel 'n vatkans gee om 'n wig tussen mekaar in te dryf nie.   As dit 'n algemene opmerking oor die kultuur binne ons gemeente is, moet ek daarvan verskil.  Dit is nie my waarneming nie.  Die teendeel is eerder waar en ek meen dat ek my waarneming sal kan staaf met feite.   Ek is egter meer as bereid (soos enige van die ander dominees) om hieroor met enigeen in gesprek te tree.   

Ds Thomas Dreyer

(Gebruik die webblad se vraag-opsie of kontak Thomas self  Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. vir enige verdere vrae / opmerkings hieroor)