Taal

Teken In

Verjaarsdae

Sondag, 10 Desember

Leana Meyer

Jeanne Sterianos

Hilmer Backer

Dietmar Engler (74)

Maandag, 11 Desember

Ruan Coetzee

Adele Visser

Heinie Groenewald

Chris Joubert

Ilzé Kotzé

Jan De Kloe

Dinsdag, 12 Desember

Leonie Botha

Jannie Van Der Walt

Sonja Balt

Woensdag, 13 Desember

Thato Semenya

Liz Steyn

Wesley Faver

Donderdag, 14 Desember

Cass Hattingh

Lara Van Rooyen

Mariska Van Niekerk

Vrydag, 15 Desember

Luan Kotze

Erich Holz

Johan Knoester

Warrick Beaumont

Chris Venter

Speek Venter

San De Beer (85)

Saterdag, 16 Desember

Chris Du Plooy

Susan Brink

Sondag, 17 Desember

Hettie Vorster-Viljoen

Nelleke Voogt (73)

Dinsdag, 19 Desember

Elani Van Rooyen

André Marais

Philip Van Wyk

Ila Schutte 

Elfrieda Botha (77)

Gert Hatting (82)

Woensdag, 20 Desember

Abraham Theunissen

Krister Janse Van Rensburg

Antoinette Van Wyk

Donderdag, 21 Desember

Gustav Roux

Anke Kotze

Hendri Van Der Loo

Vrydag, 22 Desember

Esti Beaumont

Hennie Serfontein

Douw Venter (85)

Saterdag, 23 Desember

Magna Malan

Jenny Schramm

Lys van Vrae

Hoe leef 'n gelowige ongetroude paartjie hul seksualiteit uit?

Vraag:  Ons is 'n gelowige paartjie wat 'n verhouding het. As ons op 'n naweek saam weggaan, deel ons 'n kamer/bed (o.a finansiele redes.). Ook as ons naweke by mekaar se woonstelle kuier deel ons 'n kamer/ bed. Ons het egter a.g.v. ons geloofsoortuiging besluit om nie seks voor die huwelik te hê nie, tog, uit liefde vir mekaar,vertroetel en streel ons tog mekaar wanneer ons saam in die bed is en bevredig mekaar so maar sal nie tot die seksdaad oorgaan nie. Word selfs dit êrens eksplisiet in die Bybel verbied? Of is dit maar net 'n "vroegtydige" stop wat ons predik vir mense wat dalk nie sterk wilskrag het nie 

Antwoord:

Dit is verblydend dat julle 'n gelowige paartjie is en 'n bepaalde keuse oor die uitlewing van julle seksualiteit (wil) maak.  Daarom, as gelowiges, moet ons luister wat die Here in geheel hieroor sê. 

1.      Die uitlewing van ons seksualiteit is meer as om oor te gaan tot die "seksdaad" (penetrasie).  Jesus beskou egbreuk (seks buite die huwelik)  selfs as net die begeerte daartoe bestaan.  'Julle het gehoor dat daar gesê is: Jy mag nie egbreuk pleeg nie.  Maar Ek sê vir julle: Elkeen wat na ' vrou kyk en haar begeer, het reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg' (Matteus 5:27-28).  

2.      Verder gee die Here baie duidelike bakens (grense) oor seksualiteit in die Bybel.  Hy is immers die Gewer van geslagtelikheid (behoefte aan seksualiteit), maar ook die Ontwerper vir die gelukkige uitleef daarvan.  En daarom weet Hy die beste wat vir ons die beste is! In Genesis 2:24 stel Hy die orde daarvan vas:

  •  "Daarom sal 'n man sy vader en moeder verlaat
  • en saam met sy vrou lewe (sy vrou 'aankleef'  '“ 1933-vertaling)
  •  en hulle sal een vlees wees".  Een vlees dui onder andere op die seksuele eenwording.  

Die orde is dus: "vader en moeder verlaat" (selfstandig en volwasse om vir mekaar te sê: "jy neem nou die primêre plek in my lewe in") en dan "sy vrou aankleef", waarmee 'n eksklusiewe en permanente verhouding tussen die paartjie gesluit word (dit gebeur wanneer trou voor God teenoor mekaar gesweer word by die huweliksbevestiging).  Dan eers volg die "een vlees word" (seksuele bevrediging).  God-gewilde seksuele uitlewing hoort dus binne vastigheid van so 'n permanente huweliksverhouding - as die hoogste uiting van liefde vir mekaar!  Wie die orde omkeer, gryp vooruit na die seksuele bevrediging sonder om ook die verantwoordelikheid vir die permanente verhouding te neem.  (Neem dus net die "lekker" van die huwelik, sonder om ook die "slegte" dinge en swaarkry daarvan te wil dra.)  En dis tog nie die allesopofferende liefde wat die Here van ons vir mekaar vra nie. 

3.      Om so ver soos streling en bevrediging te gaan, sonder die vastigheid en "commitment" van 'n huwelik, is al te ver gegaan!  Dis in wese al 'n "seksdaad".  Behalwe dat Jesus die begeerte daartoe veroordeel (soos hierbo verduidelik), is dit in elk geval net 'n kort treetjie na penetrasie. 

4.      As die Here hierdie orde vir ons seksuele uitlewing vasstel, is dit nie bedoel om ons te inhibeer en ons vreugde weg te neem nie.  Weereens, Hy is die Ontwerper van die lewe (en die huwelik) en weet daarom wat reg is vir werklike geluk.  Volgens onafhanklike navorsing (nie deur kerklike instansie nie) is daar net te veel voorbeelde in die samelewing van stukkende mense wat "te ver" gegaan het en nou met ernstige geestelike en emosionele probleme sit (bv.  skuldige gewete; gevoel van misbruik en minderwaardigheid). 

As ons regtig gelukkig wil wees, moet ons die Here ook ten opsigte van ons seksuele lewens gehoorsaam - sonder om 'teksverse' te soek waarbinne ons 'veilig' wil beweeg.  Ons moet na die totale Bybel kyk vir sy verlossingswil vir ons hele lewe.  'n Laaste opmerking, lees gerus 1 Kor.7:32-36, veral vers. 32: "As iemand meen dat hy teenoor sy verloofde onbehoorlik handel deur nie te trou nie, en sy begeerte te sterk word, laat hom doen wat hy graag wil: laat hulle gerus trou"Ek wil julle uitnooi en mooi vra om die Here hierin te vertrou.  Trou liewer - as julle regtig so lief is vir mekaar!  Of weerhou julle van die seksuele gedrag (1 Kor.6:18).  Finansies (om te trou) mag nie hierin 'n bepalende rol speel nie, maar wel om aan die Here gehoorsaam te wees. Hy dra julle geluk op die hart!   

 

(Gebruik die webblad se vraag-opsie of kontak Charl self by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  vir enige verdere vrae / opmerkings hieroor)

 

 

Ds. Charl van Rooy