Taal

Teken In

Verjaarsdae

Sondag, 18 Februarie

Mari-Louise Steyn

Fernanda Wilken

Corné De Villiers

Maandag, 19 Februarie

Ansi Brassington

Marlet Homan

Jean Le Grand

Odette Van Jaarsveld

Peet Viljoen (77)

Dinsdag, 20 Februarie

Lané Floor

Lizé Van Wyk

Anton Du Plessis

Jaco Rohlandt

Douw Buys

Anjanet Kruger

Woensdag, 21 Februarie

Michelle Van Namen

Jan Plug (72)

Donderdag, 22 Februarie

Marié Teichmann

Schalk Homan

Micha'el Homan

Vrydag, 23 Februarie

Hannes Van Biljon

Vera Carstens

Bennie Venter

Jan-Piet Bosman (81)

Saterdag, 24 Februarie

Andri Theunissen

Annamart Coetsee

Cornelia Van Biljon

 

Lys van Vrae

Gaan diere hemel toe?

Vraag:  Gaan diere hemel toe?

Antwoord: Met die eerste oogopslag het die vraag na 'n maklike enetjie gelyk, maar hoe meer ek hieroor gedink het, hoe moeiliker het dit geword.  Vir eers, omdat ek niks direk hieroor in die Bybel kon vind nie.  Daarom moet ons die antwoord op die vraag gaan soek in die verskil(le) tussen mens en dier - veral soos dit in die skeppingsverhaal na vore kom. 

1.      Die groot verskil tussen mens en dier, vind ons in Gen.1:26-28 (veral vers 27): 'God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep...'  Dit word slegs van die mens gesê - nie van diere nie!  Die begrippe 'verteenwoordiger' en 'beeld' beteken veral dat die Here die mens geskep het om in 'n besondere verhouding met Hom te kan leef.  (Die Bybel noem dit 'n verbond).  Die mens het dus 'n ewigheidsbestemming. Bietjie wyer gestel: God skep die aarde as 'n plek waar Hy in gemeenskap met mense kan leef sodat hulle in sy liefdesgemeenskap kan deel en waar hulle God se teenwoordigheid sigbaar kan maak.  Ons hoor iets hiervan in die 'gesprekke' tussen God en mens in die paradys (Gen.2 en 3).  Nêrens lees ons in die Bybel dat die Here met diere in so 'n verhouding tree en met hulle praat nie.  Die mens is dus meer as diere.  Trouens, hy is die 'kroon' van die skepping met die opdrag om oor die diere te heers (te beskerm en te bewaar).

2.      Tog, lees ons in Romeine 8:19-21, ly die 'skepping' (ook diere) aan die 'verydeling' (nietigheid en verganklikheid en swaarkry) vanweë die sondeval.  En, lees ons in vers 21, 'die skepping (diere) sal self ook bevry word van sy verslawing aan die verganklikheid, om so tot die vryheid te kom van die heerlikheid waaraan die kinders van God deel sal hê'.  Hierdie heerlikheid beteken dat mense in gemeenskap met God op die 'nuwe hemel en nuwe aarde' sal woon (wat sal aanbreek na die wederkoms van Jesus), waaraan niks van die verganklikheid van die aarde kleef nie.  God bly dus getrou aan sy oorspronklike bedoeling met die skepping, nl. om die aarde nuut te maak waar Hy met sy mense ewig sal leef.

3.      Saamgevat

3.1.           Nee, diere gaan nie hemel toe as hulle doodgaan nie.  Hulle het nie 'n ewigheidsbestemming nie, omdat hulle nie as die beeld van God (om in ' ewige verhouding met Hom te leef) geskep is nie.  In elk geval, gaan mense 'hemel toe' (leef in gemeenskap met Hom op die nuwe hemel en aarde), omdat hulle in God glo, wat deur Jesus Christus ons sonde-stukkende verhouding met Hom weer heelgemaak het.  En diere kan tog nie so glo nie.  As diere doodgaan, is dit bloot 'n ophou om te bestaan en 'n bevryding van die stukkende aarde met sy honger en seerkry en hartseer.  Hulle beleef niks meer daarvan nie.

3.2.           Of daar diere op die 'nuwe hemel en nuwe aarde' gaan wees, kan ons maar net oor spekuleer.  In die lig van Romeine 8:21 lyk dit tog na 'n moontlikheid.

Ds. Charl van Rooy

 

(Gebruik die webblad se vraag-opsie of kontak Charl self by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  vir enige verdere vrae / opmerkings hieroor)