Taal

Teken In

Verjaarsdae

Sondag, 10 Desember

Leana Meyer

Jeanne Sterianos

Hilmer Backer

Dietmar Engler (74)

Maandag, 11 Desember

Ruan Coetzee

Adele Visser

Heinie Groenewald

Chris Joubert

Ilzé Kotzé

Jan De Kloe

Dinsdag, 12 Desember

Leonie Botha

Jannie Van Der Walt

Sonja Balt

Woensdag, 13 Desember

Thato Semenya

Liz Steyn

Wesley Faver

Donderdag, 14 Desember

Cass Hattingh

Lara Van Rooyen

Mariska Van Niekerk

Vrydag, 15 Desember

Luan Kotze

Erich Holz

Johan Knoester

Warrick Beaumont

Chris Venter

Speek Venter

San De Beer (85)

Saterdag, 16 Desember

Chris Du Plooy

Susan Brink

Sondag, 17 Desember

Hettie Vorster-Viljoen

Nelleke Voogt (73)

Dinsdag, 19 Desember

Elani Van Rooyen

André Marais

Philip Van Wyk

Ila Schutte 

Elfrieda Botha (77)

Gert Hatting (82)

Woensdag, 20 Desember

Abraham Theunissen

Krister Janse Van Rensburg

Antoinette Van Wyk

Donderdag, 21 Desember

Gustav Roux

Anke Kotze

Hendri Van Der Loo

Vrydag, 22 Desember

Esti Beaumont

Hennie Serfontein

Douw Venter (85)

Saterdag, 23 Desember

Magna Malan

Jenny Schramm

Lys van Vrae

Is die voorstelling van God in "The Shack" godslasterlik?

Vraag: 'n Boek met die naam "The Shack" het onlangs uitgekom. Dit gaan blykbaar oor iemand wat God ontmoet in 'n 'shack'. God word voorgestel as 'n Afrika Moeder. Is dit Godslasterlik om God so voor te stel?

Antwoord: Verskoon weereens my tydsaamheid met die antwoord van hierdie vraag.  Ek het die boek 'n tydjie terug gelees en moes eers net weer diep gaan krap in my geheue.  Die vraag het my verder gedwing om 'n bietjie by ander plekke te gaan aanklop om deeglik te antwoord.  Dis nie so eenvoudig om net ja, of nee te antwoord op die vraag hierbo nie.  Vir die van julle wat nog nie die boek gelees het nie of wat dit dalk 'n bietjie lank terug gelees het 'n vinnige oorsig om julle op datum te bring. 
 
Agtergrond en oorsig 
Dis belangrik om in gedagte te hou dat die skrywer dit duidelik aanbied as fiksie.   Dit is 'n allegorie vir die skrywer se persoonlike pad wat hy met God gestap het.   Dit loop min of meer soos volg:
 It is a tale that revolves around Mack (Mackenzie) Philips (wat in 'n streng godsdienstige, maar 'abusive' huis grootgeword het). Four years before the story begins, Mack's young daughter, Missy, was abducted during a family vacation. Though her body was never found, the police did find evidence in an abandoned shack to prove that she had been brutally murdered by a notorious serial killer who preyed on young girls. As the story begins, Mack, who has been living in the shadow of his Great Sadness, receives a note from God (known in this story as Papa). Papa invites Mack to return to this shack for a time together. Though uncertain of what to expect, Mack visits the scene of the crime and there experiences a weekend-long encounter with God, or, more properly, with the Godhead. Each of the members of the Trinity is present and each appears in bodily form. Papa, whose actual name is Elousia (which is Greek for tenderness) appears in the form of a large, matronly African-American woman (though near the book's end, because Mack requires a father figure, she turns into a pony-tailed, grey-haired man). Jesus is a young to middle-aged man of Middle-Eastern descent while the Holy Spirit is played by Sarayu (Sanskrit for air or wind), a small, delicate and eclectic woman of Asian descent. Mack also meets for a time with Sophia, who, like Lady Wisdom in Proverbs, is the personification of God's wisdom.  The reader learns that Mack has been given this opportunity to meet with God so he could learn to deal with his Great Sadness--the overwhelming pain and anger resulting from the death of his daughter. There is very little action in The Shack and the bulk of the book is dialog. The majority of the dialog occurs as the members of the Trinity communicate with Mack, though occasionally the author offers glimpses into their unique relationships with one another. As the weekend progresses Mack participates in lengthy and impactful discussions with each member of the Trinity. He finds his understanding of God and his relationship with God radically and irrevocably altered. His faith is dismantled piece by piece and then put back together. As we might expect, he leaves the cabin a changed man (www.challies.com). 
 
Godslasterlik? 
 
Die bedoeling met die boek was veel eerder pastoraal van aard en daarom is dit moeilik om die skrywer te beskuldig van Godslastering al is dit inderdaad so dat God-drie-enig op 'n ongewone wyse voorgestel word.  Alhoewel God Hom in sy Woord primêr as Vader openbaar (wat die skrywer ook gelyk gee), sien ons dat Hy ook ander beelde gebruik om iets van Homself vir ons te verduidelik (vgl. Deut 32:11; Mat 23:37; Ps 131; Jes 66:13).  Ons weet tog ook dat God totaal anders is as ons en dus nie manlik of vroulik nie, maar beide manlik en vroulik het sy ontstaan vanuit die wese van God (Gen 1:27).  Natuurlik gee dit nie vir ons die vrypas om oor God te dink as Ons Moeder nie.  Dit was egter ook nie die skrywer se bedoeling nie.  Hy kies, gegewe die hoofkarater se verwysingsraamwerk van mishandeling deur 'n vader figuur, om die moederlike eienskappe van God die Vader (wat regdeur die boek Papa genoem word), sterker op die voorgrond te plaas deur Hom uit te beeld as 'n vrou.   As ons ingedagte hou dat die bedoeling van die skrywer nie 'n sistematiese teologie was nie, kan dit ons keer van ongegronde kritiek.  (Gaan kyk gerus na die volgende onderhoude met die skrywer by
 
Meer oor die boek . . .  
Die boek is so gewild dat ek tog meer wil sê as om net die vraag hierbo te antwoord.  Vir 'n baie deeglike en goeie resensie verwys ek julle graag eerstens na 'n praatjie by Christ-Church Midrand oor die boek, (http://www.christchurchmidrand.co.za/resources.html).  Die bespreking is baie gebalanseerd en neem die boek binne sy konteks sonder om die ernstige vrae wat oor die inhoud gevra kan word, te vermy.  Een van die beste geskrewe resensies kan verder afgelaai word by
 Vir die van julle wat nie tyd het om die bogenoemde bronne te raadpleeg nie, 'n vinnige samevatting van die kernpunte van kritiek: 
 
Dit het my opgewonde gemaak 
Ek moet erken dat ek persoonlik die boek nie kon neersit nie.   Alhoewel my 'gereformeerde nekhare' op 'n paar plekke regop gestaan het, is ek baie in my denke uitgedaag ten opsigte van die volgende sake:
·  Die geweldige seer waarmee mense leef as gevolg van die stukkende en gebroke wêreld rondom ons.
·  Die feit dat God nie eenkant staan nie, maar by ons is in ons grootste nood. 
·  Die almag van God waarmee Hy selfs ons seerste seer bestuur tot ons beswil.
·  Die feit dat die kerk as 'n geloofsgemeenskap soms, of moet ek dalk sê, dikwels, seerkry mense los om op
hulle eie daardeur te worstel.  
·  Hoe maklik die kerk kan verval in dooie godsdienstigheid eerder as om as egter geloofsgemeenskap in 'n lewende verhouding met God en met  mekaar te leef.
·   Die onvermoë van die wet (godsdiens), om iets aan die gebroke verhouding tussen ons en God en mense onderling te doen vanweë ons opstandige harte.
·  Hoe nodig ons God se genadige ingrype in ons lewe het. 
·  God se onbeskryflike, onverstaanbare liefde vir stukkende, opstandige, seerkry, sondaar mense.
·  Die dinamika van die Drie-eenheid, die liefdevolle verhouding waarbinne God met Homself leef en die feit dat God wil hê dat ek in hierdie verhouding moet deel.
 · Die feit dat Christenwees primêr oor herstelde verhoudings gaan en nie oor geboue en mensgemaakte rituele nie.    
Ns.  Ek wil dit net graag duidelik maak dat hierdie my persoonlike opinie is oor die boek.  Alhoewel ek dit vooraf met my kollegas bespreek het is nie die amptelike standpunt van die GKR nie. 
 
Dit maak my bekommerd 
Met dit alles gesê is dit egter nodig dat ek eerlik en reguit praat oor kernsake binne die boek waarmee ek my nie kan vereenselwig nie:  
 
Die boek laat ons met baie onsekerheid rakende die outeur se Skrifbeskouing en dit wat wel gesê word neig meer na 'n kritiese beskouing van die Bybel as Woord van God.   Dit skep die indruk dat ons moet soek na kommunikasie deur die Heilige Gees in ons gedagtes, los van die Woord.   Daar word dus 'n onderskeid getref tussen die Persoon van die Heilige Gees en die Woord van die Heilige Gees.  Ons glo immers dat God deur sy Woord met ons praat en dat die Gees nie buite sy Woord om werk om God aan ons te openbaar of om te lei om te leef volgens God se wil nie.   
 
Godsdienstige boeke doen goed as dit die Kerk kritiseer.  The Shack is hierin nie 'n uitsondering nie.  Die outeur se negatiewe beeld van die kerk as instelling word reg deur die boek sigbaar.   Alhoewel baie van die kritiek geldig is, los die boek jou met die idee dat ons geen orde en struktuur in die kerk moet soek nie.  Dis nie in lyn met wat God van die kerk openbaar in die Woord nie.  Inderdaad is die fokus op gemeenskap en verhoudings, maar daar is ook dienste wat die Here gee om 'n bepaalde orde en vrede te handhaaf soos Hy dit wil.  Hy gee ouderlinge om dienend te regeer en voor te loop in die toepassing van liefdevolle vermaning en tug (Hand 20:17; 28-30; 1 Tim 5:17-20).  Hy gee diakens wat dienend voorloop en leiding moet neem en wat vir hulle leierskap gerespekteer moet word (1 Tim 3:13).   Hy roep die gelowige op hulle aan leierskap onderdanig te wees en hulle te laat lei en te laat vermaan (1 Tim 4:12).    'n Skeef trek en misbruik van hierdie orde wat deur die Here ingestel is, gebeur verseker en dit moet uitgewys en veroordeel en reggestel word.  Dit gee ons egter nie 'n vrypas om ons eie koppe te volg nie.       
 
Dit is reeds genoem dat die boek 'n mooi en regte klem plaas op die nabyheid van God en sy identifisering met die mens se nood.  Dit gebeur egter (anders as in die Bybel) ten koste van die grootheid, heiligheid en totaal andersheid van God soos ons Hom in sy Woord leer ken.   As mense (in die Ou en Nuwe Testament) vir God sien, val hulle voor Hom neer.    In ons grooste nood het ons nie net 'n God nodig het wat ons vriend is en begrip het nie, maar 'n God wat almagtig is en wat buite ons wil om kan ingryp en juis op ons wil inbreuk kan maak.   Dink maar hoe Jesus Homself openbaar in Openbaring 1 aan gelowiges wat swaarkry en onder geweldige druk leef.  Die beskrywing bring ons diep onder die indruk van Jesus se Majesteit en krag en mag, soveel so dat Johannes skryf in Openbaring 1:17:   ' Toe ek Hom sien, het ek by sy voete neergeval en bly lê soos een wat dood is.'  Ons sien bitter min hiervan in die boek en so word 'n belangrike deel van hoe God geken wil word, weggelaat.  
 
Dit wil verder voorkom of die boek die Bybelse openbaring van 'n God wat gaan oordeel, wat sonde haat en regverdig gaan straf, nie erken nie.  Die God van die Bybel wat 'n verterende vuur is sien ons nie in The Shack nie.  'n Vaagheid oor die onderwerp lei ook daartoe dat iemand wat die boek lees kan dink dat God uiteindelik almal gaan verlos omdat Hy so liefdevol is.  Dit is 'n gedagte wat die Bybel nie ken nie. 
 
Ten slotte   
Ek het reeds genoem dat ek nie die boek kon neersit nie.  Ek dink dit is absoluut geskryf vir 'n Post-Modernistiese gehoor en meeste van ons behoort by baie van die dinge wat hy skryf aanklank te vind.  Vir iemand wat die Here ken, wat sekerheid het en onderlê is in die kern leerstellings van die Bybel, kan die boek baie verrykend wees, veral rondom die dikwels abstrakte leerstelling van die Drie-Eenheid.  Dit kan jou ook beslis uitdaag daar waar jy verval het in 'n koue verhouding met die Here en waar kerk net vir jou iets geword het waarheen jy gaan eerder as 'n lewende gemeenskap tussen God en sy kinders. 
Ek dink ook dat dit vir mense wat deur baie seer gegaan het tot troos kan wees.   Die boek bevestig deurgaans dat God goed is.  Dat Hy ons in ons seerkry nie alleen los nie en dat Hy selfs ons seerste seer kan gebruik en bestuur tot ons beswil. 
Die boek skep verder 'n kragtige geleentheid vir getuienis en ons moet dit nie miskyk nie.  Duisende mense het die boek gelees en die kans dat iemand by jou werk, of by 'n braaivleis daaroor gaan praat, is groot.  Hierdie geleenthede moet ons aangryp om oor God te praat soos Hy Homself in sy Woord aan ons openbaar. 
 
Met dit gesê glo ek ook dat die boek in die lig van ernstige verskille met die Bybel, met groot versigtigheid gelees en aanbeveel moet word.  Waar gelowiges dit lees moet hulle bid vir onderskeiding.  Waar jy reken dat 'n ongelowige vriend of vriendin daarby kan baat sou ek dink dat julle dit saam met mekaar moet lees en dat jy jouself vergewis van die dele wat ons nie mee rustig is nie sodat jy dit kan verduidelik.  

Ds. Thomas Dreyer

The Shack - Impressions

 

 

 

 
 

 

27 Jan 2010, by Tim Keller
Over the holidays I read a good (and devastating) review of William P. (Paul) Young's The Shack in the most recent print edition of Books and Culture: A Christian Review (Jan/Feb 2010.)  It was a reminder that I was one of the last people on the planet not to have read the book. So I did. So why write a blog post about it? It had sold 7.2 million copies in a little over 2 years, by June of 2009. With those kinds of numbers, the book will certainly exert some influence over the popular religious imagination. So it warrants a response. This is not a review, but just some impressions:
At the heart of the book is a noble effort -- to help modern people understand why God allows suffering, using a narrative form. The argument Young makes at various parts of the book is this. First, this world's evil and suffering is the result of our abuse of free will. Second, God has not prevented evil in order to accomplish some glorious, greater good that humans cannot now understand. Third, when we stay bitter at God for a particular tragedy we put ourselves in the seat of the 'Judge of the world and God', and we are unqualified for such a job. Fourth, we must get an 'eternal perspective' and see all God's people in joy in his presence forever. (The father in the story is given a vision of his deceased daughter living in the joy of Christ's presence, and it heals his grief.) This is all rather standard, orthodox, pastoral theology (though it's a bit too heavy on the 'free-will defense').  It is so accessible to readers because of its narrative form. I have heard many reports of semi-believers and non-believers claiming that this book gave them an answer to their biggest objections to faith in God.
However, sprinkled throughout the book, Young's story undermines a number of traditional Christian doctrines. Many have gotten involved in debates about Young's theological beliefs, and I have my own strong concerns. But here is my main problem with the book. Anyone who is strongly influenced by the imaginative world of The Shack will be totally unprepared for the far more multi-dimensional and complex God that you actually meet when you read the Bible. In the prophets the reader will find a God who is constantly condemning and vowing judgment on his enemies, while the Persons of the Triune-God of The Shack repeatedly deny that sin is any offense to them. The reader of Psalm 119 is filled with delight at God's statutes, decrees, and laws, yet the God of The Shack insists that he doesn't give us any rules or even have any expectations of human beings. All he wants is relationship. The reader of the lives of Abraham, Jacob, Moses, and Isaiah will learn that the holiness of God makes his immediate presence dangerous or fatal to us. Someone may counter (as Young seems to do, on p.192) that because of Jesus, God is now only a God of love, making all talk of holiness, wrath, and law obsolete. But when John, one of Jesus' closest friends, long after the crucifixion sees the risen Christ in person on the isle of Patmos, John 'fell at his feet as dead.' (Rev.1:17.) The Shack effectively deconstructs the holiness and transcendence of God. It is simply not there. In its place is unconditional love, period. The God of The Shack has none of the balance and complexity of the Biblical God. Half a God is not God at all.
There is another modern text that sought to convey the character of God through story. It also tried to 'embody' the Biblical doctrine of God in an imaginative way that conveyed the heart of the Biblical message. That story contained a Christ-figure named Aslan. Unlike the author of The Shack, however, C.S. Lewis was always at pains to maintain the Biblical tension between the divine love and his overwhelming holiness and splendor. In the introduction to his book The Problem of Pain, Lewis cited the example from the children's text The Wind in the Willows where two characters, Rat and Mole approach divinity.
"Afraid?" murmured the Rat, his eyes shining with unutterable love. "Afraid? of Him? O, never, never. And yet -- and yet -- O Mole, I am afraid."
Lewis sought to get this across at many places through his Narnia tales. One of the most memorable is the description of Aslan.
"Safe?...Who said anything about safe? 'Course he isn't safe. But he's good. He's the King, I tell you."
That's better.