Taal

Teken In

Verjaarsdae

Sondag, 10 Desember

Leana Meyer

Jeanne Sterianos

Hilmer Backer

Dietmar Engler (74)

Maandag, 11 Desember

Ruan Coetzee

Adele Visser

Heinie Groenewald

Chris Joubert

Ilzé Kotzé

Jan De Kloe

Dinsdag, 12 Desember

Leonie Botha

Jannie Van Der Walt

Sonja Balt

Woensdag, 13 Desember

Thato Semenya

Liz Steyn

Wesley Faver

Donderdag, 14 Desember

Cass Hattingh

Lara Van Rooyen

Mariska Van Niekerk

Vrydag, 15 Desember

Luan Kotze

Erich Holz

Johan Knoester

Warrick Beaumont

Chris Venter

Speek Venter

San De Beer (85)

Saterdag, 16 Desember

Chris Du Plooy

Susan Brink

Sondag, 17 Desember

Hettie Vorster-Viljoen

Nelleke Voogt (73)

Dinsdag, 19 Desember

Elani Van Rooyen

André Marais

Philip Van Wyk

Ila Schutte 

Elfrieda Botha (77)

Gert Hatting (82)

Woensdag, 20 Desember

Abraham Theunissen

Krister Janse Van Rensburg

Antoinette Van Wyk

Donderdag, 21 Desember

Gustav Roux

Anke Kotze

Hendri Van Der Loo

Vrydag, 22 Desember

Esti Beaumont

Hennie Serfontein

Douw Venter (85)

Saterdag, 23 Desember

Magna Malan

Jenny Schramm

Lys van Vrae

Hoe word die Nuwe Lewende Vertaling gesien in die GKSA?

 

Vraag: Hoe word die Nuwe Lewende Vertaling gesien in die groter GKSA en aparte gemeentes?
Antwoord:
Bybelvertaling is ‘n moeilike wetenskaplike proses wat groot verantwoordelikhede en baie jare van studie van die vertalers vereis.
Om iets hiervan (en daarom ook van die ontstaan van die Nuwe Lewende Vertaling) te verstaan, verduidelik ek graag:
Daar is hoofsaaklik twee benaderings in Bybelvertaling (met variasie tussenin):
1.      Die “formeel-ekwivalente” vertaling is ‘n meer letterlike vertaling van die grondteks (Hebreeus en Aramees - Ou Testament en Grieks – Nuwe Testament). Die 1933/53 vertaling is hiervan ‘n voorbeeld. Volgens hierdie metode probeer die vertaler om elke woord van die grondteks oor te sit in ‘n ontvangertaal (bv. Afrikaans) en om die oorspronklike grammatika- en taalstruktuur so ver moontlik te behou.
2.      Die “dinamies-ekwivalente” vertaling werk ook streng vanuit die grondteks, maar fokus meer op die boodskap wat die eerste lesers in die oorspronklike taal sou hoor (verstaan) en probeer dan, om dit binne die taal en styl van die ontvangertaal weer te gee, sodat dit dieselfde begrip sou oordra as vir die eerste lesers. Die 1983-vertaling is hiervan ‘n voorbeeld.
Die Nuwe Lewende Vertaling bevind homself meer binne die dinamies-ekwivalente vertalingveld.  Ek haal aan uit die inleiding van die NLV:
“Die vertalers van die Nuwe Lewende Vertaling het die doel nagestreef om enersyds werklik getrou te bly aan die Skrifteks, maar andersyds om die boodskap van die grondteks op so ‘n lesersvriendelike manier in keurige, eietydse Afrikaans te formuleer dat dit direk met vandag se lesers sal praat. Die Hebreeuse, Aramese en Griekse grondtekste word so akkuraat moontlik weergegee. Skrifgetrouheid en lesersvriendelikheid was dus die dubbele rigsnoer. Alhoewel hierdie vertaling in die praktyk dinamies is, word nie een van bogenoemde benaderings eksklusief nagevolg nie. Met Bybelgetrouheid en lesersvriendelikheid as maatstaf is daar soepel te werk gegaan en het die vertalers hulle deur die besondere aard van die spesifieke teks laat lei”.
In teorie klink dit dus na ‘n eerlike poging om die Bybel suiwer te vertaal sodat ons vandag (in Afrikaans) werklik die Here se Woord kan hoor en verstaan.
Watter vertaal-metode ook al gevolg word, bly interpretasie van die oorspronklike tale se stylvorm, idiome ens., sowel as die antieke wêreld se sosiale konteks waarbinne die Bybel geskryf is, wesentlik deel van die vertaalproses. In die dinamies-ekwivalente metode is dit meer die geval as met die formeel-ekwivalente (letterlike) vertalingsmetode.  Omdat woorde/begrippe in die oorspronklike taal dikwels  meer as een betekenisveld het, is dit nodig dat die vertaler ‘n bepaalde keuse moet maak. Daarom is ‘n deeglike kennis nodig, nie net van die oorspronklike tale en konteks van die eerste lesers nie, maar ook van die breë openbaringshistoriese lyne van die Skrif – in ons geval, soos die Gereformeerde teologie dit verstaan (bv. hoe God se verlossingsplan met mense deur die OT loop en in Christus sy vervulling vind). Die verskillende verstaan van die Bybel en (op grond hiervan) die ontstaan van verskillende kerke is ‘n illustrasie daarvan.
Nog ‘n aspek wat in ag geneem moet word by die gebruik van vertalings, is die samestellers en uitgewers daarvan. Wat die Nuwe Lewende Vertaling betref, is dit nie ‘n “amptelike vertaling” nie. Ek bedoel daarmee dat dit nie vertaal en uitgegee is deur die Bybelgenootskap van Suid Afrika nie. Die Bybelgenootskap het ‘n formele verbintenis met bykans al die kerke (kerke het verteenwoordiging daar) en kom saam ooreen watter grondteks gebruik gaan word (daar is baie, bv. die UBS 3- teks, Nestle Aland 26 – teks, die Meerderheidsteks) en watter vertaalmetode gevolg gaan word.   Dit beteken dat die vertalings (bv. 1933; 1983; Good News Bible ens.) wat deur die Bybelgenootskap uitgegee word, in samewerking met die kerke, en deur kundiges uit die kerke gedoen word – en daarom ook onder kontrole van die kerke gebeur, ter wille van die teologiese suiwerheid van die vertaling. Hierteenoor is die Nuwe Lewende Vertaling onafhanklik van kerke gedoen. In die voorwoord van die vertaling word uitdruklik gesê dat “hierdie Bybelvertaling die teologiese en vertalingsbenadering van die Holy Bible, New Living Translation deur Tyndale Charitable Trust” gedoen is en in Suid Afrika deur Christelike Uitgewersmaatskappy uitgegee is. Dit maak natuurlik dat daar nie formele kerklike samewerking met die vertaling is nie (hoewel goeie gereformeerde teoloë medewerkers was by die Nuwe Lewende Vertaling).
Die Gereformeerde Kerke het nog altyd vertalings getoets by Sinodes vir amptelike gebruik in die erediens – juis omdat die vertalingsproses so ‘n verantwoordelike proses is (soos hierbo verduidelik). Nie dat Sinodes hoër gesag het en dit eers moet “goedkeur” of lidmate dit mag lees nie, maar om (deur meer kundiges teenwoordig by die Sinode) seker te maak dat dit ‘n Skrifgetroue vertaling is. Die Nuwe Lewende Vertaling het nie so ‘n kontrolerings-proses deurloop nie en word gevolglik nie as ‘n “amptelike vertaling” in die GKSA beskou en vir eredienste aanbeveel nie.
Dit beteken egter nie dat ons dit nie mag lees nie. In elk geval kan geen enkele vertaling die ryke betekenis van die oorspronklike teks volledig weergee nie. Gebruik daarom die Nuwe Lewende Vertaling, saam met ander vertalings (1933/53; 1983; Engelse vertalings), wanneer jy Bybelstudie doen. Dit kan net jou verstaan van die ryke Woord van God verdiep!
Charl van Rooy