Taal

Teken In

Verjaarsdae

Sondag, 10 Desember

Leana Meyer

Jeanne Sterianos

Hilmer Backer

Dietmar Engler (74)

Maandag, 11 Desember

Ruan Coetzee

Adele Visser

Heinie Groenewald

Chris Joubert

Ilzé Kotzé

Jan De Kloe

Dinsdag, 12 Desember

Leonie Botha

Jannie Van Der Walt

Sonja Balt

Woensdag, 13 Desember

Thato Semenya

Liz Steyn

Wesley Faver

Donderdag, 14 Desember

Cass Hattingh

Lara Van Rooyen

Mariska Van Niekerk

Vrydag, 15 Desember

Luan Kotze

Erich Holz

Johan Knoester

Warrick Beaumont

Chris Venter

Speek Venter

San De Beer (85)

Saterdag, 16 Desember

Chris Du Plooy

Susan Brink

Sondag, 17 Desember

Hettie Vorster-Viljoen

Nelleke Voogt (73)

Dinsdag, 19 Desember

Elani Van Rooyen

André Marais

Philip Van Wyk

Ila Schutte 

Elfrieda Botha (77)

Gert Hatting (82)

Woensdag, 20 Desember

Abraham Theunissen

Krister Janse Van Rensburg

Antoinette Van Wyk

Donderdag, 21 Desember

Gustav Roux

Anke Kotze

Hendri Van Der Loo

Vrydag, 22 Desember

Esti Beaumont

Hennie Serfontein

Douw Venter (85)

Saterdag, 23 Desember

Magna Malan

Jenny Schramm

Lys van Vrae

Wat is ons standpunt oor boeke oor "unbroken curses"

Vraag : Ek het met mense gesels wat Rebecca Brown se boek "unbroken curses" gelees het, en dit sterk aanbeveel het. Tog as jy die outeur "google" kom daar baie snaakse goed oor haar verlede en agtergrond uit. Ek wil weet of dit goed sal wees om hierdie boek te lees, of moet 'n mens eerder weg bly? Kan die artikels op die internet maar net die duiwel se manier wees om mense te keer om haar boeke te lees?

 
Antwoord:
Ek wil graag die vraag in twee dele deel as ek mag en opsommend antwoord:
 
·        Hoe gemaak met boeke uit ’n ander, vreemde teologiese tradisie?
Doen goeie navorsing voor jy lees
Ken jouself! As jy bang is dat dit jou onnodig gaan ontstel, moenie lees nie! Toets alles biddend aan die Woord en skrifgedeeltes in konteks.
Moenie alleen lees nie! Lees dit saam met medegelowiges wat jy vertrou. 
 
·        Wat is ons standpunt oor die idee van bindinge en vloeke in geslagslyne?
As ek in Jesus glo is alle vloeke en bindinge eens en vir altyd gebreek.
Ek hoef dus nie deur ’n formule gebed ’n spesifieke binding te breek nie. 
Ek kan egter die krag van dit wat Jesus finaal kom doen het meer en meer             toeëien en beleef deur biddend met Jesus te praat oor spesifieke         sonde in my en my voorgeslagte se lewe.
Dit is goed om dit saam met medegelowiges te doen wat jou hierin kan     bystaan en begelei. 
 
Uitgebreide antwoord:
 
Hoe gemaak met boeke uit ’n ander, vreemde teologiese tradisie?
 
Die eerste deel van jou vraag kan ons ’n bietjie veralgemeen en vra, mag ek boeke lees van mense uit ander teologiese tradisies as my eie gereformeerde tradisie? Op hierdie vraag wil ek antwoord, ja. Dit is soms vir ’n mens baie goed om op hierdie manier in jou denke uitgedaag te word.  
 
Daar waar jy met die ander sienings verskil, laat dit jou ernstig dink en worstel met die dinge wat jy vanselfsprekend aanvaar en as jy deur die stoeigeveg is, glo jy baie keer die gereformeerde waarhede wat jy reeds geglo het met ’n dieper oortuiging. Jy sien die alternatief en jy kies (dikwels vir die eerste keer) om persoonlik te glo wat jy nog altyd geglo het omdat almal dit maar geglo het.  
 
’n Ander siening kan ook met joune ooreenstem en dit tog verruim omdat daar vanuit ’n ander hoek na dieselfde waarheid gekyk word. So kry bekende waarhede, nuwe toegang tot jou hart.  
 
Om sulke boeke so te beleef is dit egter nodig om ’n paar veiligheidsreëls in te bou. Anders kan dit baie gevaarlik wees! 
 
·        Doen goeie navorsing voor jy dit lees. Die internet maak dit deesdae so maklik om inligting te verkry oor boeke en outeurs. Gaan kyk na resensies oor die boek en agtergrond oor die outeur. Ja, ’n mens moet ook nie ’n resensie sommer net vertrou nie! As jy egter ’n paar kry wat dieselfde ding sê moet jy dit in ag neem as jy die boek lees. Dit beteken nie dat jy dit dan glad nie moet lees as die resensies negatief is nie, maar jy gaan dan ten minste oop oë in dit in en jy weet waarvoor om te kyk. Hier is ’n webtuiste wat ek self gebruik: http://www.challies.com/ en hier’s nog ene wat ek kan aanbeveel: http://www.fundamentallyreformed.com/
·        Ken jouself.   Jy weet of jy iemand is wat maklik twyfel en onseker raak. Indien dit die geval is, en jou navorsing wys duidelike gevaarlike dele uit, sou ek aanbeveel dat jy eerder nie die boek lees nie. 
·        Toets alles wat jy lees biddend aan God se Woord. Ek weet hierdie riglyn kan baie relatief wees, omdat die persoon wat skryf waarskynlik die Bybel gebruik in sy skrywe. Moet egter nie jou eie ongemak terwyl jy iets lees wat vir jou vreemd klink net ignoreer nie. As iemand teksverse aanhaal en dit voel vir jou vreemd, gaan lees daardie verse binne hulle konteks. Vergelyk Skrifgedeeltes met ander Skrifgedeeltes.   Toets alles aan die basiese boodskap van die evangelie, naamlik dat ons gered, vrygespreek, verlos word, uit genade, deur geloof, op grond van dit wat Jesus gedoen het. Doen dit biddend. Vra die Heilige Gees se leiding. 
·        Moenie alleen lees nie. God praat deur sy Woord en Heilige Gees, maar Hy doen dit nie in isolasie nie. Hy doen dit in gemeenskap met ander gelowiges wat jy ken en vertrou.   My ongemak met ’n bepaalde gedeelte kan gewoon my tradisionele gedagtes wees en dan moet ek deur mede gelowiges uitgedaag word en hulle moet vir my uit die Skrif kom oortuig dat ek verkeerd dink. Hulle kan ook egter vir my bevestig dat my gevoel wel van die Gees af is en in lyn met dit wat God se Woord regtig sê. Verkieslik moet een of meer van my mede lesers iemand wees met goeie Bybel kennis en teologiese opleiding. Gebruik dus jou Dominee, of ouderling en vra hulle om die boek saam met jou te lees. 
 
Wat van bindinge en vloeke in geslagslyne?
 
Die tweede deel van jou vraag handel dan oor ’n spesifieke boek en onderwerp. Ek moet vooraf net sê dat ek nie persoonlik die boek waarna jy verwys gelees het nie en my dus nie spesifiek daaroor kan uitspreek nie. Ek het al van Rebecca Brown gehoor (meestal negatiewe goed) en ek het ook vinnig gaan google en dieselfde dinge raak gelees waarna jy hierbo verwys wat ’n mens baie ongemaklik maak. Ek glo nie ons kan dit gewoon afmaak as die Duiwel se manier om mense te keer om haar boeke te lees nie. Daar’s na my mening net gewoon te veel verwysing uit verskillende oorde wat vrae vra oor haar teologie en haar morele lewe. Dit maak my skepties en as ek besluit om wel die boek te lees, sal ek dit moet lees met dit in gedagte. 
 
Wat die onderwerp aangaan is ek ook vanuit my oortuiging van dit wat die Bybel leer skepties. Ek kon nog nie in die Bybel raak lees dat die Here ons roep om vloeke of bindinge  wat op ons rus vanweë die sonde van ons voorouers, te breek, deur ’n bepaalde formule- gebed nie.   Dis wat baie van hierdie skrywers in hulle boeke voorhou. Daar’s bepaalde dinge wat gebeur het en waarby mense uit jou voorgeslagte betrokke was. Dinge soos, satanisme, vrymesselary, heksery, verslawings ens.   Jy moet dit dan gaan identifiseer en die vloek of binding wat as gevolg daarvan op jou rus, breek.  
 
Sommige skrywers vat dit selfs so vêr soos om kroniese familie siektes te identifiseer. Dinge soos kanker en suikersiekte word ook gesien as gevolge van ’n bepaalde vloek wat jy moet breek deur ’n formule-gebed te bid soos: Ek breek die vloek van kanker wat nou al vir geslagte op my en my familie rus in Jesus se naam. 
 
Soms gaan dit nog verder en word daar van jou verwag om jouself en jou huis en jou besittings te salf en met water te was, alles om die betrokke vloek of binding te breek. Ek lees niks hiervan in die Bybel nie.  
 
’n Teks wat dikwels gebruik word om hierdie siening te staaf is Eksodus 20:5, waar God sê: Ek reken kinders die sondes van hulle vaders toe, selfs tot in die derde en vierde geslag van dié wat My haat, maar Ek betoon my liefde tot aan die duisendste geslag van dié wat My liefhet en my gebooie gehoorsaam.
 
Op grond van hierdie verse en ook ander skrifgedeeltes (vgl. Rom 5:12; Ef. 2:1, Ps 51:7) het ons binne die gereformeerde teologie inderdaad die begrippe erfskuld en erfsmet wat daarop wys dat ek nie geheel en al los staan van my voorouers se sonde nie. Ek erf inderdaad skuld (erfskuld) sowel as die geneigdheid om te sondig (erfsmet). Nêrens is daar egter sprake van ’n vloek of ’n binding wat op jou sou rus nie. 
 
Reg deur die Bybel is die oproep verder om jou minder te bekommer oor jou ouers se sonde en eerder verantwoordelikheid te neem vir jou persoonlike skuld voor die Here wat die gevolg is van jou eie opstandigheid en ongehoorsaamheid.
 
’n Gedeelte wat baie duidelik is hieroor is Esegiël 18  
 
            1Die woord van die Here het tot my gekom: 2“Waarom gebruik julle in die land Israel        hierdie spreekwoord: ‘Die vaders eet groen druiwe, en dan word die kinders se tande       stomp’? 3“So seker as Ek leef,” sê die Here my God, “julle sal nie meer dié       spreekwoord in Israel gebruik nie. 4Al die mense behoort aan My, vaders en kinders        is Myne. Dit is die mens wat sondig wat sal sterf. 5Wie wil leef volgens my wil, sal reg    laat geskied en reg doen . . .
 
Die verklarende Bybel verduidelik die verse soos volg: 
 
            Die uitgangspunt vir dié profetiese boodskap is ’n spreekwoord wat in Israel in     omloop was. Dit het daarop neergekom dat die nageslag die straf dra vir die      voorgeslag se sonde. Teenoor dié opvatting sê die profeet in opdrag van die Here:          Elkeen dra die straf op sy eie sonde, en wie nie gestraf wil word nie, moet lewe    volgens die wil van die Here. . . Al die mense behoort aan Hom, elkeen staan        persoonlik voor die Here in verantwoordelikheid vir sy eie dade.
 
Met dit gesê, bly die kern vraag: Hoe kom ek vry? Wat kan my red van my erfskuld sowel as my persoonlike skuld voor die Here? Hoe kan ek vry kom van my natuurlike geneigdheid om nie te doen wat die Here wil nie en die vloek of eerder die oordeel van die Here wat ek na regte hiervoor verdien? Deur ’n formule gebed wat bindinge en vloeke breek?  
 
Die wonderlike boodskap van die Evangelie!   
 
Nee! Net op een manier! Luister na hierdie wonderlike woorde in Gal 3: 13Christus het ons losgekoop van die vloek wat die wet meebring, deur in ons plek ’n vervloekte te word. Daar staan naamlik geskrywe: “Vervloek is elkeen wat aan ’n hout opgehang is.” 14Daardeur kan ook hulle wat nie Jode is nie, deur Christus Jesus deel kry aan die seën wat God aan Abraham toegesê het. So het ons dan deur die geloof die Gees ontvang wat God beloof het.
 
Jesus is die antwoord op die vloek wat die wet meegebring het!   Hy het in ons plek die vervloekte geword. Hy het die vloek (die regverdige oordeel van God) wat op ons gerus het vanweë ons sonde, op Hom geneem. Elkeen wat in Hom glo, word daar en dan vrygemaak van enige vloek, omdat Jesus dit in sy of haar plek kom dra het, en hulle kry, daar en dan deel aan die seën wat God aan Abraham belowe het en wat Jesus vir ons kom verdien het. Hulle kry ook deur die geloof die Gees, d.w.s die Heilige Gees kom woon binne in hulle om dit wat hulle in Jesus ontvang het, meer en meer ’n werklikheid te maak. 
 
My gebed kan dus nie ʼn vloek breek nie.  Jesus het die vloek kom breek! Dis wonderlike nuus.  Ek kan wel deur gebed hierdie wonderlike waarheid meer en meer vir myself toe-eien. Net-nou meer daaroor. 
 
’n Verder skrifgedeelte wat hierdie wonderlike waarheid bevestig (alhoewel dit nie direk van vloeke praat nie) is Heb. 10. Jy kan gerus die hele hoofstuk gaan lees, maar luister na hierdie paar verse:
 
11Verder, elke priester staan dag vir dag sy diens en verrig, en bring elke keer weer dieselfde offers, wat tog nooit die sondes kan wegneem nie. 12Maar Jesus Christus het één offer vir die sondes gebring en vir altyd aan die regterhand van God gaan sit. 13Nou wag Hy daar totdat sy vyande aan Hom onderwerp is. 14Deur die één offer het Hy dié wat vir God afgesonder word, vir altyd volkome van sonde vrygemaak.   18Waar die sondes vergewe is, is geen offer daarvoor meer nodig nie. 19Broers, ons het dus nou deur die bloed van Jesus vrye toegang tot die heiligdom, 20en dit op ’n weg wat nuut is en na die lewe lei. Hierdie weg het Hy vir ons gebaan deur die voorhangsel heen, dit is deur sy liggaam. 21En terwyl ons Hom ook as groot priester oor die huis van God het, 22laat ons tot God nader met ’n opregte hart en met volle geloofsekerheid. Ons harte is immers gereinig van ’n skuldige gewete, en ons liggame is gewas met skoon water.
 
Hoe kan ek eens en vir altyd vry kom van sonde en die vloek wat sonde meebring? Net deur Jesus se enkele, eenmalige offer aan die kruis. Deur dit in die geloof te aanvaar as God se versoeningswerk om my vry te maak, word ek vry, eens en vir altyd. Die priesters moes staande oor en oor kom offers bring. Ek hoef nie meer te offer nie, want Jesus het die finale offer gebring en gaan sit!   Dis klaar. Ek is vir altyd volkome van sonde vrygemaak.   Ek het vrye toegang tot in God se teenwoordigheid, enige plek, enige tyd. Ek kan so tot God nader met ’n skoon gewete, want ek is gereinig en ek het die teken en seël hiervan ontvang met my doop.  
 
Ek moet dit nou net gebruik! Ek moet tot God nader, Hom, sy teenwoordigheid biddend opsoek, wanneer die Duiwel dinge uit my verlede of my voorgeslagte se lewe gebruik om my te kom aankla.
 
Eien die Evangelie se wonderlike voorregte toe! 
 
Met hierdie laaste stelling kan ons dus ’n mate van aansluiting vind by die bedoeling van skrywers wat “breek van vloeke” aanhang.   Ek vertrou dat hulle graag wil sien dat mense volkome vry kom van die gevolge van hulle eie en hulle voorgeslagte se sonde.  
 
Ek is nou vir ’n geruime tyd betrokke by ’n dissipelskap-program waarin ons met mense werk wat regtig uit baie moeilike omstandighede kom en waarin hulle blootgestel is aan verskriklike dinge waarby hulle ouers en groot ouers betrokke was.     Hulle sal getuig dat hulle wel glo dat Jesus hulle vrygemaak het en in hulle plek die vloek kom dra het, maar dat hulle nie die vryheid beleef nie.  
 
Wat inderdaad moet gebeur in sulke gevalle is dat hulle die waarheid wat hulle glo met hulle verstand ook met hulle harte moet toe-eien. Hulle moet, om die woorde van Heb. 10:22 te gebruik, God biddend nader en Hom vra om dit wat Hy reeds gedoen het, nl. om die vloek te breek, ’n werklikheid moet maak in hulle lewe. Ek dink persoonlik dat ons mense te min op ’n praktiese, persoonlike manier begelei om dit te doen!
 
Hoe lyk dit in praktyk?
 
Sien jy egter die verskil?   Kom ek probeer dit baie prakties maak. Die een gebed sê: “Ek breek die vloek van satanisme oor my lewe. Satan ek beveel jou om my en my familie uit te los.   Jy het geen aanspraak in ons lewe nie.”   Of, “Ek breek die mag van kanker in my lewe. Ek breek die mag van teenspoed wat jy bring in my lewe.   Ek breek die vloek wat op my rus  vanweë my pa se pornografie verslawing in Jesus se naam. Nou moet die vloek eensklaps weg wees soos met ’n towerformule?
 
Die ander gebed sê: Here, ek weet U het die vloek reeds gebreek deur in my plek ’n vervloekte te word.   U het die finale offer gebring. Ek weet ek kan met vrymoedigheid tot U nader. Help my om dit te glo en dit te beleef.   Maak dit ’n werklikheid in my lewe.   Die Duiwel kom kla dikwels my gewete aan en my wil laat glo dat hy nog die dinge uit my en my familie se lewe (dinge soos alkoholisme, satanisme, verslawing aan dwelms, pornografie, masturbasie ens.) teen my kan hou. Ek vra dat U my sal herinner dat niks van hierdie dinge my van U liefde kan skei nie en dat U aan die kruis eens en vir altyd die vloek van my eie en ander se sonde oor my gebreek het. Ek nader met vrymoedigheid tot U, op grond van dit wat U kom doen het Here Jesus!
 
Dikwels moet ek die gebed hierbo, oor en oor herhaal om die genade my eie te maak sodat die verkeerde oortuigings vervang kan word met die waarheid wat my vry maak. 
 
Dit kan dalk net soos woord verskille lyk, maar dis meer as dit. Dis ’n klem verskuiwing. Met die eerste gebed is dit asof ek bydra tot dit wat Jesus gedoen het. My gebed word amper ’n offer waarmee ek my vryheid verdien en as ek dit nie so breek nie en nie die bepaalde vloek by die naam kan noem nie, kan ek nie vry kom nie.   Op die manier dra ek by tot dit wat Jesus gedoen het. 
 
Die tweede gebed is gewoon ’n vasgryp aan dit wat volkome waar is in Jesus.   Dit help my inderdaad om die wonderlike waarheid van dit wat Jesus vir my kom doen het, toe te eien en te beleef, maar dit dra nie enigsins by tot die realiteit van my vryheid in Hom nie. 
 
Vra van vergifnis as ’n voorbeeld
 
Ons sou vergifnis as ’n verdere voorbeeld kan gebruik om dit te verduidelik. Waarom bid ek vir vergifnis? Nie om daardeur vergifnis te verkry nie. Ek word eens en vir altyd skoongewas, regverdig gemaak as ek in Jesus glo. 
 
Die gevolg van my geloof is ’n skulderkenning, ja! Uit berou se ek jammer en vra vergifnis en dan gebeur die wonderlike dat ek die vergifnis wat Jesus vir my verdien het beleef.   Ek glo dat dit die vernaamste rede is waarom ek gereeld moet vra vir vergifnis. My vra vir vergifnis verdien nie my vergifnis nie. Dit stel my in staat om die vergifnis wat Jesus vir my verdien het, te beleef en God wil dat ek die vryheid daarvan beleef.  
 
Soms kry ek dit nie onmiddellik reg om die vryheid te beleef nie en kom die skuldgevoelens terug. Dan moet ek oor en oor die genade my eie maak in gebed. Ef.6 gebruik ʼn beeld van ʼn soldaat wat sy wapenrusting moet aantrek om die aanvalle van die vyand te weerstaan. Dit is ʼn voortdurende worstelstryd.
 
Op ’n soortgelyke manier kan ek met God praat oor die gevolge van my en my voorouers se sonde in my lewe.   Dis nie asof ek deur ’n gebed die vloeke breek nie. Net Jesus kon dit breek en Hy het. Ek beleef egter die wonder van hierdie vryheid wanneer ek met die gevolge van die sonde wat nog aan my kom knaag, na Hom toe gaan en vra dat Hy my deur sy Gees sal help om die vryheid opnuut my eie te maak en dit te beleef.   
 
Ten slotte
 
Ek hoop dit help!   Dalk moet jy die boek gaan lees met hierdie agtergrond en dan kan ons weer daaroor praat. Dalk is hierdie genoegsaam om met jou vriende in gesprek te tree en te hoor waarom hulle die boek so sterk aanbeveel.  
 
Die groot gevaar bly vir my dat ons in hierdie tipe van teologie op soek is na meer as Jesus. Ons soek weer ’n nuwe wet, nuwe rituele om my vrede te gee. Die gevolge is net verder onsekerheid en teleurstelling en selfs ’n geloofskrisis.   Wat nou as ek die vloek verbreek het en die kanker gaan nie weg nie of die sonde in my lewe kom terug? Dan kan ek teleurgesteld raak in my geloof. 
 
Die verlossing van sonde en die gevolge van sonde in my lewe is eerder soos ʼn lang wedloop waarin ek moet volhard. Oor en oor moet ek die sonde beveg en die geveg is in my gedagtes waar ek biddend by herhaling vasgryp aan die waarheid van die Woord oor my bepaalde probleem. So word ek van my sonde vrygemaak.
 
Langs hierdie weg soek ek my vrede aanhoudend by Jesus en nie in my vermoë of in ’n resep of ’n nuwe wet nie.   Ek soek my vrede in ’n verhouding met Hom. Dis ’n verhouding wat vra dat ek glo dat dit wat Hy kom doen het, genoeg is en dat ek niks, maar niks hoef te doen om vry te kom van die mag van die Duiwel en my en my familie se sonde nie.

Thomas Dreyer