Taal

Teken In

Verjaarsdae

Sondag, 10 Desember

Leana Meyer

Jeanne Sterianos

Hilmer Backer

Dietmar Engler (74)

Maandag, 11 Desember

Ruan Coetzee

Adele Visser

Heinie Groenewald

Chris Joubert

Ilzé Kotzé

Jan De Kloe

Dinsdag, 12 Desember

Leonie Botha

Jannie Van Der Walt

Sonja Balt

Woensdag, 13 Desember

Thato Semenya

Liz Steyn

Wesley Faver

Donderdag, 14 Desember

Cass Hattingh

Lara Van Rooyen

Mariska Van Niekerk

Vrydag, 15 Desember

Luan Kotze

Erich Holz

Johan Knoester

Warrick Beaumont

Chris Venter

Speek Venter

San De Beer (85)

Saterdag, 16 Desember

Chris Du Plooy

Susan Brink

Sondag, 17 Desember

Hettie Vorster-Viljoen

Nelleke Voogt (73)

Dinsdag, 19 Desember

Elani Van Rooyen

André Marais

Philip Van Wyk

Ila Schutte 

Elfrieda Botha (77)

Gert Hatting (82)

Woensdag, 20 Desember

Abraham Theunissen

Krister Janse Van Rensburg

Antoinette Van Wyk

Donderdag, 21 Desember

Gustav Roux

Anke Kotze

Hendri Van Der Loo

Vrydag, 22 Desember

Esti Beaumont

Hennie Serfontein

Douw Venter (85)

Saterdag, 23 Desember

Magna Malan

Jenny Schramm

Lys van Vrae

Mag 'n mens vas vir nie-Christelike redes?

Vraag : Mag ‘n mens vas vir nie-Christelike redes?

Ek verstaan dat wanneer ‘n mens vas is dit ‘n tyd waarin jy meer tyd saam met die Here spandeer en Hom loof en prys, maar ek wil vir ‘n ander rede vas.

Die eerste rede is omdat ek soms paniekerig raak as ek agterkom dat ek ‘n maaltyd moet mis, of ek is bekommerd dat ek nie genoeg energie sal hê om die dag se take te kan voltooi nie. Ek volg ‘n gebalanseerde dieet, dis net dat ek soms voel ek is tè afhanklik van kos.

Die ander rede waarom ek wil vas is omdat dit ook fisiese voordele het.

Ek weet ek het gesê dis vir nie-Christelike redes, maar ek sien dit ook as ‘n manier om my te help om versoekings (sonde) te weerstaan.

 
Antwoord:
Dit lyk tog vir my of jou eerste rede om te vas wel ‘n goeie christelike rede is, ‘n Bybelse rede! Want as ‘n mens paniekerig word as jy agterkom dat jy ‘n maaltyd gaan mis, en soms voel dat jy tè afhanklik van kos is, is dit sekerlik Bybels om te gaan soek na oplossing vir jou bekommernis.
Ons moet as dissipels van Jesus Christus altyd liewer betyds aandag gee aan enige leefgewoonte wat kompulsief word en waaroor ons nie meer regtig beheer het nie. Die Here God het ons juis as mense so geskape dat ons nie soos robotte is wat deur eksterne magte beheer word nie, maar binne ons verhouding met Hom en in gehoorsaamheid aan Hom, die vryheid het om verantwoordelike besluite te kan neem.
Jy’s heeltemal reg as jy onrustig raak oor jou angstigheid of jy sonder ‘n maaltyd tog die krag sal hê om die dag se take te kan verrig. Want afhanklikheid van kos, soos enige afhanklikheid, beroof ons van die vryheid om ons lewe te kan lei soos ons bewustelik dit wil doen. Wanneer eet nie meer net ‘n gesonde gewoonte is nie, maar ons voel ons word verplig om te eet, moet ons vinnig ‘n plan bemaak om weer ons vryheid te kan beleef.
Is “vas” die antwoord?
Ek twyfel of byvoorbeeld ‘n ete wat oorgeslaan word of ‘n dag sonder kos (of bedoel jy selfs dae lank vas?) regtig gaan help om vry te kom van die gevoel dat jy noodgedwonge moet eet nie. Die hongerpyne mag selfs die drang om iets te eet nog groter maak, en jou dan net laat skuldig voel omdat jy “weer misluk het”!
Sal dit nie beter wees om vir jouself, dalk met die hulp van ‘n bekwame dieetkundige, ‘n dieet uit te werk wat die nodige standhoudende energie verskaf, en jou ook gerus laat voel dat jy wel alles sal kan doen wat van jou verwag word nie?
Ek is self iemand wat maar gedurig moet waak teen oorgewig (en dit selde regkry !), en ek weet dis beter om reg te eet as om sonder kos te probeer bly !
Dit alles vra selfbeheersing, en dit bring ons by wat jy noem “‘n manier om my te help om versoekings (sonde) te weerstaan.” Dit lyk my sonder selfbeheersing sal ons moeilik ooit dit regkry om in enige aspek van ons lewe God te verheerlik . Of dit nou oor ons eetgewoontes gaan of ons werkprogram of die manier waarop ons geld spandeer of oor sport of seks of kultuur, sonder selfbeheersing word ook die mooie wat ons probeer doen later vernietigende monsters in ons lewe. Ons vernietig onsself as die Here deur sy Gees dit nie vir ons moontlik maak om in beheer te bly van wat ons doen en nie toe te laat dat ons drifte en drange ons begin beheer nie.
Selfbeheersing maak dit vir ons moontlik om “nee” te sê omdat ons weet dis nie nou die regte ding om te doen nie, of dit nou angstigheid is oor waar ek later energie gaan kry, of iets eet wat ek weet nie goed vir my gesondheid is nie, of wat ook al.
In Galasiërs 5:23 word selfbeheersing genoem as deel van die vrug van die Heilige Gees, en word ons vermaan om “ons sondige natuur met al sy hartstogte en sondige begeertes “ te kruisig sodat die Gees nou ook ons gedrag sal bepaal. Dis sekerlik maar vir ons almal die antwoord op vrae soos die wat jy vra : dat ons by die kragtige werk van die Heilige Gees die beheersing sal soek oor al ons behoeftes en begeertes.
Dit mag wel soms vir ‘n christen nodig wees om ‘n tydlank baie matig en korrek te eet en jou te onthou van alkohol of uitspattige plesier omdat jy wil konsentreer op jou verhouding tot God en op jou gebed dat Hy kragtig deur sy Gees in jou sal werk en jy versoekings kan weerstaan. Of dat jy selfs ‘n tydlank jouself so wil dissiplineer dat jy jou alle kos en drank ontsê en jou in gebed afsonder. Dis moontlik! Maar dan moet ons net onthou dat Jesus ernstig waarsku teen vas met ‘n “lang gesig” om mense te beïndruk ( Matt. 6:16-18) ! Ons moet ook nie vas met die gedagte dat dit outomaties sal lei tot die oplossing van ons probleme nie, die Here skuld ons niks!
Die Here maak ‘n vastyd nie ‘n verpligtende deel van ons lewe as christene nie.
Hy vra eerder van ons dat ons ons krag in Hom sal soek en in sy groot mag en die volle wapenrusting sal aantrek wat Hy ons gee (Ef. 6:10-18) sodat ons staande kan bly teen ons vyand, die duiwel en sy magte, en ook teen onsself en ons begeertes.
Dis waarskynlik nie nodig nie, maar ek wil tog maar hierby ook sê : ‘n Neiging om oormatig te eet en op onnatuurlik manier daarvan ontslae te raak, en ook ‘n vrees vir kos of die moontlikheid om oorgewig te raak, is albei ernstige afwykende gedragspatrone wat met deskundige hulp , volhardende gebed en die liefdevolle begrip van ander hanteer moet word.  

Nico Botha