Taal

Teken In

Verjaarsdae

Sondag, 10 Desember

Leana Meyer

Jeanne Sterianos

Hilmer Backer

Dietmar Engler (74)

Maandag, 11 Desember

Ruan Coetzee

Adele Visser

Heinie Groenewald

Chris Joubert

Ilzé Kotzé

Jan De Kloe

Dinsdag, 12 Desember

Leonie Botha

Jannie Van Der Walt

Sonja Balt

Woensdag, 13 Desember

Thato Semenya

Liz Steyn

Wesley Faver

Donderdag, 14 Desember

Cass Hattingh

Lara Van Rooyen

Mariska Van Niekerk

Vrydag, 15 Desember

Luan Kotze

Erich Holz

Johan Knoester

Warrick Beaumont

Chris Venter

Speek Venter

San De Beer (85)

Saterdag, 16 Desember

Chris Du Plooy

Susan Brink

Sondag, 17 Desember

Hettie Vorster-Viljoen

Nelleke Voogt (73)

Dinsdag, 19 Desember

Elani Van Rooyen

André Marais

Philip Van Wyk

Ila Schutte 

Elfrieda Botha (77)

Gert Hatting (82)

Woensdag, 20 Desember

Abraham Theunissen

Krister Janse Van Rensburg

Antoinette Van Wyk

Donderdag, 21 Desember

Gustav Roux

Anke Kotze

Hendri Van Der Loo

Vrydag, 22 Desember

Esti Beaumont

Hennie Serfontein

Douw Venter (85)

Saterdag, 23 Desember

Magna Malan

Jenny Schramm

Lys van Vrae

Wat is die Gereformeerde Kerk se standpunt oor orgaanskenking?

Vraag : Wat is die Gereformeerde Kerk se standpunt oor orgaanskenking?

Antwoord:

Orgaanskenking gee nuwe lewe

Dit kan gebeur dat een vanjou organe, byvoorbeeld jouhart, niere, lewer of longeom een of ander rede nie meer voldoendefunksioneer nie – wat spoedigtot jou dood kan lei. Om jou lewete red, kan jy ’n orgaan van ’n ander persoon ontvang wat in jou oorgeplantword. Op dié wyse word jou lewe gered en so word relatief gesonde lewensjare vir jou toegevoeg. Daar is sprake van ’n skenker en ’n ontvanger.
Die skenker kan ’nlewende persoon wees, waar ’nouer byvoorbeeld sy/haar nier vir ’n siek kind skenk, of die skenker kan ’n oorlede persoon wees wat ’n orgaan vir ’n siek persoon skenk.

Op die webwerf van die Orgaanskenker Stigting van Suid-Afrika lees ons van ’n pasiënt met die naam Marguerite Oelofse (www.odf.org.za) Marguerite het ’n hartsiekte bekend as restriktiewe kardiomiopatie onder lede gehad. Dit is ’n toestand waarin die hartwande só verhard dat dit nie
voldoende kan rek nie, en gevolglik kan die hart nie genoegsaam met bloed vul nie. Die implikasie is dat die bloed nie toereikend deur die liggaam sirkuleer nie.

Die lewenskwaliteit van Marguerite was intens beperk, omdat sy elke dag verskriklik moeg en kort van asem was. Sy het ook buitengewoon baie gehoes. Ongeveer 70% van alle pasiënte sterf binne vyf jaar nadat die simptome begin, wat beteken dat sulke pasiënte nie ’n lang lewensverwagting
het nie.

Op 17-jarige ouderdom het Marguerite ’n skenkerhart ontvang wat sonder twyfel haar lewenskwaliteit dramaties herstel het, en so ook aan haar ’n (bykans) normale lewensverwagting
gegee het.

Orgaanskenking – Skrifmatig

“Vra julle voortdurend af of iets vir die Here aanneemlik is ...” skryf Paulus in Efesiërs 5:10. Die vraag is dus of die praktyk van orgaanskenking en ontvangs tot eer van die Here is.
Wie na Skrifgedeeltes soek wat direk oor orgaanskenking handel, soek tevergeefs. Die Bybel ken nie so iets soos orgaanskenking as etiese probleem nie. Hoe kan ons die Skrif dan gebruik? Die volgende onderskeiding kan help: ’n Saak is Skriftuurlik wanneer dit direk in die Skrif bespreek en besleg word (bv. die huwelik in Matt 19:3-9; Ef 5:21-32), maar dit is Skrifmatig wanneer dit nie direk nie, of in die geheel nie, in die Skrif ter sprake kom, maar tog korreleer met die gees en rigting van die Skrif (bv. kloning, orgaanskenking ens.). Ons wil in hierdie gesprek probeer bepaal of orgaanskenking Skrifmatig is.

Genesing as opdrag

Aan die begin van hierdie gesprek is dit belangrik om te noem dat daar groot konsensus binne die Christelike milieu oor die morele aanvaarbaarheid van orgaanskenking (en –ontvangs) bestaan. In die uitvoering van orgaanskenking gaan dit ten diepste om ’n siek mens aan die lewe te hou,
sy lyding te beperk, en só te help dat ’n persoon sinvol verder mag lewe. Daarom kan ons sê dat orgaanskenking inpas by die Bybelse (indirekte) opdrag tot genesing.Hierdie opdrag vind ten diepste sy stukrag en voorbeeld in Christus.  God openbaar sy wil aan ons deur Christus (Heb 1:1) in Wie se voetspore ons moet volg (1 Pet 2:21). Wat sê God vir ons deur Christus oor siekte?

Christus het sonde nie net aan die kruis kom bestry nie, maar ook die gevolge van die sonde, naamlik siekte. Op aarde roep Christus die kerk tot genesing van mense, en dit waartoe Hy ons opgeroep het, het Hyself ook gedoen.

• Ons vind Jesus se oproep tot genesing in die gelykenis van die barmhartige Samaritaan (Luk 10:30-37). In die gelykenis definieer Christus naasteliefde (vs 27) as die innige jammer-kry (vs 33) van halfdood mense (vs 30) deur hulle tot beterskap en gesondheid te help (vs 34-35). Hierdie gelykenis dien as motivering en roeping om te genees.

• Wat die demonstrering betref, moet dit die gelowige opval dat Christus siek mense genees en dooies opwek, en dit vorm ’n integrale en wesenlike deel van sy werk op aarde. So word byvoorbeeld gevind dat Christus die skoonmoeder van Petrus van koors genees (Luk 4:49), gestremde mense (Mark 2; Joh 5) en doofheid (Mark 7:5) genees, en vir Lasarus (Joh 11:33) uit die dood opwek. Christus gebruik selfs iets van sy liggaam, naamlik spoeg, om mense te genees (Joh 9:6). ’n Mens kan aan die feit dat Christus mense gesond maak die vrymoedigheid en
reg ontleen om siekte te probeer genees deur orgaanskenking.

’n Daad van liefde

Genesing deur Christus kan nie anders verstaan word nie as die beoefening van liefde (Matt 14:14). In laasgenoemde Skrifgedeelte bind Christus genesing en liefde kragtig saam. Om te genees, is in werklikheid ’n vorm van naasteliefde. Christelike liefde is nie op jouself gerig nie, maar op die ander mens en sy besondere nood (1 Kor 13). Die liefde dring jou selfs
om die mens in nood te help (2 Kor 5:14).

As dit liefde is om jou lewe vir jou naaste te gee (Rom 5:7; 1 Joh 3:16), dan is dit seker nie verkeerd nie – geredeneer van die meerdere na die mindere – om tydens jou lewe of ná jou dood ’n orgaan vir jou naaste te skenk nie. Die skending van die liggaam Wanneer die reg en verkeerd van orgaanskenking bespreek word, word ook gereeld gevra of die praktyk nie die skending van die liggaam beteken nie. Wanneer daar slegs na die liggaam van die skenker gekyk word, kan
daar sekerlik van skending gepraat word. Tog moet ook na die groterkonteks van hierdie handeling gekyk word. Die groter konteks is dat hier van liefde teenoor ’n (siek) mens sprake is, waarin die ander mens besonderlik verryk word deur moontlik sy/haar lewe te spaar of te verbeter. Hier
is nie sprake van ’n roekelose omgaan met die liggaam nie.

Dieselfde geld ook vir die lewende skenker. Die risiko is relatief klein, terwyl die beskadiging van die liggaam minimaal is. As die verminking van die liggaam so ’n oortuigende argument is, dan sal die gelowige ook teen alle ingrepe moet wees, soos byvoorbeeld die verwydering van die appendiks of enige ander orgaan wat die gesondheid van die liggaam bedreig.

Selfs ’n inspuiting sou as verkeerd beskou kon word. Dit moet ook ingedagte gehou word dat die dooie skenker se liggaam ná skenking begrawe word.

Eerbied vir die liggaam

Gelowiges stel die vraag of die uithaal van organe uit die afgestorwe mens nie ’n oneerbiedige omgaan met die menslike liggaam is nie. Sommige gelowiges meen dat die liggaam gebruik kan word omdat dit in elk geval in die graf ontbind en vergaan. Tog meen ons dat hierdie argument
nie heeltemal geldig is nie, want die waarde van die liggaam word nie gevind in dit wat ná die dood gebeur nie, maar in die feit dat die liggaam ook die beeld van God is.

Die mens is geskape na die beeld van God (Gen 1:27), wat aan die mens ’n baie hoë etiese waarde toeken (Openb 4:11). Laasgenoemde hou in dat gelowiges alle mense eerbiedwaardig of menswaardig moet behandel. Dieselfde geld ook vir die menslike liggaam ná die dood. Daarom
is Christus, wat die beeld van God is (Kol 1:15), se liggaam met soveel respek behandel (Joh 19:40).Tog hoef die verantwoordelike uithaal van organe met die oog op skenking nie as ’n onrespekvolle hantering van die liggaam gesien te word nie. Respek vir die liggam en die uithaal van organe kan selfs saamval. Só word gevind dat Jakob en Josef gebalsem is (Gen 50:2, 26), wat beteken dat volgens die praktyk van daardie tyd die ingewande verwyder is.

Die opstanding van die liggaam

Sommige gelowiges meen weer dat orgaanskenking en die ontvang daarvan die opstandingsliggaam op een of ander manier in gedrang bring. Dit is nie duidelik wat met hierdie beswaar bedoel word nie. Miskien is lidmate bang dat liggaamsdele sal “ontbreek” by die opstanding. Tog kan
ons met groot bldskap erken dat die ontbreking van liggaamsdele geen invloed op die herskepping van ons liggame het nie. God maak ons liggame (en siel) weer nuut (Fil 3:21; 1 Kor 15:44). Selfs die see, ná totale disintegrasie van die liggaam, sal sy dooies teruggee (Openb 22:13).
Bid vir die dood van ’n ander Party lidmate het probleme met orgaanskenking, omdat hulle meen
dat die persoon wat bid vir ’n geskikte orgaan, implisiet vir die dood van ’n mens bid. As hierdie argument waar is, dan sou meer mense aan hierdie oortreding skuldig wees.
Sou dit verkeerd van ’n begrafnisondernemer wees om vir sy daaglikse brood te bid? ’n Mens sou
kon vra of die potensiële ontvanger van ’n orgaan en die begrafnisondernemer vir die dood van ’n medemens
bid.

Sou dit nie meer waar en korrekwees nie om te sê dat ’n potensiële ontvanger eerder bid dat, waar iemand in byvoorbeeld ’n motorongeluk sterf, daardie persoon hom/haarself as ’n skenker aangedui het?

Te veel hartseer
Ander gelowiges voel weer dat die vreugdevolle ontvangs van ’n orgaan met te veel hartseer gepaardgaan. Hoe kan iets reg wees waareen familie soveel hartseer by die dood van hulle geliefde ervaar? Inderdaad kom hierdie smartlike,teenstellige gebeure in ons sondige
en ontwrigte wêreld voor. Ook die Bybel erken dat daar ’n tyd vir lag en ’n tyd vir huil is, en soms val hierdie twee sake met mekaar saam (Pred 3 en 4). Hierdie argument kan nie regtig gebruik word om orgaanskenking mee af te wys nie.

Skenk jou organe

In die lig van bogenoemde gesprek kan met groot sekerheid beweer word dat orgaanskenking
Skrifmatig is. Dit is ’n handeling wat met die gees en rigting van die Skrif korreleer, en daarom kan ons dit as aanneemlik vir die Here beskou. Ons kan selfs lidmate oproep om
orgaanskenking te oorweeg, omdat dit werklik ’n groot en onbeskryflike verskil in ernstige siek mense se lewens kan maak.

 

Riaan Rheeder