Vraag: Wat is die verskil tussen mens se geloofswerke en dade?

Antwoord:

Ek ken nie die agtergrond van jou vraag nie.  Duidelik het iemand vir jou gesĂȘ daar is ‘n onderskeid tussen geloofswerke en dade.  Ek sou die persoon se argument moet hoor om dit volledig te kan antwoord. Die Bybel maak egter geen onderskeid tussen geloofswerke en dade nie. Daar is wel verskillende woorde in die Grieks wat gebruik word om ons geloofsreaksie aan te toon, ons werke word bv ook  “vrugte” genoem.  Al onderskeid wat ek in die Bybel raaklees is die onderskeid tussen werke wat ons doen om deur mense gesien te word of vir eie voordeel teenoor werke wat voortvloei uit ons geloof en ons liefde vir God en ons naaste.
Ef. 2:10 – “In Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het.”

Gert Breed