Taal

Teken In

Verjaarsdae

Sondag, 10 Desember

Leana Meyer

Jeanne Sterianos

Hilmer Backer

Dietmar Engler (74)

Maandag, 11 Desember

Ruan Coetzee

Adele Visser

Heinie Groenewald

Chris Joubert

Ilzé Kotzé

Jan De Kloe

Dinsdag, 12 Desember

Leonie Botha

Jannie Van Der Walt

Sonja Balt

Woensdag, 13 Desember

Thato Semenya

Liz Steyn

Wesley Faver

Donderdag, 14 Desember

Cass Hattingh

Lara Van Rooyen

Mariska Van Niekerk

Vrydag, 15 Desember

Luan Kotze

Erich Holz

Johan Knoester

Warrick Beaumont

Chris Venter

Speek Venter

San De Beer (85)

Saterdag, 16 Desember

Chris Du Plooy

Susan Brink

Sondag, 17 Desember

Hettie Vorster-Viljoen

Nelleke Voogt (73)

Dinsdag, 19 Desember

Elani Van Rooyen

André Marais

Philip Van Wyk

Ila Schutte 

Elfrieda Botha (77)

Gert Hatting (82)

Woensdag, 20 Desember

Abraham Theunissen

Krister Janse Van Rensburg

Antoinette Van Wyk

Donderdag, 21 Desember

Gustav Roux

Anke Kotze

Hendri Van Der Loo

Vrydag, 22 Desember

Esti Beaumont

Hennie Serfontein

Douw Venter (85)

Saterdag, 23 Desember

Magna Malan

Jenny Schramm

Lys van Vrae

Waarom volg ons Eksodus se wette maar nie Levitikus s'n nie?

Vraag: Ek gee "Bible Education" vir Graad 7s in 'n privaatskool. En terwyl ek baie lief is daarvoor, vra die kinders somtyds vir my vrae wat baie moeilik is vir my om direk te antwoord. Een kind steek eendag haar hand op en vra:
Hoekom moet ons die wette in Eksodus volg, maar die wette in Levitikus (wat kronologies na Eksodus verskyn) hoef ons nie meer te volg nie?
Hoe hard ek ook daaran gedink het, kon ek nie dadelik aan haar 'n antwoord gee nie.

Antwoord:
Kinders kan ’n mens nogal vasvra!  Hulle het ’n manier om oor goed te dink en te wonder wat net nooit by ons op kom nie.  Dis egter so wonderlik as ons hulle toelaat, want ek dink die Here wil ons so in mekaar se lewens gebruik.  Dankie dat jy dit dus nie net ignoreer of afmaak as kinderdinge nie! 
Dis natuurlik ’n onderwerp waaroor ons lank kan gesels maar die basiese antwoord is dat ons moet onderskei tussen Moreel-etiese wette, Eietydse -sosiale en - politieke wetgewing en seremoniële wette.  Dus drie tipes wette.   As ons mooi dink kry ons dit vandag nog!  
Ek som dit op aan die einde so as jy haastig is, lees net die opsomming.   As jy tyd het, lees die meer breedvoerige verduideliking oor die drie tipes wetgewing:


Moreel-etiese wette
Ons kry dit reg deur die Bybel en dit word vir ons baie mooi saamgevat in die 10 gebooie.   Dit bly onveranderd en altyd geldend.   Dis hoe ons glo God wil hê ons moet die lewe leef waarvoor Hy ons geskape het.   Dit gee orde aan ’n samelewing en skep ’n omgewing waarin lewe kan gebeur.  
Dit is dus nie korrek om te sê dat ons Eksodus se wette volg, maar nie Levitikus se wette nie.   Ons volg God se volledige moreel-etiese wet soos Hy dit deur die ganse Bybel openbaar, omdat Hy dit van ons vra.  

Die moreel-etiese Wet van God word wel baie mooi saamgevat word in Eksodus 20 en Deuternomium 5.  Dit word egter byvoorbeeld reg deur die Ou Testament aangehaal en toegepas en Dit word ook in die Nuwe Testament beklemtoon deur al die skrywers maar veral deur Jesus.  Jesus bring ook ’n sekere diepte punt aan die 10 gebooie.  Lees gerus die bergrede in Matteus 5-7 en spesifiek 5:17-48.  

Eietydse sosiale  en politieke wetgewing
Binne elke bepaalde tyd gaan die moreel-etiese wet van God ook vir ons ly tot verdere eietydse wette.  
Hier’s ’n voorbeeld:  Ons het vandag byvoorbeeld padreëls!   Waarin het dit sy oorsprong?  In die moreel-etiese wet van God wat sê jy mag nie doodslaan nie (6de gebod).  Padreëls is daar om lewens te beskerm.   Ek gehoorsaam dit omdat ek graag my eie lewe en die van ander  wil beskerm.  Ek volg ook nie net met dit my eie kop nie, want ek gehoorsaam ook die 5de gebod wat sê dat ek die mense wat oor my aangestel is sal eerbiedig en gehoorsaam in soverre hulle nie van my iets vra wat teen God se wil is nie. 
Oor 50 jaar van nou af, bestaan karre en paaie dalk nie meer nie (ons almal vlieg of wat ook al), so dan sal wette rondom paaie en padgebruik oorbodig wees en nie meer sin maak in die nuwe tyd nie. 
Baie van die wette wat ons lees in die Ou Testament (Veral in Eksodus en Livitikus) is dus gewoon wette wat voortvloei uit die moreel-etiese wette van God vir daardie spesifieke tyd.  
Ons moet dit nie net weggooi nie, wat ons kan baie leer uit hoe mense God se Wet in ’n sekere tyd toegepas het.   Ons hoef dit egter nie net soos dit daar staan te volg nie, want dit was vir daardie tyd van toepassing.  

Hier’s ’n voorbeeld:  Baie van Israel se reinheidswette (reëls oor hoe om met kos te werk, om nie onrein diere te eet nie, om nie aan ’n lyk te vat nie en wat jy moet doen as jy wel per ongeluk dit gedoen het) het ten doel gehad om lewe te beskerm (6de gebod).   Daar was nie die mediese sorg wat ons vandag het nie, en daarom kon ’n plaag of ’n pes ’n hele volk uitwis as hulle nie versigtig was nie.   Hoef ons dit vandag nog te doen?  Dis steeds goed om jou hande gereeld te was ja, maar ons leef in ’n baie skoner en veiliger omgewing as toe, en daar is baie beter mediese sorg en voorkoming as in daardie tyd. 

Seremoniële wette
Ons vind egter in die Ou Testament nog ’n tipe wetgewing wat ons kan beskryf as seremoniële wette. 
Voorbeelde van seremoniële wette is al die wette oor die offers, hoe die priesters moet aantrek, hoe die tabernakel moet lyk, hoe die volk hulle moet reinig voor hulle God ontmoet, die spesifieke dae wat Israel op spesifieke manier moes hou.  

Luister wat sê Kolossense hieroor vir ons as Nuwe Testamentiese gelowiges:
16)Daarom moet julle nie dat iemand vir julle voorskrywe wat julle moet eet en drink nie aof dat julle die jaarlikse feeste of die nuwemaansfees of die sabbatdag moet vier nie. 17)Dit is alles maar net die skaduwee van wat sou kom; die werklikheid is Christus. (Kol 2:16)
 
Die Skrywer van Hebreërs bevestig dit en bry uit.  Dis ’n langerige gedeelte maar ek sit alles hier want dit verduidelik wat Jesus kom doen het so goed:

10 Die wet van Moses is slegs ’n skadubeeld van die weldade wat sou kom, nie ’n werklike beeld daarvan nie. Voortdurend, jaar na jaar, word dieselfde offers gebring, en tog kan die wet dié wat die offers bring, nooit volkome van sonde vrymaak nie. 2)As dié wat offers bring, eens en vir altyd gereinig en nie meer van sondes bewus was nie, sou hulle immers opgehou het om offers te bring. 3)Maar nou herinner die offers juis jaar na jaar aan die sondes, 4)omdat die bloed van bulle en bokke onmoontlik die sondes kan wegneem.
5)Daarom sê Christus met sy koms in die wêreld:
“Dit is nie diereoffer en graanoffer
wat U wou hê nie,
maar die liggaam wat U
My gegee het.
6)Brandoffers en sondeoffers
het U nie behaag nie!
7)Toe het Ek gesê:
Kyk, Ek het gekom, o God,
om u wil te doen.
In die boekrol is dit
van My geskrywe.” 8)Eers sê Hy: “Diereoffers en graanoffers, brandoffers en sondeoffers wou U nie hê nie en het U nie behaag nie,” hoewel hierdie offers deur die wet voorgeskryf word. 9)Daarna sê Hy: “Kyk, Ek het gekom om u wil te doen.” Hy skaf dus die eerste offers af om ’n ander offer in die plek daarvan te stel. 10)Omdat God dit so wou, is ons vir Hom afgesonder deurdat Jesus Christus sy liggaam as offer gebring het, eens en vir altyd.
11)Verder, elke priester staan dag vir dag sy diens en verrig, en bring elke keer weer dieselfde offers, wat tog nooit die sondes kan wegneem nie. 12)Maar Jesus Christus het één offer vir die sondes gebring en vir altyd aan die regterhand van God gaan sit. 13)Nou wag Hy daar totdat sy vyande aan Hom onderwerp is. 14)Deur die één offer het Hy dié wat vir God afgesonder word, vir altyd volkome van sonde vrygemaak.
15)Ook die Heilige Gees betuig dit aan ons. Eers sê Hy:
16)“Dit is die verbond
wat Ek met hulle
na daardie dae sal sluit,
sê die Here.
Ek sal hulle my wette
in die hart gee,
in hulle verstand
sal Ek dit skrywe.”
17)Dan sê Hy verder:
“Aan hulle sondes
en hulle oortredings
sal Ek nooit meer dink nie.”
18)Waar die sondes vergewe is, is geen offer daarvoor meer nodig nie.

Die seremoniële wette is dus vervul in Jesus en daarom nie meer nodig nie.  Natuurlik is dit goed om dit te bestudeer omdat ek in die seremonies meer kan leer van wat Jesus kom doen het!   Maar die wette self is afgeskaf omdat dit ten doel gehad het om heen te wys na Jesus se koms en dus met sy koms oorbodig geraak het. 
Ek hoop jy volg?  

Ek som op!
Daar is drie tipes wette: 


Moreel-etiese wette: Ons kry dit nie net in Eksodus nie maar reg deur die Bybel en volgens die Bybel altyd geldend.  Eksodus 20 en Deuteronomium 5 gee wel ’n opsomming.
Sosiaal/Politieke eietydse wette:  Baie belangrik, maar eietyds en afgelei uit die Moreel etiese   wette.  Daarom kan ons nie wat vir Israel gegeld het net so  volg nie. 
Seremoniële wette: Dit is heeltemal vervul in Jesus en het daarom verval!

Dis baie belangrik om die Bybel, veral die Ou-Testament met dit ingedagte te lees! 

Sterkte met jou verduideliking!

Thomas Dreyer