Taal

Teken In

Verjaarsdae

Sondag, 10 Desember

Leana Meyer

Jeanne Sterianos

Hilmer Backer

Dietmar Engler (74)

Maandag, 11 Desember

Ruan Coetzee

Adele Visser

Heinie Groenewald

Chris Joubert

Ilzé Kotzé

Jan De Kloe

Dinsdag, 12 Desember

Leonie Botha

Jannie Van Der Walt

Sonja Balt

Woensdag, 13 Desember

Thato Semenya

Liz Steyn

Wesley Faver

Donderdag, 14 Desember

Cass Hattingh

Lara Van Rooyen

Mariska Van Niekerk

Vrydag, 15 Desember

Luan Kotze

Erich Holz

Johan Knoester

Warrick Beaumont

Chris Venter

Speek Venter

San De Beer (85)

Saterdag, 16 Desember

Chris Du Plooy

Susan Brink

Sondag, 17 Desember

Hettie Vorster-Viljoen

Nelleke Voogt (73)

Dinsdag, 19 Desember

Elani Van Rooyen

André Marais

Philip Van Wyk

Ila Schutte 

Elfrieda Botha (77)

Gert Hatting (82)

Woensdag, 20 Desember

Abraham Theunissen

Krister Janse Van Rensburg

Antoinette Van Wyk

Donderdag, 21 Desember

Gustav Roux

Anke Kotze

Hendri Van Der Loo

Vrydag, 22 Desember

Esti Beaumont

Hennie Serfontein

Douw Venter (85)

Saterdag, 23 Desember

Magna Malan

Jenny Schramm

Lys van Vrae

Kan ons by 'n begrafnis sê iemand is gered? (Opvolgvraag)

Vraag: Die vraag word gevra of predikante sou kon se dat iemand wat begrawe word gered is. Die antwoord stel dit dat predikante te ver gaan as hulle dit sou se. Wel die vraag moet dalk gevra word of Paulus gered is? Indien ons glo dat hy wel gered is sal die dinge wat ons daarvan oortuig ook ons oortuig van gelowiges wat vandag sterf. Ek stem glad nie met u antwoord op hierdie vraag saam nie.

Antwoord: Indien jy my antwoord so verstaan dat ek gesê het dat mens niks uit iemand se lewe kan aflei ten opsigte van sy eindbestemming nie, dan verstaan ons mekaar mis.  ‘n Boom kan immers aan sy vrugte geken word.

Lees maar weer die antwoord dan sal jy byvoorbeeld raaklees dat ek gesê het:
“.......niemand van ons kan 100% seker wees van iemand anders se verlossing nie.  Daarom indien ’n predikant op ’n begrafnis ’n ongekwalifiseerde stelling maak dat iemand gered is, gaan hy te ver.  Dit is beter om jouself te verduidelik.  Iets soos:  Ons kon X se lewenswyse sien en ons weet dat hy Christus as sy Verlosser bely het, daarom glo ons dat hy nou by God is.  Of as iemand miskien teen die einde van sy/haar lewe tot bekering gekom het:  Y het teenoor my haar geloof bely en het haar daadwerklik tot die Here bekeer teen die einde van haar lewe, daarom glo ons dat sy gered is.” 

 Jy sê reg ons glo dat Paulus gered is, maar net die Here weet. Hoe meer die vrug van die Gees in iemand se lewe sigbaar is, hoe sekerder kan ons glo dat hy/sy gered is. Niemand van ons weet egter verseker wat in iemand se lewe, wat nog van sy gedagtes, aangegaan het nie.  Daarom moet ons nie oordeel nie, nie na die kant om te sê ’n persoon is nie gered nie en ook nie na die kant om ’n finale uitspraak te maak dat hy gered is nie.  Daarom het ek gesê dit is beter dat ons dit gekwalifiseerd sê naamlik dat volgens alles wat ons kon waarneem kan ons glo dat iemand gered is.

Onthou ook dat ek geantwoord het op die volgende vraag:
“Dit is mos moontlik dat 'n ongelowige as 'n gelowige vermom kan wees en 'n ongelowige leefstyl geheim hou. In so 'n geval het die predikant of wie ook al vertel het dat die oorledene gered is, 'n blatante leuen vertel om mense te sus.”

Hoeveel keer het ons al gehoor van iemand wat deur almal beskou is as ‘n gelowige wat sy geloof in alles uitleef, miskien ‘n predikant of ouderling of ‘n bekende persoon.  Dan op ‘n dag bars die bom en kom ‘n geheime sonde van daardie persoon uit of hy kom na vore en hy sê dat hy nooit geglo het nie.  Sê nou daardie persoon het gesterf voordat die bom gebars het?  Sê nou die predikant het dan op die begrafnis met sekerheid verklaar dat hy gered is, terwyl daar dalk mense in die kerk sit wat weet van sy volhardende sonde of dat hy sy ongeloof teenoor hulle verklaar het?
Ons moet maar liewer die finale oordeel aan die Here oorlaat.

Gert Breed