Teken In

Verjaarsdae

Sondag, 16 September

Luan Pettit

Retha Vercueil-Venter

Herman Dorland

Maandag, 17 September

Henning Snyman

Jaco Theunissen

Kotie Van Der Loo (75)

Lida De Wet (76)

Dinsdag, 18 September

Gustav Hefer

Morné Viljoen Jnr

Woensdag, 19 September

Louis Kruger Jnr

Rowan Griffioen

Wouda Du Plessis

Louis Kruger

Mike Van Wyk

Donderdag, 20 September

Karli De Kock

Gert Grobler

Vrydag, 21 September

Johann Bührmann

Leopold Combrink

Rinet Van Der Walt

Cas Grobler

K D Düsselberg

Marinus Van Jaarsveld

Elise Viljoen

Sinisa Tucakovic

Jan Voogt (73)

Saterdag, 22 September

Cee-J Van Der Walt

Sarina Du Plessis

Delien Düsselberg

Hannemie Mulder

 

Lys van Vrae

Wat is die derde hemel?

Vraag: In ons Bybelstudie groep het ons op 'n interessante onderwerp afgekom. In 2 Kor 12:2 word daar na die 'derde hemel' verwys. Kan ons dan aanneem dat daar verskillende vlakke in die hemel is? Hoe word jy in die 'vlakke' opgeneem of opgedeel? Gaan ons geestelike groei in die hemel ervaar/ bereik? 'n Bietjie insig rondom die onderwerp sal waardeur word en verwysing na ander stukke in die Bybel wat na die vlakke verwys.

Antwoord:
Ja, dit is ‘n baie interessante onderwerp, wat julle raakgelees het.  Gelukkig is die verklaring daarvoor eintlik makliker as wat ons gewoonlik dink. 
Die begrip “derde hemel” moet ons binne die Joodse denkrigting oor die hemele verstaan.  Hulle het die hemel in drie vlakke gesien, die een bo die ander: die eerste hemel was die wolkehemel, die tweede die sterrehemel met al die hemelliggame en die derde hemel is waar God woon en waar Hy Homself openbaar aan die engele en die saliges. 
 
As Paulus sê: “Ek ken ‘n man..., Veertien jaar gelede is hy weggeruk tot in die derde hemel”, dan praat hy van homself, weliswaar in die derde persoon (“hy”), juis omdat hy nie op homself wil roem nie.  Maar ook, omdat dit ‘n belewenis in ‘n toestand van geestesvervoering was, waarin hy as’t ware buite homself getree het en God se teenwoordigheid op ‘n besondere intense manier ervaar het.  Die ervaring bevestig dus dat hy God ontmoet het.
 
Die beskrywing in vers 3 is ‘n herhaling van dit wat hy in vers 2 gesê het en beskryf dieselfde ervaring.  Maar hier noem hy dat hy weggeruk is na die “paradys” toe.  Die “paradys” was mos die tuin van Eden (Gen.2:9 ev) waar die mens, voor die sondeval, in ongehinderde gemeenskap in die teenwoordigheid van God kon leef.  Die woord “paradys” kom, behalwe hier, nog twee maal in Nuwe Testament voor (Luk.23:43 en Op.2:7) en elke keer word daarmee bedoel die plek van hoogste geluk en saligheid – by God!

Dus, daar is nie verskillende vlakke in die hemel, bedoelende verskillende “grade” van heerlikheid, in die sin dat sekere gelowiges op die derde vlak ‘n “meer” hemelse bestaan sal ervaar as dié op die eerste of tweede vlak nie.  “Derde hemel” sê  – dis waar die Here Homself in sy heerlikheid openbaar..., en waar alle gelowiges uiteindelik saam met Hom sal wees. 
Daar is nie ‘n stel kriteria wat bepaal wie word in watter “vlak” opgeneem of opgedeel nie.  Wie Jesus op aarde (in die geloof) gevind het, het ook die (derde) hemel gevind.  Ons gaan ook nie “geestelike groei” in die hemel ervaar nie, want in sy teenwoordigheid het ons die volmaakte bereik.

Lees gerus ook 1 Joh.3:2: “Geliefdes, ons is nou reeds kinders van God.  Dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie, maar ons weet dat, wanneer Jesus kom, ons soos Hy sal wees.  Ons sal Hom sien soos Hy werklik is”.  Dit alles wil net sê:  op aarde is ons reeds kinders van God (deur Jesus Christus); hoewel ons nog nie nou al weet hoe ons in die hemel sal wees nie.  By sy wederkoms sal ons aan sy heerlikheid gelyk wees.  Dan sal ons Hom in sy volle hemelse heerlikheid sien en self daarin deel.  Dit geld vir alle gelowiges – sonder uitsondering.  Paulus was begenadig om iets daarvan op aarde al te kon beleef.

Die enigste ander Skrifgedeelte waar ons van verskil in heerlikheid lees, is in 1 Kor.15:40-42 : 40Daar is hemelliggame en daar is aardse liggame. Die glans van die hemelliggame is anders as dié van die aardse liggame. 41Die glans van die son is anders as dié van die maan of dié van die sterre. Ook verskil die een ster se glans van dié van die ander. 42So is dit ook met die opstanding van die dooies; wat gesaai word, is verganklik en word in onverganklikheid opgewek. 
Maar hier gaan dit oor die verskil tussen die aardse liggaam en die verheerlikte liggaam.  Soos die hemelliggame (son/maan/sterre) se glans anders is as aardse liggame, en hemelliggame se glans selfs van mekaar verskil, net so sal ons opstandingsliggaam anders wees as die liggaam waarmee ons op aarde geleef en  gesterf het. 
Weereens is dit nie ‘n verskil in hemelse bestaan nie, maar ten opsigte van die heerlikheid wat ons liggame in die hemel sal hê teenoor ons aardse bestaan. 
Lekker Bybelstudie hou!  Skryf gerus weer.

Charl van Rooy