Taal

Teken In

Verjaarsdae

Sondag, 15 Julie

Leoni Diedericks

Antoinette Diedericks

Melinda Brummer

Chris Oldewage

Jan Snyman

Kobus Hartzenberg

Freek Cronjé

Susan Meiring

Gerrit Venter (75)

Keathon Neetling

Marie Greeff (86)

Nanda Norval (94)

Maandag, 16 Julie

Anri Van Niekerk

Cornet Kellerman

Gideon Du Plessis

Corné Etsebeth

Dinsdag, 17 Julie

Carla Voogt

Nerine Coertse

Carel Van Der Merwe

Marthinus Wilken

Woensdag, 18 Julie

Wicus Roberts

Riaan Perold

Annette Oosthuizen (71)

Anna-Lucia Van Der Merwe (72)

Donderdag, 19 Julie

Leandré Van Der Loo

Louw Venter

Linda Reynecke

Vrydag, 20 Julie

Chanelle Van Der Loo

Zander Oschmann

Mimi Van Rooyen

Chantelle Gaertz

Antonie Meiring

Gerda Le Roux

Lee Roux

Sarie Luus

Saterdag, 21 Julie

Monet Van Rooyen

Victor Wyma

Dinike Redgard

Porselein Coetzer

Elize Johl

 

Lys van Vrae

Mag 'n mens 'n ander mens seën?

Vraag: Mag 'n mens 'n ander mens seën?

Antwoord: Dit word algemeen aanvaar dat “seën” in die Bybel beteken dat aan iemand die versekering gegee word van God se teenwoordigheid en goedheid. Dit is dus nie ‘n magiese handeling waardeur iets in die ander persoon ingestort word nie, maar ‘n toesegging van God se genade. Dit is immers net God wat sy goedheid kan uitdeel soos Hy dit goedvind..

Net Hy seën, mense kan maar net die bede uitspreek dat iemand die troos en krag en vrede en liefde van God sal beleef. So lees ons ook op baie ander plekke in die Skrif dat Here hulle wat aan Hom behoort seën met die toesegging van sy teenwoordigheid : o.a. Genesis 1:22,2;Lukas 24:50;Matteus 26 :26.  


Dit sien ons duidelik in bv. Numeri 6:22-27 as Moses opdrag kry om vir Aäron te sê hoe hy as hoëpriester die Israeliete moet seën : “Die Here sal julle seën... die Here sal tot julle redding verskyn ... die Here sal julle gebede verhoor...”.
 

Dieselfde is ook waar van die seën wat predikante tydens die erediens uitspreek : Dis die versekering aan die gemeente dat die Here hulle sal seën met sy genade en liefde en met sy teenwoordigheid.


Telkens as mense ander mense seën,beteken dit dat hulle ander verseker van God se genade (Gen.9:27;Gen. 27:27; Deutr. 33; 2 Sam,6:18). In hierdie sin mag “’n mens ‘n ander mens seën”, maar geen mens beskik oor die mag of vermoë om self te sorg dat ‘n ander mens krag of vreugde of voorspoed kan hê nie.

Nico Botha