Taal

Teken In

Verjaarsdae

Sondag, 15 Julie

Leoni Diedericks

Antoinette Diedericks

Melinda Brummer

Chris Oldewage

Jan Snyman

Kobus Hartzenberg

Freek Cronjé

Susan Meiring

Gerrit Venter (75)

Keathon Neetling

Marie Greeff (86)

Nanda Norval (94)

Maandag, 16 Julie

Anri Van Niekerk

Cornet Kellerman

Gideon Du Plessis

Corné Etsebeth

Dinsdag, 17 Julie

Carla Voogt

Nerine Coertse

Carel Van Der Merwe

Marthinus Wilken

Woensdag, 18 Julie

Wicus Roberts

Riaan Perold

Annette Oosthuizen (71)

Anna-Lucia Van Der Merwe (72)

Donderdag, 19 Julie

Leandré Van Der Loo

Louw Venter

Linda Reynecke

Vrydag, 20 Julie

Chanelle Van Der Loo

Zander Oschmann

Mimi Van Rooyen

Chantelle Gaertz

Antonie Meiring

Gerda Le Roux

Lee Roux

Sarie Luus

Saterdag, 21 Julie

Monet Van Rooyen

Victor Wyma

Dinike Redgard

Porselein Coetzer

Elize Johl

 

Lys van Vrae

Mag 'n ongetroude man 'n diaken word?

Vraag: Mag ‘n broeder ‘n diaken word, as hy nie getroud is nie?


Antwoord:  Dit is nie vir my duidelik op grond waarvan jy die vraag vra nie.  Ek vermoed egter dat dit ‘n indirekte verwysing is na 1 Timoteus 3:12: ‘n Diaken moet aan sy vrou getrou wees en sy kinders en sy eie huisgesin goed beheer. 

Dan, vermoed ek, loop die argument soos volg: vir ‘n diaken, om aan sy vrou getrou te bly, veronderstel dat hy in die eerste plek ‘n vrou moet hê.  Indien hy nie ‘n vrou het nie, kan hy ook nie ‘n diaken wees nie. (Ek hoop nie ek lê hiermee iets in jou mond nie).

Indien dit die argumentasie-lyn sou wees, geld dit ook vir ouderlinge.  ‘n Ouderling moet onberispelik wees, getrou aan sy vrou, nugter, verstandig... (1 Timoteus 3:2).   Dan sou ons die kringetjie nog nouer moes trek en sê dat slegs mans wat kinders het, mag ‘n ouderling of diaken wees.  In beide gevalle word tog opdragte gegee dat hulle hulle kinders goed moet beheer (1 Tim.3:4,12).

Dit is egter nie wat hierdie Skrifgedeelte wil sê nie, nl. dat ‘n diaken of ouderling eers getroud moet wees om in die amp te dien.  Dit gee praktiese voorskrifte vir iemand wat in die dienste (wil) staan ten opsigte van so iemand se Christelike leefwyse, d.w.s. hoe hulle as Christelike leiers moet optree.  Iemand wat self onchristelik leef (soos die voorbeelde in 1 Timoteus waarteen gewaarsku word), kan tog onmoontlik as geestelike leier ander lei en leer.  Anders, word die boodskap wat jy verkondig, ongeloofwaardig gemaak en kan jy veroorsaak dat baie van die Here afvallig/ ongehoorsaam word  (vgl. Mat.18:1-9)

Dus, wat die tekste wil sê, is: Indien ‘n diaken/ouderling getroud is, moet hy, ook in sy huweliks- en gesinslewe, ‘n Christelike voorbeeld stel en daarmee wys dat hy die Here ook hierin dien.

In elk geval, bepaal iemand se huwelikstatus  nie ‘n mens se geskiktheid as ouderling en diaken nie, en selfs ook nie geslagtelikheid ten opsigte van diakens, volgens GKSA Sinode-besluit (2009) nie,  maar die Here wat iemand roep en stuur (Mat.9:38), gawes en bekwaamheid gee (1 Kor.12:4-11) en so iemand se erns t.o.v. sy/haar Christelike lewenswyse (1 Tim.3).

Skryf gerus weer indien jy verder wil gesels.
 

Charl van Rooy