Taal

Teken In

Verjaarsdae

Sondag, 10 Desember

Leana Meyer

Jeanne Sterianos

Hilmer Backer

Dietmar Engler (74)

Maandag, 11 Desember

Ruan Coetzee

Adele Visser

Heinie Groenewald

Chris Joubert

Ilzé Kotzé

Jan De Kloe

Dinsdag, 12 Desember

Leonie Botha

Jannie Van Der Walt

Sonja Balt

Woensdag, 13 Desember

Thato Semenya

Liz Steyn

Wesley Faver

Donderdag, 14 Desember

Cass Hattingh

Lara Van Rooyen

Mariska Van Niekerk

Vrydag, 15 Desember

Luan Kotze

Erich Holz

Johan Knoester

Warrick Beaumont

Chris Venter

Speek Venter

San De Beer (85)

Saterdag, 16 Desember

Chris Du Plooy

Susan Brink

Sondag, 17 Desember

Hettie Vorster-Viljoen

Nelleke Voogt (73)

Dinsdag, 19 Desember

Elani Van Rooyen

André Marais

Philip Van Wyk

Ila Schutte 

Elfrieda Botha (77)

Gert Hatting (82)

Woensdag, 20 Desember

Abraham Theunissen

Krister Janse Van Rensburg

Antoinette Van Wyk

Donderdag, 21 Desember

Gustav Roux

Anke Kotze

Hendri Van Der Loo

Vrydag, 22 Desember

Esti Beaumont

Hennie Serfontein

Douw Venter (85)

Saterdag, 23 Desember

Magna Malan

Jenny Schramm

Lys van Vrae

Hoe troos ek iemand wat terminaal siek is?

Vraag: Hoe troos ek 'n vriendin wat terminaal kanker het met 3 jong kindertjies? En belangriker, hoe troos en onderskraag mens haar man en kinders? Natuurlik deur die bybel, maar gee asb ook praktiese antwoorde.

Antwoord:
Daar is regtig nie maklike antwoorde op hierdie vraag van jou nie.  Om saam met iemand hierdie pad te stap is op sy beste sleg en moeilik.   Dis egter duidelik dat die Here jou reeds vir haar gegee het as ’n troos en dis deel van my antwoord op jou vraag. 

 

Ek en jy word iets van die troos van die Here, wanneer ons daar is in die moeilikste tye saam te huil, saam te bid, saam te onthou, saam swaar te kry en om wanneer dit nodig is, die Here se waarheid in te praat in hulle lewe wanneer die duiwel kom met sy leuens. 
 

Jy sal sien dat my grooste klem is op die DAAR wees.  Die grooste troos wat die Here kom gee in tye van swaarkry is nie antwoorde nie.   In my eie swaarkry het antwoorde, redes, redenasies min verskil gemaak.   Wat uiteindelik die diepste troos is dat die HERE by ons is in ons swaarkry (Ps 23:4)!  Jesus kom binne ons swaarkrywêreld in.  Hy is God by ons en Hy stap voor ons uit, die dood in en ander kant uit, sodat ons niks alleen hoef te trotseer nie.  Ek is daarvan oortuig dat die Here ons vir mekaar gee vir hierdie rede.  Dis een ding om te glo die Here is by my.  Dis ’n ander ding om dit te beleef in die teenwoordigheid van medegelowiges wat kies om saam met my deur my swaarkry te gaan.
 

Wanneer die tyd reg is sal hulle vrae vra en dan het jy nodig om mooi te luister.  Jou werk is nie om in die eerste plek antwoorde te gee nie.  Vir baie van die vrae is daar nie antwoorde nie.  In elk geval nie antwoorde wat nou vir hulle gaan sin maak nie.  Jou werk is om mooi te luister en om wanneer die tyd reg is te getuig!  Getuig van die hoop wat in jou lewe.  Die hoop van Jesus wat gesterf het en opgestaan het.  Die hoop dat hierdie lewe daarom nie die enigste lewe is nie.  Die hoop dat die God wat Jesus gestuur het, ter wille van Jesus ons Vader is, wat vir ons sal sorg en vir ons kinders sal sorg, selfs al is ons nie daar nie.  Jou getuienis sal eg wees, lewendig, as jy gedurig deur met die Here praat oor hulle situasie en luister na dit wat hy op jou hart kom druk deur sy Woord. 

So, dis al raad wat ek vir jou kan gee.  Jy kan kies om ’n troos te wees vir haar, vir hulle.  Dit gaan baie van jou vat en vra, maar die wonderlike genade van hierdie baie slegte tye waardeur ons saam met mense gaan, is dat ons nooit dieselfde ander kant uitkom nie.  Jy kyk anders na jouself en jou lewe en jy leer die Here soveel beter ken.

So, baie prakties:
• Wees daar. 
• Luister baie meer as wat jy praat.
• Moenie probeer om antwoorde te gee wat jy nie het nie.
• Moenie namens God probeer praat nie.
• Moenie sê, “ek verstaan waardeur jy gaan nie.”  Niemand kan regtig nie. 
• Moenie bang wees om saam te huil nie, maar moenie net huil nie.  
• Vra gerus:  “Waarmee kan ek help?” maar probeer ook prakties dink waarmee jy kan help en stel dit voor:  Kos maak, kinders oppas of oornooi vir speel, of skool toe vat, wasgoed was, huisskoonmaak, bybellees.  Dis alles dinge wat ’n groot verskil maak.
• Bid, bid, bid!
• Hou haar gemeente en predikant op hoogte (indien dit iemand is wat deel is van ’n kerk) sonder om te verwag dat hulle jou plek moet inneem.   Werk eerder saam vir haar beswil.  As jy ’n naby vriendin is, kan jy die predikant en gemeente baie help met hulle ondersteuning.

Baie, baie sterkte met hierdie pad! 
 

Thomas Dreyer