Taal

Teken In

Verjaarsdae

Sondag, 10 Desember

Leana Meyer

Jeanne Sterianos

Hilmer Backer

Dietmar Engler (74)

Maandag, 11 Desember

Ruan Coetzee

Adele Visser

Heinie Groenewald

Chris Joubert

Ilzé Kotzé

Jan De Kloe

Dinsdag, 12 Desember

Leonie Botha

Jannie Van Der Walt

Sonja Balt

Woensdag, 13 Desember

Thato Semenya

Liz Steyn

Wesley Faver

Donderdag, 14 Desember

Cass Hattingh

Lara Van Rooyen

Mariska Van Niekerk

Vrydag, 15 Desember

Luan Kotze

Erich Holz

Johan Knoester

Warrick Beaumont

Chris Venter

Speek Venter

San De Beer (85)

Saterdag, 16 Desember

Chris Du Plooy

Susan Brink

Sondag, 17 Desember

Hettie Vorster-Viljoen

Nelleke Voogt (73)

Dinsdag, 19 Desember

Elani Van Rooyen

André Marais

Philip Van Wyk

Ila Schutte 

Elfrieda Botha (77)

Gert Hatting (82)

Woensdag, 20 Desember

Abraham Theunissen

Krister Janse Van Rensburg

Antoinette Van Wyk

Donderdag, 21 Desember

Gustav Roux

Anke Kotze

Hendri Van Der Loo

Vrydag, 22 Desember

Esti Beaumont

Hennie Serfontein

Douw Venter (85)

Saterdag, 23 Desember

Magna Malan

Jenny Schramm

Lys van Vrae

Versoeningsdiens

Vraag:  Ons was by die versoeningsdiens die 16de Desember verlede jaar maar ek is nie seker waarom dit verander het van Gelofte diens na versoenings diens nie.
Dit was wel n goeie boodskap maar die Gelofte was net vinnig afgelees en dit is omtrent al.
Dit kom voor asof ons nie die Gelofte wil herdenk nie, maar hou steeds 'n diens en lees darem die gelofte af?
Versoening is reg en behoort ook deel van die kerk maar die Gelofte dag was spesifiek vir die Gelofte. Ons twyfel tans of ons weer die versoeningsdiens sal bywoon aangesien dit nie juis n boodskap oordra ivm die Gelofte nie.

Antwoord:
Oor die viering van Geloftedag op 16 Desember is daar al vir baie jare kritiese vrae gevra.  Die mees algemenes wat ek al gehoor het, is die volgende (en ek spreek nie ‘n waarde-oordeel hieroor uit nie):
• Is dit geldig dat ‘n groep Voortrekkers by Bloedrivier (waarby nie alle “Afrikaners” van destyds eers teenwoordig was nie) namens ‘n hele volk ‘n gelofte aan die Here kan doen en dan die “Afrikanervolk” daaraan gebonde kan hou, terwyl baie Afrikaners nie bloedverwant (fisiese nageslag) aan die Voortrekkers is nie. (vgl. die volgende aanhaling uit die gelofte: en dat ons ook aan ons kinders sal sê dat hulle met ons daarin moet deel tot nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte).
• Mense het dikwels beleef dat die Geloftefees-vieringe skeefgetrek (lees: verpolitiseer) is om te verkondig dat die Here per definisie aan die kant van die Afrikanervolk staan, wat natuurlik Bybels totaal onwaar is .
• En dan veral sedert 1994 toe die “nuwe” Suid Afrika aangebreek het, was die vraag: in dit billik om in SA ‘n publieke vakansiedag te vier waarvan ‘n groot deel van die bevolking uitgesluit is, trouens waarvan ‘n volk (die Zoeloes) die verslane vyand was.  In die lig hiervan het die kommissie van die staat wat voorstelle oor openbare vakansiedae moes maak, voorgestel dat dit as Versoeningsdag gevier moet word.  Die voorstel het by almal (sover ek weet) byval gevind, ook omdat versoening (ten regte) hoog op die agenda van oud-president Mandela en sy regering was.
Ek is van mening dat Versoeningsdag ‘n goeie “ruimte” bied waarbinne almal in Suid Afrika tuis kan voel, op voorwaarde dat dit nie weer na die ander kant toe verpolitiseer word, in die sin dat die “Slag van Bloedrivier” op 16 Desember 1838 voorgestel word as een van die sg. gruweldade van die Afrikaner se geskiedenis, nie.
Ek as Afrikaansprekende Christen in Suid Afrika, voel my lotsverbonde aan die Voortrekkers, nie omdat ek meen dat hulle (destyds) vir my vryheid of voortbestaan geveg het nie, maar omdat ek glo dat die Here dit beskik het dat hier aan die Suidpunt van Afrika ‘n volk ontstaan en gegroei het – wat Hom ken en wat met die gelofte op ‘n manier wou seker maak dat hulle nageslag ook hierdie God sal ken en eer.
Ek persoonlik vier Versoeningsdag, waarby die Gelofte ‘n besliste plek inneem, omdat ek God wil dank en eer vir die wonder wat Hy destyds by Bloedrivier gedoen.  Sonder om die “reg” of “verkeerd” van die oorlog te debatteer, bly dit ‘n wonder wat God gedoen het as antwoord op baie kinderlik-gelowige gebede.  Ek bedoel, stel jou voor: hier was net ongeveer 470 Voortrekkers, wat biddend hulle lewens en toekoms aan die Here toevertrou (omdat hulle met reg deel van Suid Afrika wil wees) teenoor ongeveer 10 000 Zoeloes.
Hiermee saam bied Versoeningsdag vir my die geleentheid om van versoening te vertel en te preek – nie in die sin van ‘n humanistiese (mensgemaakte) vrede nie, maar om te vertel van die God wat in Jesus Christus gekom het om versoening te bring tussen Hom en alle mense (wat in Hom glo), deur sy lewe te offer aan die kruis.  Wat my betref, is dit die boodskap wat alle mense in SA nodig het en wat ware versoening in ons land gaan bring.
Dus, vier gerus Versoeningsdag – om die versoening van die God wat by Bloedrivier opgetree het, vir alle mense toe te bid en daarvoor jouself in te span.  Dit is hoe Hy uiteindelik vereer sal  word,  “want die eer van Sy naam sal verheerlik word deur die roem en die eer van oorwinning aan hom te gee” (aanhaling uit die gelofte)

Ds.Charl van Rooy