Taal

Teken In

Verjaarsdae

Sondag, 10 Desember

Leana Meyer

Jeanne Sterianos

Hilmer Backer

Dietmar Engler (74)

Maandag, 11 Desember

Ruan Coetzee

Adele Visser

Heinie Groenewald

Chris Joubert

Ilzé Kotzé

Jan De Kloe

Dinsdag, 12 Desember

Leonie Botha

Jannie Van Der Walt

Sonja Balt

Woensdag, 13 Desember

Thato Semenya

Liz Steyn

Wesley Faver

Donderdag, 14 Desember

Cass Hattingh

Lara Van Rooyen

Mariska Van Niekerk

Vrydag, 15 Desember

Luan Kotze

Erich Holz

Johan Knoester

Warrick Beaumont

Chris Venter

Speek Venter

San De Beer (85)

Saterdag, 16 Desember

Chris Du Plooy

Susan Brink

Sondag, 17 Desember

Hettie Vorster-Viljoen

Nelleke Voogt (73)

Dinsdag, 19 Desember

Elani Van Rooyen

André Marais

Philip Van Wyk

Ila Schutte 

Elfrieda Botha (77)

Gert Hatting (82)

Woensdag, 20 Desember

Abraham Theunissen

Krister Janse Van Rensburg

Antoinette Van Wyk

Donderdag, 21 Desember

Gustav Roux

Anke Kotze

Hendri Van Der Loo

Vrydag, 22 Desember

Esti Beaumont

Hennie Serfontein

Douw Venter (85)

Saterdag, 23 Desember

Magna Malan

Jenny Schramm

Saambly sonder om te beplan om te trou

Vraag: Ek en my ou gaan nou al presies vandag 2 jaar en 1 maand uit. Ek bly ook vandag presies 1 jaar en 4 maande saam met hom. Ek is 27 en hy is 25 jaar oud. Ek is baie lief vir hom en hoop elke dag dat hy die vraag wil vra maar dit voel elke dag net al hoe meer of hy nie met my wil die verdere pad wil stap en trou nie. Dit voel asof hy net saam wil wees en nooit trou. Ek weet dat hy vir my lief is maar trou is nie ter sprake. As ek hom daarom vra sê hy net "raak rustig". My eintlike vraag is: hoe weet mens wanneer iemand werklik met jou wil trou of net maat wil hê vir altyd en nie trou?

Antwoord: Voor ek antwoord wil ek net bevestig dat my hart saam joune seerkry.   Dis nie ’n lekker situasie om in te wees nie.  Swaarkry gebeur wanneer dit wat ons graag wou hê en dit wat ons beleef nie bymekaar uitkom nie.  Ek moet egter met jou reguit wees en sê wat ek glo Jesus vir jou wil sê uit sy Woord, so lees asseblief die antwoord met dit ingedagte (die korte en die lange!) 

Kort antwoord:

Jy weet iemand wil werklik met jou trou as hy jou vra om te trou en as hy, uit oortuiging dat Jesus hom daarvoor roep, bereid is om voor getuies te belowe dat hy jou sal lief hê, al weet hy jy’s vol foute en dat jy dus nooit sy liefde sal kan verdien nie.   Dit is die hart van die Christelike huwelik soos God dit ingestel het.  

Die probleem is dat hierdie instelling iets van ons vra wat lynreg teen ons natuurlike selfsugtige harte ingaan.   My selfsugtige hart gaan altyd maak dat ek probeer om die meeste uitset te kry te kry vir die minste inset.   Dit is presies wat ’n saambly verhouding doen.  Dit pas mans se sondige harte op ’n manier die beste omdat hulle min of meer alles kry wat hulle behoeftes bevredig sonder dat hulle gevra word om te “commit” soos God dit wil (iets waarvoor ’n man in sy wese baie bang is omdat hy so bang is vir mislukking).  ’n Saambly verhouding is vir ’n meisie iets wat sy toelaat in die hoop dat haar diepste behoefte bevredig gaan word.  Dis ’n behoefte aan verhoudingsekuriteit, d.w.s iemand wat haar sien soos sy werklik is en nie weghardloop nie, wat haar laat veilig voel om haarself te wees.  Hoe langer so ’n verhouding hou, hoe kleiner is die kans dat die man ooit gaan “commit” en hoe groter word die meisie se onsekerheid en dus haar behoefte aan so ’n “commitment”.  Haar onsekerheid en ontevredenheid en groeiende behoefte plaas druk op die man gewoonlik maak dat hy net nog meer wegskram.   ’n Saambly verhouding is dus in sy wese selfsugtig en teen die Here se plan vir ’n goeie, intieme, liefdesverhouding. 

Dit beteken nie alles is verlore nie.   Hy is vol genade!   Jy en jou ou het egter nodig om by Jesus uit te kom sodat Hy julle kan verseker van sy liefde vir julle en dat Hy vir julle die krag sal gee om sy pad te stap, waarop dit ook al uitloop.  Hy kan en wil julle selfsugtige harte kom verander en daarin lê julle grooste vryheid.  

Op hierdie stadium is dit egter net jy wat nog daaroor dink, so hier’s wat ek aanbeveel:   Om Jesus se veranderende liefde en krag te beleef het jy nodig om voor Hom te bely dat jy(julle) nie sy pad gestap het met die verhouding nie en jy moet Hom vra om julle te vergewe.   Jy moet hom vra om julle (jou) die krag te gee om sy pad te stap van nou af.   Dan moet jy jou behoeftes aan ’n publieke wedersydse toewyding aan mekaar (’n huweliksdag en datum) duidelik aan jou ou te kommunikeer en grense te stel.  As hy nie jou hart hoor nie moet jy iemand kry om jou te help om dit aan Hom te kommunikeer.   Jy moet aan hom verduidelik dat jy jouself graag voor die Here aan hom wil toewy vir altyd, al is hy nie sonder foute nie en dat jy dieselfde van hom vra.  Jy moet vir hom sê dat jy oortuig is dat dit die Here se pad is en dat Jesus jou (julle) hiervoor roep en die krag hiervoor sal gee.  As hy tot inkeer kom en die pad saam met jou wil stap, wonderlik.  So nie, moet jy nie ingee nie.   Jy moet die Here eerder gehoorsaam wees en vertrou dat Hy na jou sal kyk selfs al moet julle verhouding tot ’n einde moet kom.    

Ek bid reeds saam met jou! 

Lang antwoord:  

So baie hartseer!!!

Ek het al so baie sulke gesprekke gehad met meisies en elke keer breek my hart vir hulle, soos nou vir jou ook.  Ek’s jammer dat jy dit moet beleef.  Ek gaan dalk verder dinge sê wat jou kan laat voel ek’s een van daai “I told you so”, fariseër tipe mense.  Asseblief moenie dit dink nie.  Ek wil egter reguit en eerlik wees omdat ek glo dat die waarheid (as ’n mens dit ernstig opneem en jou lewe daarvolgens inrig) jou kan vry maak.  Die waarheid is ook nie net ’n stel reëls nie.  Dis Iemand. Dis JESUS!  Ek hoop jy sien en verstaan my antwoord in die lig.  

Die realiteit is: 

Mans en vrouens benader saambly baie anders

Waarom is dit nooit die ou wat kom sê:  “Ek bly nou al so lank saam met haar en sy wil net nie trou nie.”   Sekerlik kry ’n mens uitsonderings maar in my bedieningservaring het dit nog nooit gebeur nie.  Ek weet dat beide partye instem om saam te bly, maar hulle doen dit met soveel verskillende verwagtings.   Die ou sê, as ek saam met haar intrek, sal dit vir haar ’n bewys wees dat ek ernstig is en dan sal ek kry wat ek soek.   Waarna soek hy?  Meeste mense sal sê, “net een ding”, bedoelende seks.  Dis egter nie die kern ding wat hy soek nie.  Hy soek jou bewondering, jou respek, jou erkenning dat hy jou ridder op die wit perd is en dat jy oë het vir geen ander man nie.   Niks bevestig dit egter meer vir hom as julle seksuele intimiteit nie en as julle saambly en jy bevredig op hierdie intieme manier sy behoeftes, kry hy wat hy wil hê uit die verhouding.   Daar is dus niks wat hom druk om te trou nie.  Wat gaan verander as julle trou?  Volgens hom niks nie. 

Vir jou is dit baie anders omdat jy anders aan mekaar gesit is.  Jy’t ingetrek by hom met die gedagte:  Ek wil spesiaal voel, veilig voel!  Ek wil sekerheid hê dat hy vir my lief is en dat hy vir my wil hê, dat ek sy prinses is.  Julle seksuele en emosionele intimiteit bevestig in die begin dat jy kan veilig voel, maar dit hou nie.   Diep in jou hart het jy die heeltyd die saambly gesien as net die eerste stap na jou eintlike doel.  Jy’t gereken:   As hy bereid is om saam met my te bly, is dit net ’n kwessie van tyd voor hy vir altyd op my “commit” en my vra om te trou.   
 
So, hoe langer julle saam bly, hoe dieper word jou behoefte aan daardie ekstra sekuriteit.  Elke stukkie spanning in julle verhouding druk dit meer op jou hart:  “Ek soek ’n “commitment”.  Wat as hy my net eendag los?”  Jy probeer dus die ding meer en meer in ’n rigting druk.   Vir hom is dit die teenoorgestelde.  Hoe langer julle saambly, hoe minder sien hy die noodsaak om te trou.  Elke keer as daar uitdagings kom in julle verhouding, wanneer daar spanning is, oorheers sy vrees vir mislukking hom en begin hy wonder in sy gedagtes of julle enigsins moet trou:  “Is ons regtig reg vir mekaar?  Dalk moet ons dit net nog ’n tydjie gee en kyk hoe dinge gaan.” 

Dalk maak ek dit baie eenvoudiger as wat julle situasie is.  Ek wil nie maak of ek julle ken nie want ek ken julle nie!  Ek het dit net al soveel keer gesien en soveel keer al saam met jongmense gehuil omdat hulle stukkend anderkant uitstap.   Dis baie soortgelyk aan ’n egskeiding, maar op ’n manier erger omdat daar nie regtig wetgewing is wat jou beskerm teen finansiële onregverdigheid nie en omdat almal om jou reken:  julle was darem nie getroud nie, so kom oor dit! 

Hier’s egter

die harde werklikheid oor saambly verhoudings, bevestig deur statistiek:      

• ’n Gemiddelde saamwoonverhouding hou 16 maande.
• Uit 100 paartjies, breek 40 op voor hulle trou.
• Van die 60 wat trou, skei 35 later.
• Net 19 persent van die mans en 26 persent van die vroue trou uiteindelik met die een saam met wie hulle gewoon het.
• Persone wat saamgewoon het, is drie keer meer geneig om buite-egtelike verhoudings aan te knoop nadat hulle getroud is.  Dit sê iets oor vertroue nie waar nie?
• ’n Vrou het ’n 62 keer groter kans om aangerand te word deur die man saam met wie sy woon, as ’n vrou wat getroud is.
• Die voorkoms van depressie is drie maal hoër by vroue wat saamwoon as getroude vroue.

[http://www.lig.co.za/artikel_detail_argief.asp?aid=91]

Dink nou bietjie saam met my.   As ek weet ’n spesifieke pad hier in die stad het ’n baie hoë risiko vir kapings, dan vermy ek daai pad.  Dis net logies.  Nog ’n voorbeeld:  Ek spring nie by hoë goeters af nie, of ten minste nie sonder ’n rek aan my voete nie.  Waarom nie?  Want ek glo in gravitasiekrag.  Dis ’n wet wat ons nie sommer so oortree nie.   As dit by verhoudings kom, volg ons nie dieselfde logika nie!   Ek, wat Thomas is, het op die harde manier geleer dat daar, net soos die wet van gravitasie, ook verhoudingswette is, wat die Skepper van verhoudings in geskape het in verhoudings in, net soos Hy gravitasiekrag in die fisiese wêreld ingeskape het.  

Hier is van

die Here se basiese beginsels vir ’n verhouding wat uitloop op die tipe intimiteit waarna ons regtig opsoek is:    
 
• 18) Verder het die Here God gesê: “Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom iemand maak wat hom kan help, sy gelyke.” (Gen 2:18)
• 22) Wie ’n vrou kry, vind geluk en geniet die goedheid van die Here (Spr 18:22)
• 24) Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees wees. (Gen 2:24; Mat 19:5; Mark 10:7; Ef 5:31).
• 4) Hy het hulle geantwoord: “Het julle nie gelees dat die Skepper hulle van die begin af man en vrou gemaak het nie? 5) Daarby het Hy gesê: ‘Daarom sal ’n man sy vader en moeder verlaat en saam met sy vrou lewe en hulle twee sal een wees.’ 6Hulle is dus nie meer twee nie, maar een. Wat God dan saamgevoeg het, mag ’n mens nie skei nie.”
• 7) Vroue van Jerusalem, ek smeek julle en ek roep die ribbokke en die takbokke in die veld tot getuie: moenie die liefde wakker maak en aanvuur voor die tyd daarvoor ryp is nie (Hooglied 2:7; 3:5). 

Goeie verklaarders is dit eens dat die beginsel hieruit duidelik is:  God gee (roep) mense vir mekaar sodat hulle ware intimiteit kan beleef tot eer van sy Naam.  Ware intimiteit, “een vlees word”, (fisisies, geestelik en emosioneel) hoort tuis binne en is die gevolg van ’n wedersydse belofte van onvoorwaardelike trou tussen jou en jou lewensmaat in die teenwoordigheid van getuies.  Dis ’n belofte wat nie gebreek mag word nie!  Hierdie belofte teenoor mekaar, kan sy ontstaan hê in gevoelens en emosies (verliefdheid) maar dit kan nie in die finale plek die gevolg wees van gevoelens en emosies nie.  Dis moet veel eerder ’n reaksie van gehoorsaamheid wees aan God wat julle vir mekaar gee het en julle daarvan bewus gemaak het dat Hy hulle vir hierdie verhouding roep. 

Dit is die raamwerk vir God se verhoudingsplan.   Hoe moet dit binne hierdie verhoudings werk? 

• 21) Wees uit eerbied vir Christus aan mekaar onderdanig.  22) Vrouens, wees aan julle mans onderdanig, net soos julle aan die Here onderdanig is. 25) Mans, julle moet julle vrouens liefhê soos Christus die kerk liefgehad en sy lewe daarvoor afgelê het (Ef 5).  
• Aangesien julle die troos in Christus ondervind het, die aansporing deur die liefde, die gemeenskap deur die Gees, die innige meegevoel en meelewing—2) maak dan nou my blydskap volkome deur eensgesind te wees: een in liefde, een van hart, een in strewe. 3) Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. 4) Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander. 5Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was . . . (Fil 2).

Dit kom neer op die volgende:  In hierdie verhouding waarvoor God my geroep het, maak ek myself as man of as vrou onderdanig aan die een vir wie die Here my gee (roep).  Ek doen niks meer uitselfsug of eersug nie, dus nie in die eerste plek om al my behoeftes te bevredig nie, maar om die ander persoon, in lyn met God se wil soos Hy dit in sy Woord openbaar, dien.  

Dis God se basiese reëls vir ’n verhoudings.  

Daar’s natuurlik baie ander skrifgedeeltes wat ons sou kon gebruik om dit te bevestig en hierop uit te brei.  Die punt is, as ek en jy hierby hou, sal ons beleef wat Adam en Eva beleef het:  25Hulle twee, die mens en sy vrou, was kaal, maar hulle was nie skaam nie. 

Kaal sonder om skaam te wees!   En dit gaan oor soveel meer as fisiese kaal wees.   Jy kan jou natuurlike skaam wees vir fisies kaal wees kunsmatig oorwin deur jou oor te gee aan jou seksuele begeertes.  Wat moeiliker is, is om ons emosionele en geestelike skaam wees te oorwin.  Om regtig 100% eerlik oor myself te wees voor iemand anders; om hom of haar al my lelikste dele te laat sien is nie so maklik nie want ek is bang hy of sy hardloop weg en ek sien hulle nooit weer nie.  Ek’s bang vir verwerping! 

Die huwelik is juis so ontwerp dat dit vir my die geleentheid gee om my hart en siel stukkie vir stukkie voor my huweliksmaat kan oop maak.  Ek kan, want hy of sy het ’n belofte voor en eintlik teenoor God af gelê dat hy/sy oortuig is dat God hom/haar geroep het om vir my lief te wees selfs al verdien ek nie jou liefde nie.  Ek kan dus verseker weet hy/sy sal nie ophou om vir my lief te wees en weghardloop nie selfs al sien hy/sy al my gebreke en al die lelike dinge in my hart.   Ek het die heeltyd die sekerheid dat God hom of haar verantwoordbaar sal hou en dat Hy hom/haar die krag sal gee om vir my so onvoorwaardelik lief te wees.  Dis die krag van ’n ware Christelike huwelik!  

Kan jy sien dat saambly iets totaal anders as dit is!   Saambly sê in sy wese, ek sal kyk of dit werk vir my en as dit vir my werk, as ek vir jou genoeg is en jy vir my, sal ek bly.  Dis die teenoorgestelde van die Here se plan.  
 
Ja, ’n handtekening op papier doen dit ook nie outomaties nie, so baie mense wat deur die trou ritueel gaan mis ook uit op ’n ware huwelik.   Hulle teken die kontrak maar hulle gaan met die selfde selfsugtige gesinheid in die huwelik in.   Dit is inderdaad niks beter as ’n saambly verhouding nie.  Om die uiterlike vorm te hou, beteken nie jou hart is by die Here en jy volg sy beginsels uit oortuiging nie.   Daarom help dit niks.   Om egter net die vorm weg te gooi omdat dit op die oog af lyk asof dit nie werk nie, is ook dom.  Wat ons nodig het is om weer die Here se bedoelde inhoud te gee aan die vorm, die instelling wat Hy ontwerp het. 

Dis egter makliker gesê as gedaan.  Dis nie so eenvoudig soos:  Volg net sy reëls nie.   Daar is nie net ’n wantroue by ons oor sy reëls nie maar ook ’n onwilligheid en ’n onvermoë om daarby te hou.   Daarom het

ek en jy meer nodig as die Here se beginsels én die uiterlike vorm van die huwelik (die teken van ’n kontrak voor getuies)!  Ons het ’n Verlosser nodig wat ons selfsugtige harte kom verander! 

Dis eintlik reeds duidelik sigbaar in ons skrifgedeeltes:   Julle moet niks uit selfsug of eersug doen nie; die een moet die ander een hoër ag as homself; julle moenie net elkeen aan sy eie belange ding nie.  Hoe kry sondige selfsugtige mense dit reg? Aangesien julle die troos in Christus ondervind het, die aansporing deur die liefde, die gemeenskap deur die Gees, die innige meegevoel en meelewing (Fil 2:1-4) kan julle dit doen!  Dit is Paulus se argument.  Hy bevestig dit in Efesiërs:  Wees uit eerbied vir CHRISTUS aan mekaar onderdanig (Ef 5:21).   

Al hoe my selfsugtige hart kan verander as ek direk gekonfronteer word met sy onselfsugtige daad van liefde aan die kruis.   Hy’t homself gegee om my weer syne te maak.   Op grond van Jesus se selfopoffering kan God my vergewe en weer in ’n verhouding met my staan en deur hierdie verhouding en die Heilige Gees se werk in my kan ek verander om Hom weer te gehoorsaam en lief te hê bo alles.  As ek op Hom en dit wat Hy vir my kom doen het bly fokus, kan ek uit eerbied vir Hom aan God en aan my huweliksmaat onderdanig wees, kan ek in nederigheid sy of haar belange hoor ag as my eie, kan ek stry om ding nie meer uit selfsug of eersug te doen nie.   Ek het immers sy liefde, so ek hoef nie meer ding te doen om jou liefde te kry nie, nee ek kan jou liefhê vanuit sy liefde vir my.   Ek het Hom by my, sy meegevoel en meelewing, so ek doen nie meer enige iets, net om nie alleen te wees nie.   Dis baie keer wat aanleiding gee tot saambly verhoudings.  Ek weet in my hart dis nie wat Hy wil nie, maar my behoefte om nie alleen op te eindig nie, maak dat ek kompromieë aangaan.   Ek vertrou hom dus nie! 

Voor Hy my nie hiervan kom verlos nie gaan selfsug my verhoudings altyd oorheers.   My selfsugtige hart gaan altyd maak dat ek probeer om die meeste uitset te kry te kry vir die minste insette.   Ek gaan altyd heel eerste in my eie belang optree.  As saambly lyk asof dit vir my kan gee wat ek nodig het, gaan ek daardie roete volg.  Ek bly immers eerder saam as wat ek op die rak opeindig, is baie meisies se redenasie.   Ouens se weer, ek bly eerder saam as wat ek met ’n mislukte huwelik sit.  Sien jy die selfsug hierin.  

Die hartseer is dat dit nooit regtig vir ons gee wat ons ons so graag wil hê nie!   Inteendeel.  Dis ’n resep om te kry wat jy nie wou gehad het nie:  ’n Mislukte verhouding, ’n baie erg gebreekte hart. 

God se plan daarteenoor is vol belofte van dit waarna ons smag:  Ware intimiteit, ware “een vlees word”.   Opgesom werk dit so:  Ek beleef onverdiende liefde in Jesus wanneer ek my my selfsug en opstandigheid voor Hom bely.   Ek beleef sy liefde, sy nabyheid, gemeenskap met Hom deur die Heilige Gees.  Dit kom verander my hart om my belange oor te gee in sy hande en aan Hom gehoorsaam te wees.  Dit maak my iemand wat die persoon waarvoor die Here my roep, onverdienstelik kan lief te hê.  Ek’s nie bang om teenoor hom of haar, voor ’n klomp getuies te “commit” en my hand op papier te sit nie want ek weet die Here het my daarvoor geroep en sal my die krag gee om dit te doen.   Omdat ek die Here vertrou, settle ek ook nie meer vir iemand wat nie Hom volg nie.   Ek “commit” net op iemand wat ek weet ook die Here se pad.  Iemand wat ook so teenoor my wil “commit” uit gehoorsaamheid aan die Here.   So skep ons wedersydse publieke toewyding aan mekaar (ons huwelik voor getuies) ’n veilige ruimte waarbinne ons al twee oor tyd, meer en meer eerlik kan wees, minder en minder voorgee en dus nader en nader aan mekaar kom – ons kan hoe langer hoe meer kaal wees sonder om skaam te wees.  Ons fisiese kaal wees word ’n viering van ons geestelike en emosionele kaalwees en ons beleef ware intimiteit met mekaar en saam met die Here.  

As dit is waarna jy opsoek is dit die pad wat jy moet stap!  

Hoe kom ek weer op sy pad? 

Ek hoop jy vra dit! 

Jy en jou ou het nodig om by Jesus uit te kom sodat Hy julle kan verseker van sy liefde vir julle en dat Hy vir julle die krag sal gee om sy pad te stap, waarop dit ook al uitloop.  Hy kan en wil julle selfsugtige harte kom verander en daarin lê julle grooste vryheid.  

Aangesien dit op hierdie stadium egter net jy is wat so daaroor dink, beveel ek die volgende aan:   Om Jesus se veranderende liefde en krag te beleef het jy nodig om voor Hom te bely dat jy (julle) nie sy pad gestap het met die verhouding nie en jy moet Hom vra om julle te vergewe.   Jy moet hom vra om julle (jou) die krag te gee om sy pad te stap van nou af.   Dan moet jy jou behoeftes aan ’n publieke wedersydse toewyding aan mekaar (’n huweliksdag en datum) duidelik aan jou ou te kommunikeer en grense te stel.  As hy nie jou hart hoor nie moet jy iemand kry om jou te help om dit aan Hom te kommunikeer.   Jy moet aan hom verduidelik dat jy jouself graag voor die Here aan hom wil toewy vir altyd, al is hy nie sonder foute nie en dat jy dieselfde van hom vra.  Jy moet vir hom sê dat jy oortuig is dat dit die Here se pad is en dat Jesus jou (julle) hiervoor roep en die krag hiervoor sal gee.  As hy tot inkeer kom en die pad saam met jou wil stap, wonderlik.  So nie, moet jy nie ingee nie.   Jy moet die Here eerder gehoorsaam wees en vertrou dat Hy na jou sal kyk selfs al moet julle verhouding tot ’n einde moet kom.    

Jy gaan ondersteuning nodig hê van iemand wat vir Jesus ken.   Soek ’n goeie vriend of vriendin of vra jou predikant.  Jy’s welkom om ook vir my te kontak!

Ek bid vir jou, vir julle en julle verhouding! 

Thomas Dreyer
 

Waarom volg ons Eksodus se wette maar nie Levitikus s'n nie?

Vraag: Ek gee "Bible Education" vir Graad 7s in 'n privaatskool. En terwyl ek baie lief is daarvoor, vra die kinders somtyds vir my vrae wat baie moeilik is vir my om direk te antwoord. Een kind steek eendag haar hand op en vra:
Hoekom moet ons die wette in Eksodus volg, maar die wette in Levitikus (wat kronologies na Eksodus verskyn) hoef ons nie meer te volg nie?
Hoe hard ek ook daaran gedink het, kon ek nie dadelik aan haar 'n antwoord gee nie.

Antwoord:
Kinders kan ’n mens nogal vasvra!  Hulle het ’n manier om oor goed te dink en te wonder wat net nooit by ons op kom nie.  Dis egter so wonderlik as ons hulle toelaat, want ek dink die Here wil ons so in mekaar se lewens gebruik.  Dankie dat jy dit dus nie net ignoreer of afmaak as kinderdinge nie! 
Dis natuurlik ’n onderwerp waaroor ons lank kan gesels maar die basiese antwoord is dat ons moet onderskei tussen Moreel-etiese wette, Eietydse -sosiale en - politieke wetgewing en seremoniële wette.  Dus drie tipes wette.   As ons mooi dink kry ons dit vandag nog!  
Ek som dit op aan die einde so as jy haastig is, lees net die opsomming.   As jy tyd het, lees die meer breedvoerige verduideliking oor die drie tipes wetgewing:


Moreel-etiese wette
Ons kry dit reg deur die Bybel en dit word vir ons baie mooi saamgevat in die 10 gebooie.   Dit bly onveranderd en altyd geldend.   Dis hoe ons glo God wil hê ons moet die lewe leef waarvoor Hy ons geskape het.   Dit gee orde aan ’n samelewing en skep ’n omgewing waarin lewe kan gebeur.  
Dit is dus nie korrek om te sê dat ons Eksodus se wette volg, maar nie Levitikus se wette nie.   Ons volg God se volledige moreel-etiese wet soos Hy dit deur die ganse Bybel openbaar, omdat Hy dit van ons vra.  

Die moreel-etiese Wet van God word wel baie mooi saamgevat word in Eksodus 20 en Deuternomium 5.  Dit word egter byvoorbeeld reg deur die Ou Testament aangehaal en toegepas en Dit word ook in die Nuwe Testament beklemtoon deur al die skrywers maar veral deur Jesus.  Jesus bring ook ’n sekere diepte punt aan die 10 gebooie.  Lees gerus die bergrede in Matteus 5-7 en spesifiek 5:17-48.  

Eietydse sosiale  en politieke wetgewing
Binne elke bepaalde tyd gaan die moreel-etiese wet van God ook vir ons ly tot verdere eietydse wette.  
Hier’s ’n voorbeeld:  Ons het vandag byvoorbeeld padreëls!   Waarin het dit sy oorsprong?  In die moreel-etiese wet van God wat sê jy mag nie doodslaan nie (6de gebod).  Padreëls is daar om lewens te beskerm.   Ek gehoorsaam dit omdat ek graag my eie lewe en die van ander  wil beskerm.  Ek volg ook nie net met dit my eie kop nie, want ek gehoorsaam ook die 5de gebod wat sê dat ek die mense wat oor my aangestel is sal eerbiedig en gehoorsaam in soverre hulle nie van my iets vra wat teen God se wil is nie. 
Oor 50 jaar van nou af, bestaan karre en paaie dalk nie meer nie (ons almal vlieg of wat ook al), so dan sal wette rondom paaie en padgebruik oorbodig wees en nie meer sin maak in die nuwe tyd nie. 
Baie van die wette wat ons lees in die Ou Testament (Veral in Eksodus en Livitikus) is dus gewoon wette wat voortvloei uit die moreel-etiese wette van God vir daardie spesifieke tyd.  
Ons moet dit nie net weggooi nie, wat ons kan baie leer uit hoe mense God se Wet in ’n sekere tyd toegepas het.   Ons hoef dit egter nie net soos dit daar staan te volg nie, want dit was vir daardie tyd van toepassing.  

Hier’s ’n voorbeeld:  Baie van Israel se reinheidswette (reëls oor hoe om met kos te werk, om nie onrein diere te eet nie, om nie aan ’n lyk te vat nie en wat jy moet doen as jy wel per ongeluk dit gedoen het) het ten doel gehad om lewe te beskerm (6de gebod).   Daar was nie die mediese sorg wat ons vandag het nie, en daarom kon ’n plaag of ’n pes ’n hele volk uitwis as hulle nie versigtig was nie.   Hoef ons dit vandag nog te doen?  Dis steeds goed om jou hande gereeld te was ja, maar ons leef in ’n baie skoner en veiliger omgewing as toe, en daar is baie beter mediese sorg en voorkoming as in daardie tyd. 

Seremoniële wette
Ons vind egter in die Ou Testament nog ’n tipe wetgewing wat ons kan beskryf as seremoniële wette. 
Voorbeelde van seremoniële wette is al die wette oor die offers, hoe die priesters moet aantrek, hoe die tabernakel moet lyk, hoe die volk hulle moet reinig voor hulle God ontmoet, die spesifieke dae wat Israel op spesifieke manier moes hou.  

Luister wat sê Kolossense hieroor vir ons as Nuwe Testamentiese gelowiges:
16)Daarom moet julle nie dat iemand vir julle voorskrywe wat julle moet eet en drink nie aof dat julle die jaarlikse feeste of die nuwemaansfees of die sabbatdag moet vier nie. 17)Dit is alles maar net die skaduwee van wat sou kom; die werklikheid is Christus. (Kol 2:16)
 
Die Skrywer van Hebreërs bevestig dit en bry uit.  Dis ’n langerige gedeelte maar ek sit alles hier want dit verduidelik wat Jesus kom doen het so goed:

10 Die wet van Moses is slegs ’n skadubeeld van die weldade wat sou kom, nie ’n werklike beeld daarvan nie. Voortdurend, jaar na jaar, word dieselfde offers gebring, en tog kan die wet dié wat die offers bring, nooit volkome van sonde vrymaak nie. 2)As dié wat offers bring, eens en vir altyd gereinig en nie meer van sondes bewus was nie, sou hulle immers opgehou het om offers te bring. 3)Maar nou herinner die offers juis jaar na jaar aan die sondes, 4)omdat die bloed van bulle en bokke onmoontlik die sondes kan wegneem.
5)Daarom sê Christus met sy koms in die wêreld:
“Dit is nie diereoffer en graanoffer
wat U wou hê nie,
maar die liggaam wat U
My gegee het.
6)Brandoffers en sondeoffers
het U nie behaag nie!
7)Toe het Ek gesê:
Kyk, Ek het gekom, o God,
om u wil te doen.
In die boekrol is dit
van My geskrywe.” 8)Eers sê Hy: “Diereoffers en graanoffers, brandoffers en sondeoffers wou U nie hê nie en het U nie behaag nie,” hoewel hierdie offers deur die wet voorgeskryf word. 9)Daarna sê Hy: “Kyk, Ek het gekom om u wil te doen.” Hy skaf dus die eerste offers af om ’n ander offer in die plek daarvan te stel. 10)Omdat God dit so wou, is ons vir Hom afgesonder deurdat Jesus Christus sy liggaam as offer gebring het, eens en vir altyd.
11)Verder, elke priester staan dag vir dag sy diens en verrig, en bring elke keer weer dieselfde offers, wat tog nooit die sondes kan wegneem nie. 12)Maar Jesus Christus het één offer vir die sondes gebring en vir altyd aan die regterhand van God gaan sit. 13)Nou wag Hy daar totdat sy vyande aan Hom onderwerp is. 14)Deur die één offer het Hy dié wat vir God afgesonder word, vir altyd volkome van sonde vrygemaak.
15)Ook die Heilige Gees betuig dit aan ons. Eers sê Hy:
16)“Dit is die verbond
wat Ek met hulle
na daardie dae sal sluit,
sê die Here.
Ek sal hulle my wette
in die hart gee,
in hulle verstand
sal Ek dit skrywe.”
17)Dan sê Hy verder:
“Aan hulle sondes
en hulle oortredings
sal Ek nooit meer dink nie.”
18)Waar die sondes vergewe is, is geen offer daarvoor meer nodig nie.

Die seremoniële wette is dus vervul in Jesus en daarom nie meer nodig nie.  Natuurlik is dit goed om dit te bestudeer omdat ek in die seremonies meer kan leer van wat Jesus kom doen het!   Maar die wette self is afgeskaf omdat dit ten doel gehad het om heen te wys na Jesus se koms en dus met sy koms oorbodig geraak het. 
Ek hoop jy volg?  

Ek som op!
Daar is drie tipes wette: 


Moreel-etiese wette: Ons kry dit nie net in Eksodus nie maar reg deur die Bybel en volgens die Bybel altyd geldend.  Eksodus 20 en Deuteronomium 5 gee wel ’n opsomming.
Sosiaal/Politieke eietydse wette:  Baie belangrik, maar eietyds en afgelei uit die Moreel etiese   wette.  Daarom kan ons nie wat vir Israel gegeld het net so  volg nie. 
Seremoniële wette: Dit is heeltemal vervul in Jesus en het daarom verval!

Dis baie belangrik om die Bybel, veral die Ou-Testament met dit ingedagte te lees! 

Sterkte met jou verduideliking!

Thomas Dreyer
 

Hoekom stel God sy oordeel uit?

Vraag: Ons lees in 2 Petrus 3:9 "Die Here stel nie die vervulling van sy belofte uit nie, al dink party mense so. Nee, Hy is geduldig met julle, omdat Hy nie wil hê dat iemand verlore gaan nie: Hy wil hê dat almal hulle moet bekeer." Ek lees toe 'n kommentaar wat reken dat God die mag het om sy vyande te vernietig (waarmee ek saamstem), maar dat Hy dit nie doen nie op grond van sy liefde en geduld. Die kommentaar sê verder dat sy almag dus deur homself "beperk" word (ek sou liewers sê Hy kies om iets nie te doen nie), omdat sy liefde om mense tot bekering te laat kom, Hom daartoe dryf. Kan mens dus hieruit aflei dat die Satan nie vernietig word nie, want as God dit sou doen sal baie mense verlore gaan wat eintlik gered moes wees?

Antwoord: Dankie vir die vraag. Ek dink die preke van die afgelope Sondagoggend (Hier’s wat ek wil maar laat U wil geskied)  en verlede Sondagaand (Gryp vas aan sy GENADE in genade-tyd) sluit baie mooi aan by jou vraag.  Ek kan eintlik net ja antwoord op jou vraag.  Dis beslis die Here se genade en liefde wat maak dat Hy sy regverdige oordeel uitstel, sodat mense van JESUS kan hoor en met geloofshande kan vasgryp aan sy offer aan die kruis.   Openbaring beloof dat die Satan sy straf sal ontvang.  Dit lyk nie asof hy ook aan die einde vernietig sal word nie maar Hy sal vir ewig die gevolge dra van sy keuse om teen God in opstand te kom.   Saam met die Satan sal almal wat nie geglo het nie en dus op grond van hulle dade veroordeel sal word (Openbaring 20:10 en 21:8) ook die gevolge dra van hulle keuses.  

Oor die beperking van God se krag en mag net die volgende.  Ek dink ons kan beslis sê dat Hy dit doen.  Daar is baie voorbeelde:  Hy laat ’n gewone mens (Jakob) met Hom stoei (Gen 32:24-30)!  Wie kan met God stoei en lewe?   Niemand nie.  Dis verseker ’n inperk van sy mag en krag.   Ons sien dit egter die duidelikste in Jesus se lewe en veral met die kruis gebeure.  

Luister hierna:

 3) Judas het toe die afdeling soldate gevat en die wagte in diens van die priesterhoofde en die Fariseërs en hulle het daar aangekom met lanterns en fakkels en wapens. 4Omdat Jesus geweet het van alles wat oor Hom gaan kom, het Hy vorentoe gekom en vir hulle gevra: “Vir wie soek julle?”
5“Jesus van Nasaret,” antwoord hulle Hom.
“Dit is Ek!” sê Hy toe vir hulle.
Judas, sy verraaier, het ook daar by hulle gestaan. 6Toe Jesus dan vir hulle sê: “Dit is Ek!” het hulle teruggedeins en op die grond neergeval (Johannes 18).

Ek bedoel, Jesus praat net en die ouens val agteroor.  Sy woorde is, letterlik:  EK IS!   Dit kom uit Eksodus as God vir Moses sy Naam sê (Eksodus 3:14).  Met ander woorde, Jesus sê: Ek is God!  As Hy dit sê dan is net sy woorde genoeg om die ouens te laat terugdeins en op die grond val.  Maar Hy laat hulle toe om Hom te vang en te kruisig.   Hy word dus swak (die lam) om my en jou te red en dit weer vir my en jou moontlik te maak om in ’n verhouding met Hom te wees. 

Hy sal egter weer terugkom in al sy mag en heerlikheid (as die Leeu) om die lewendes en die dooies, sowel as die duiwel en sy magte finaal te oordeel!   Dit moet dit vir ons ’n saak van groot erns maak om hierdie genade-tyd wat Hy vir ons gee uit te koop, vir niks anders nie as om ’n lewe te leef wat Hom verheerlik en om met woord en daad te getuig van hierdie GENADE in Jesus! 
 

Thomas Dreyer

Wat is die verskil tussen mens se geloofswerke en -dade

Vraag: Wat is die verskil tussen mens se geloofswerke en dade?

Antwoord:

Ek ken nie die agtergrond van jou vraag nie.  Duidelik het iemand vir jou gesê daar is ‘n onderskeid tussen geloofswerke en dade.  Ek sou die persoon se argument moet hoor om dit volledig te kan antwoord. Die Bybel maak egter geen onderskeid tussen geloofswerke en dade nie. Daar is wel verskillende woorde in die Grieks wat gebruik word om ons geloofsreaksie aan te toon, ons werke word bv ook  “vrugte” genoem.  Al onderskeid wat ek in die Bybel raaklees is die onderskeid tussen werke wat ons doen om deur mense gesien te word of vir eie voordeel teenoor werke wat voortvloei uit ons geloof en ons liefde vir God en ons naaste.
Ef. 2:10 – “In Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het.”

Gert Breed

Pornografie vs Masturbasie vs "wet dreams" - wat is die slegste?

Vraag: Ek is al vir baie jare ’n enkel man. Ek was getroud. Ek het voor die huwelik al seks gehad, tydens my huwelik en ook baie jare daarna. Na die huwelik het ek twee jaar lank verhoudings gehad, waarin daar seks was. Nadat ons opgebreek het en wanneer ek alleen was het en lustig geword het, het ek na pornografie gekyk of gelees en gemasturbeer.
Nou het ek opnuut my hart weer aan die Here gegee. Ek het geen vorm van seks nie.
Nou vind ek dat ek dan "wet dreams" het. Daardie drome is dan baie wilder as die pornografie waarna ek gekyk/gelees het.
My vraag is nou is dit erger om na porn te kyk en te mansturbeer waaroor ek beheer het (net wanneer dit onuithoubaar word) of om hierdie erge drome te hê waar ek dan van my saad ontslae te raak
? 
 
Kort antwoord:
 
Dit is baie duidelik dat die Here besig is om met jou te werk en jou nie los nie en dat jy graag vir die Heilige Gees wil luister en doen wat God wil.   Vandaar jou vraag oor wat in die Here se oë die verkeerdste is van die twee dinge!
 
Om egter bloot vir jou te antwoord oor watter een van die twee situasie meer verkeerd is, gaan jou niks help met dit waarna jou hart in werklikheid opsoek is nie.   Die Duiwel kry ons om die leuen te glo dat ons nie sonder seks kan nie.   Hy kry dit reg om seks aan te bied as ’n plaasvervanger vir ons eintlike diepste behoefte:   Intimiteit met God en met mekaar en ons val daarvoor omdat die wêreld om ons hierdie leuen so aangryp en ondersteun.
 
Dis eers wanneer hierdie diep behoefte aan intimiteit bevredig word in ’n herstelde verhouding met my Vader in die hemel en my medegelowiges, dat ek vry kan kom van die leuen.   ’n Herstelde intieme verhouding met God en my medemens word moontlik gemaak, gedra en gevoed deur Jesus se kruisdood en opstanding wat die Heilige Gees deur sy Woord deel maak van my ganse lewe.  
 
Die Gees begelei my in voortgaande proses waarin ek my afgode vernietig deur belydenis en God toelaat om my vol te maak met sy liefde deur die krag van sy Gees. Nie op my eie nie, maar binne gemeenskap met ander dissipels van Jesus wat ek vertrou en wat my help om voortdurend ’n verhouding met Hom te kies.   
 
Lang antwoord:
 
Ek is so dankbaar dat jy die guts het om hierdie vraag te vra. Baie mense leef net met die teenstrydigheid saam en verklaar dit as “dis maar bloot menslik” of nog erger, “manlik”.   So, dankie! Dis ook duidelik dat die Heilige Gees in jou werk. Vandaar die stryd in jou hart en gemoed! Om egter bloot te kies tussen die twee opsies gaan jou nie help nie. Ek gaan probeer om vir jou te verduidelik waarom ek so sê.
 
Ek wil wegspring by ons verstaan van seks en seksualiteit volgens God se openbaring in sy Woord.   Gaan lees ook gerus die vraag oor Jesus en sy seksualiteit wat dalk meer volledig is. Ek gaan dit hier probeer opsom.
 
Hoe dink God oor seks en seksualiteit?
 
Baie mense maak die fout om oor seks en enige seksuele begeertes te dink as vuil en sondig. Dit is egter ’n leuen. God skape ons immers as man en vrou en nie as “dit” nie. Ons is in ons ontwerp, seksuele wesens.  
 
Miskien is dit die beginpunt van die skewe beeld wat die wêreld het oor seks. My seksualiteit begin en eindig nie by die fisiese daad van gemeenskap met iemand anders nie. Dit begin by wie ek is: Man van God of vrou van God, geskape om afsonderlik maar ook saam met mekaar en veral in ons eenheid in die huwelik (emosioneel, geestelik EN fisies) sy beeld volkome uit te straal en uit te leef.   
 
Ek het dus nie “seks” nodig om ’n man te wees nie! Ek is God se man, en as God se man verheerlik ek hom binne my verhouding met iemand van die teenoorgestelde geslag. Ek verheerlik Hom ook deur gemeenskap (seks) te hê met iemand van die teenoorgestelde geslag teenoor wie ek trou beloof het!
 
Luister na hierdie teksgedeelte uit Spreuke 5 in die New International Version (NIV)
 
18     May your fountain be blessed,
and may you rejoice in the wife of your youth.
19     A loving doe, a graceful deer—
may her breasts satisfy you always,
may you ever be captivated by her love.
20     Why be captivated, my son, by an adulteress?
Why embrace the bosom of another man’s wife? 
 
Dis duidelik dat die Here hier gesonde seksuele begeerte en bevrediging tussen ’n man en vrou binne die grense van die huwelik goedkeur en aanmoedig. Hy het dit geskape. Die boek Hooglied is vol bevestiging hiervoor. Lees gerus hoofstuk 7:6-12.
 
Seks is dus baie duidelik nie in God se oë iets vuil waarvan ek my moet weerhou behalwe vir voortplanting nie. Dis iets moois, ’n gawe wat hy aan ons gee om te geniet en waarmee ons Hom moet verheerlik. Daar is dus gesonde, dood natuurlike, Godgegewe seksuele begeertes tussen ’n man en ’n vrou, wat nie sonde is nie. Inteendeel dit kan en sal God verheerlik mits dit bly binne sy grense.
 
God se grense as dit kom by seks en seksualiteit
 
God se grense word baie eenvoudig opgesom in Genesis 2: 
 
24) Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees wees.
 
Hier is God se grense: Seks (fisiese en emosionele een word) is bedoel vir ’n man en ’n vrou (nie vir mense van dieselfde geslag met mekaar nie), binne die veilige ruimte van wedersydse toewyding (huwelik) waarin hulle alles wat tussen hulle kan kom verlaat en mekaar aankleef.  
 
God se doel daarmee en ons diepste begeerte:
 
Die wonderlike gevolg en beloning vir iemand wat hou by God se plan en sy grense sien ons in
Genesis 2:25.
 
25) Hulle twee, die mens en sy vrou, was kaal, maar hulle was nie skaam nie.
 
Dis die gevolg en God se groter plan!   Ware intimiteit.
 
Dit is wat in werklikheid agter al ons seksuele begeertes sit en dit is ook die Here se hele doel met seks: Volkome blootgestel, kwesbaar, oop voor mekaar, kaal sonder om skaam te wees. Dis baie meer as net paring, net ’n fisiese lekkerkry sensasie soos diere!
 
Dit is ’n fisiese belewenis ja, maar ’n fisiese belewenis wat nie van die emosionele intimiteit en onselfsugtige selfopofferende liefdevolle toewyding aan mekaar los gemaak kan word nie.    Inteendeel. As ons kyk na die volgorde in Genesis 2:24 van verlaat, aankleef, “een vlees” word, dan is dit maar die uitvloeisel, die hoogtepunt van ’n hele proses.   Die doel is intimiteit, kaal wees, fisies ja, maar veral emosioneel en geestelik sonder om verwerp te word en dan die viering van daardie intimiteit wanneer jy ook seksueel een word.  
 
Dis God se plan, dis sy hart vir ons seksuele belewenis en hy stel duidelike grense sodat ons dit so kan beleef.
 
Waar loop dinge dan skeef?
 
Dit begin by die sondeval.   Die belangrikste intieme verhouding, die verhouding met God, breek as Adam en Eva verkeerde keuses maak. Onmiddellik kom daar spanning tussen man en vrou. Hulle is kaal en bewus van hulle sonde en tekortkominge en daarom is hulle skaam vir hulleself en vir mekaar.   Weg is die intimiteit waarsonder ons nie kan lewe nie.  
 
Die Duiwel buit natuurlik hierdie situasie uit en onder aanhitsing van die wêreld en ons eie sondige natuur, val ons vir een van sy twee leuens:
 
1)      Seks is vuil, verkeerd, iets wat ons glad nie mag geniet of oor praat of na uitsien nie.    
2)      Seks is ’n bloot natuurlike begeerte en ek moet uiting gee aan my fisiese drange en dit bevredig soos en waar ek wil, met wie ek wil, soveel keer as wat ek wil.
 
Die Duiwel gebruik die menslike tradisie wat ingesluip het in die kerkwêreld om die eerste leuen aan te blaas.   So gebeur dit dan dat gelowiges hulle seksualiteit totaal en al onderdruk. Hulle beleef seksuele drange, maar omdat dit verkeerd is en hulle glad nie die vrymoedigheid het om met hulle ouers of iemand by die kerk daaroor te praat nie, bly hulle vasgevang in skuldgevoellens en verkeerde persepsies.
 
Die Duiwel gebruik die sondige wêreld om die tweede leuen aan te blaas.   Mense word vandag al hoe meer aangemoedig om gewoon uiting te gee aan hulle natuurlike drange en die grense raak al hoe minder en vaer. Seks is gewoon ’n fisiese drang wat jy kan uitleef soos jy wil. Al wat so ’n bietjie ’n perk daarop plaas is die gevaar van seksueel oordraagbare siektes en daarom moet jy dit net veilig doen en verkieslik nie te veel seksuele verhoudings hê nie.
 
Beide hierdie twee leuens is ewe gevaarlik en dit veroorsaak baie seer. Baie gelowiges leef met beide hier leuens saam. Hulle het as gevolg daarvan iets van ’n gesplete persoonlikheid as dit kom by seksualiteit. Hulle veroordeel alle seksuele begeertes met hulle kop en praat glad nie daaroor nie terwyl hulle in die geheim verslaaf is aan pornografie, masturbasie of seks met verskeie mense en glo dat hulle nie daarsonder kan lewe nie.
 
Dit word ’n plaasvervanger vir die eintlike ding waarna hulle smag: Intimiteit. ’n Plek waar ek kan kaal wees sonder om skaam te wees. Waar ek behoort en aanvaar word en liefgehê word net soos ek is.  
 
Terug by jou vraag
 
Kan jy jouself hierin raaksien?  
 
In hierdie situasie gryp ons gewoonlik na ’n wet vir uitkoms. As iemand net vir my kan sê wat is meer of minder verkeerd (in jou geval, pornografie en masturbasie teenoor die fantasie drome) dan voel ek ten minste bietjie minder skuldig as ek die beter tussen twee slegtes kies!
 
Selfs al sou ek vir jou kon antwoord sou dit nog nie jou eintlik probleem oplos nie.  
 
Ek glo met my hele hart (en ek praat as iemand wat vir ’n lank van my lewe in die doolhof van voorhuwelikse seks, pornografie, fantasieë, masturbasie en “wet dreams” vasgevang was) dat Jesus die antwoord is.
 
Hy het nie net gekom om te sterf so dat ek vergifnis kan ontvang vir die kere wat die seksuele betref buite God se grense gegaan het .  
 
Hy het ook opgestaan sodat ek in ’n nuwe verhouding met Hom kan staan en deur Hom met God-drie-enig, waarin my diepste behoefte aan ware intimiteit bevredig word. Hy het kom sterf om vir ons terug te gee waarna ons in werklikheid ten diepste smag: Ware intimiteit met God.
 
Dit kom doen nog ’n wonderlike ding as ek dit kies!   Dit maak intimiteit met my medemens ook moontlik op ’n nuwe vlak. Omdat Jesus kom en my skaamte en skuld dra, kan ek verhoudings met mede dissipels van Jesus aanknoop wat oop en eerlik is. Ek kan weer geestelik en emosioneel kaal by mense wees, sonder om bang en skaam te wees en voel hoe hulle my in my plek van gebrokenheid, van sonde, lief het.   Dit bevestig en versterk my geloof in Jesus se aanvaarding en liefde vir my. So lei dit my weer terug na daardie plek van intimiteit met God en met my medemens wat ons verloor het na die sondeval.
 
Net dit kan my en jou in staat stel om te stry teen ons skeefgetrekte idee dat seks dit waarna ons eintlik opsoek is, kan bevredig. As ek die geveg op daardie punt begin veg, sal my drang om buite God se grense te leef al hoe minder word.   Hy kan my en jou weer by die punt kry waar ons ons seksualiteit uit te leef soos Hy dit beplan het van die begin af.
 
Tim Keller, ’n bekende Amerikaanse teoloog het op ’n keer iets gesê wat so treffend is. Hy’t gesê: Die wêreld van vandag wil ons laat glo dat spiritualiteit, onderdrukte seksualiteit is.   Die Bybel sê totaal en al die teenoorgestelde.   Onbeheerbare seksuele drange is niks anders as onderdrukte spiritualiteit nie.
 
As ek regtig intimiteit met God beleef (D.w.s as ek by Hom kaal kan wees, sonder om skaam te wees); as Hy op ’n diep emosionele vlak vir my kom verseker dat ek die moeite werd is, dat Hy vir my lief is, dat Hy met my tevrede is, dat Hy by my wil wees, dat ek ’n doel het in hierdie lewe; as ek op grond hiervan weer ware emosionele en geestelike intimiteit met my medemens kan beleef waar ek binne in my swakheid en gebrokenheid liefde beleef, sal ek nie op ander plekke, soos onder andere in seks, daarna gaan soek nie.
 
Dit beteken nie ek sal geen seksuele begeertes hê nie. Ek is mens, gemaak om dit te hê en te voel. Maar omdat ek vol word by God en intimiteit beleef by ander mense, sal ek nie meer hierdie normale seksuele begeertes skeef trek en verhef, so asof ek in seks bevrediging vir my behoefte aan intimiteit kan kry, wat ek eintlik net by God kan kry nie.   D.w.s. ek sal in staat kan wees om binne sy grense vir seks te bly want ek soek nie daarin wat ek nie daarin kan kry nie.
 
Anders gestel, Jesus maak vir my ’n deur oop om God weer as die enigste God te erken en by Hom te kry wat net Hy kan gee, eerder as om by afgode valse bevrediging te gaan soek.
 
Dit is al wat my uit die doolhof en vangnette van sondige uitlewing van my seksuele begeertes kon ruk. Dis al wat my persoonlik nou nog help om staande te bly.
 
Jy sal hopelik weet dat die huwelik nie die antwoord is vir skeefgetrekte denke oor seks nie.   As die Here nie jou kom vol maak nie, en as jy nie geestelike en emosionele intimiteit met jou lewensmaat het nie, maak julle mekaar dood met verwagtings in die slaapkamer. Mense begin jy rondkyk en rondloop. Ander hou aan met pornografie en masturbasie, al is hulle getroud en al het julle ’n goeie seks omdat hulle gewoon bly soek na daardie intimiteit wat die fisiese daad van seks nie kan gee nie. Die huwelik help dus nie outomaties daarvoor nie.  
 
Net die Here kan deur sy genade my kom vul en vir my help om “real” te wees, oop en eerlik te wees sonder om skaam te wees en so ware liefde en intimiteit te ontdek. Hy kan en Hy wil. En as hy dit doen, word my intimiteit met my vrou, wat uitloop op fisiese seksuele intimiteit, iets besonders, iets moois, iets heerliks wat God verheerlik en my op ’n baie dieper manier bevredig as net die blote sensasie van ’n orgasme.
 
Dis hoe ek dit beleef en ek wil nooit weer terug gaan na die leegheid van pornografie of masturbasie nie.
 
Wat van “wet dreams”?
 
Drome is gewoonlik die gevolg van beelde waarmee jou brein gevul is deur dit wat jy gesien of gedink het deur jou lewe.  
 
As jy dus probeer om deur middel van selfbeheersing en ’n wet bloot te stop met pornografie en masturbasie, sonder om die dieper emosionele behoefte aan intimiteit wat daar agter lê te aan te spreek, is dit verstaanbaar dat jou onderbewussyn gaan voortgaan om dit op ’n manier te bevredig.   Die behoefte is daar en dit moet aangespreek word. Jou liggaam ken die patroon, die plek waarheen jy normaalweg gaan en nou het jy dit bloot gestop so hy maak planne om dit te kry.
 
Ek het gevind dat die drome, net soos my ernstige begeerte om te masturbeer, dikwels sy kop uitsteek wanneer ek baie spanning beleef het in my werksituasie of in ’n ander situasie, of as ek baie alleen gevoel het, of misluk het in iets of verveeld of moeg was.  
 
Die oomblik toe ek begin het om hierdie emosies en belewenisse te identifiseer en om eerlik in gebed daarmee na die Here toe te draai en na medegelowiges toe het ek iets wonderliks begin beleef. Ek het beleef hoe Hy dit in my kom aanspreek en my vrese besweer; my gevoel van alleenheid kom vul met sy teenwoordigheid; my mislukking vergewe of vir my sy perspektief daarop gee; my verveeldheid kom wegneem het met opgewondenheid oor Hom. Wat wonderlik is as dit gebeur, is dat die begeerte om na daardie verkeerde plek toe te gaan minder en minder raak.   Drome het begin verdwyn. Nie die saadstorting nie, want dis gewoon ’n natuurlike manier om van die oortollige saad ontslae te raak. Maar die erotiese drome het wel verdwyn. Ek kon ook makliker en makliker nee sê vir die beelde wat in my kop opkom omdat ek besef het dis leeg en dis vals in vergelyking met die vreugde en intimiteit met Hom.    
 
Ek het dus ’n ander beeld gekry wat die ou valse beeld vervang het:   Die beeld van ’n God wat vir my lief is en my nooit alleen los nie. Wat my sonde vergewe. Wat op my trots is en naby my wil wees en oor my opgewonde is en ek het begin om meer en meer oor Hom opgewonde te raak.
 
Ek is nog steeds op hierdie pad om meer en meer hiervan te leer. Want glo my, daar is baie ander afgode wat ’n mens ontdek in jou lewe na gelang van tyd, maar dis wonderlik om stukkie vir stukkie daarvan vrygemaak te word.
 
Ek hoop dit help!
 
Ek moet net vir oulaas die volgende beklemtoon: Ons kan hierdie pad nie alleen stap nie. Ons het mekaar en gesonde, begrensde intieme verhoudings nodig met geloof vriende en vriendinne. Die Here het vir ons deel gemaak van sy liggaam. Ons belewenis van Hom bly beperk as ons dit buite sy liggaam om probeer doen.
 
Ek is om die rede voortdurend betrokke by ’n program vir mense wat sukkel met verhoudings en met seksuele gebrokenheid genaamd, Living Waters.   As jy sou belang stel kontak my gerus hieroor. Daar is jaarliks ’n kursus wat Gereformeerde Kerke van Randburg en Linden saam aanbied. Ek wil jou aanmoedig om dit sterk te oorweeg om die kursus wat volgende jaar Mei maand weer begin, te doen.
 
Skryf intussentyd gerus weer terug en vra nog vrae as iets onduideliks is. Ek weet dis ’n mond vol!!!
 
Thomas Dreyer