Taal

Teken In

Verjaarsdae

Sondag, 10 Desember

Leana Meyer

Jeanne Sterianos

Hilmer Backer

Dietmar Engler (74)

Maandag, 11 Desember

Ruan Coetzee

Adele Visser

Heinie Groenewald

Chris Joubert

Ilzé Kotzé

Jan De Kloe

Dinsdag, 12 Desember

Leonie Botha

Jannie Van Der Walt

Sonja Balt

Woensdag, 13 Desember

Thato Semenya

Liz Steyn

Wesley Faver

Donderdag, 14 Desember

Cass Hattingh

Lara Van Rooyen

Mariska Van Niekerk

Vrydag, 15 Desember

Luan Kotze

Erich Holz

Johan Knoester

Warrick Beaumont

Chris Venter

Speek Venter

San De Beer (85)

Saterdag, 16 Desember

Chris Du Plooy

Susan Brink

Sondag, 17 Desember

Hettie Vorster-Viljoen

Nelleke Voogt (73)

Dinsdag, 19 Desember

Elani Van Rooyen

André Marais

Philip Van Wyk

Ila Schutte 

Elfrieda Botha (77)

Gert Hatting (82)

Woensdag, 20 Desember

Abraham Theunissen

Krister Janse Van Rensburg

Antoinette Van Wyk

Donderdag, 21 Desember

Gustav Roux

Anke Kotze

Hendri Van Der Loo

Vrydag, 22 Desember

Esti Beaumont

Hennie Serfontein

Douw Venter (85)

Saterdag, 23 Desember

Magna Malan

Jenny Schramm

Wanneer is die regte tyd om iemand te vra om te trou?

Vraag : Ek het hierdie great girl ontmoet en als wat ons saam doen is great en als gaan goed. Het klaar my mind op gemaak dat ek met haar wil trou. My vraag is hoe weet ek wander is die regte tyd om haar te vra om met my te trou?

Antwoord:
Ek het ook so lank gevat om te antwoord dat jy by die tyd al die groot vraag gevra het!   Daarom wil ek ook nie te lank vat om te antwoord nie en ook nie ’n te lang antwoord gee nie. 
Hoop ook ek interpreteer jou vraag reg.    As ek dit nie doen nie en jy wou dalk net geweet het, oor ’n naweek of in die week, winter of somer, of so iets prakties, dan vra ek om verskoning. 
Ek dink ’n mens is reg om iemand te vra om te trou as jy oortuig is in jou hart dat
die Here jou roep
om jouself vir die res van jou lewe aan daardie persoon te verbind,
terwyl jy weet dat sy nie volmaak nie is nie, d.w.s dat sy ’n sondaar is! 
 
So, as jy bereid is om iemand lief te hê soos Jesus jou lief het, is jy op die regte plek in jou kop en hart. Jesus het ons natuurlik ook met ’n “gevoelsliefde” lief, maar dis nie die grond, die basis van sy liefde vir ons nie. Hy het ons lief met ’n liefde wat vir ons gee wat ons nodig het, wanneer ons dit die minste verdien. En ek is reg om iemand te vra om te trou as ek bereid is onder leiding van die Heilige Gees, deur sy krag en op grond van Jesus se liefde vir my, vir daardie iemand so te gaan lief wees. 
 
Hoe weet ek of ek vir iemand so lief is? Dit vat ongelukkig tyd, want ek het nodig om ook saam met haar tye te beleef wat sleg is.   Tye waar sy my teleurstel en waar die blinde liefde, of soos ons dit ken, “verliefdheid”, ’n bietjie afkoel.   Dis eers dan wat ek regtig eerlik kan sê of ek glo die Here roep my om myself vir haar te gee.  
 
Dit gee my ook kans om seker te maak dat sy dieselfde in haar hart voel oor my. Dat sy bereid is om my met meer as ’n “verlief” liefde lief te hê, maar met ’n roepingsliefde.   Ek moet ook seker wees dat sy bereid is om vir my te gee wat ek nodig het, wanneer ek dit nie verdien nie.   Sy kan dit natuurlik net doen as sy in die eerste plek haar genade by so by Jesus kry dat hy haar gaan kan krag gee om selfopofferend, vir my in my sondigheid en onvolmaaktheid, lief te wees. So weereens het ek tyd nodig om te sien of sy in so ’n verhouding met Jesus leef.
 
Wanneer ek rustigheid het hieroor, is enige tyd die regte tyd om te vra. Dan sal ek haar ook al goed genoeg ken om dit spesiaal te maak sodat sy regtig voel soos die prinses van my hart.
 
Ek hoop dit antwoord jou vraag?
 
Skryf weer
 
Ds Thomas Dreyer
 
 
 
 
 
 
 

Wat is die Gereformeerde Kerk se standpunt oor orgaanskenking?

Vraag : Wat is die Gereformeerde Kerk se standpunt oor orgaanskenking?

Antwoord:

Orgaanskenking gee nuwe lewe

Dit kan gebeur dat een vanjou organe, byvoorbeeld jouhart, niere, lewer of longeom een of ander rede nie meer voldoendefunksioneer nie – wat spoedigtot jou dood kan lei. Om jou lewete red, kan jy ’n orgaan van ’n ander persoon ontvang wat in jou oorgeplantword. Op dié wyse word jou lewe gered en so word relatief gesonde lewensjare vir jou toegevoeg. Daar is sprake van ’n skenker en ’n ontvanger.
Die skenker kan ’nlewende persoon wees, waar ’nouer byvoorbeeld sy/haar nier vir ’n siek kind skenk, of die skenker kan ’n oorlede persoon wees wat ’n orgaan vir ’n siek persoon skenk.

Op die webwerf van die Orgaanskenker Stigting van Suid-Afrika lees ons van ’n pasiënt met die naam Marguerite Oelofse (www.odf.org.za) Marguerite het ’n hartsiekte bekend as restriktiewe kardiomiopatie onder lede gehad. Dit is ’n toestand waarin die hartwande só verhard dat dit nie
voldoende kan rek nie, en gevolglik kan die hart nie genoegsaam met bloed vul nie. Die implikasie is dat die bloed nie toereikend deur die liggaam sirkuleer nie.

Die lewenskwaliteit van Marguerite was intens beperk, omdat sy elke dag verskriklik moeg en kort van asem was. Sy het ook buitengewoon baie gehoes. Ongeveer 70% van alle pasiënte sterf binne vyf jaar nadat die simptome begin, wat beteken dat sulke pasiënte nie ’n lang lewensverwagting
het nie.

Op 17-jarige ouderdom het Marguerite ’n skenkerhart ontvang wat sonder twyfel haar lewenskwaliteit dramaties herstel het, en so ook aan haar ’n (bykans) normale lewensverwagting
gegee het.

Orgaanskenking – Skrifmatig

“Vra julle voortdurend af of iets vir die Here aanneemlik is ...” skryf Paulus in Efesiërs 5:10. Die vraag is dus of die praktyk van orgaanskenking en ontvangs tot eer van die Here is.
Wie na Skrifgedeeltes soek wat direk oor orgaanskenking handel, soek tevergeefs. Die Bybel ken nie so iets soos orgaanskenking as etiese probleem nie. Hoe kan ons die Skrif dan gebruik? Die volgende onderskeiding kan help: ’n Saak is Skriftuurlik wanneer dit direk in die Skrif bespreek en besleg word (bv. die huwelik in Matt 19:3-9; Ef 5:21-32), maar dit is Skrifmatig wanneer dit nie direk nie, of in die geheel nie, in die Skrif ter sprake kom, maar tog korreleer met die gees en rigting van die Skrif (bv. kloning, orgaanskenking ens.). Ons wil in hierdie gesprek probeer bepaal of orgaanskenking Skrifmatig is.

Genesing as opdrag

Aan die begin van hierdie gesprek is dit belangrik om te noem dat daar groot konsensus binne die Christelike milieu oor die morele aanvaarbaarheid van orgaanskenking (en –ontvangs) bestaan. In die uitvoering van orgaanskenking gaan dit ten diepste om ’n siek mens aan die lewe te hou,
sy lyding te beperk, en só te help dat ’n persoon sinvol verder mag lewe. Daarom kan ons sê dat orgaanskenking inpas by die Bybelse (indirekte) opdrag tot genesing.Hierdie opdrag vind ten diepste sy stukrag en voorbeeld in Christus.  God openbaar sy wil aan ons deur Christus (Heb 1:1) in Wie se voetspore ons moet volg (1 Pet 2:21). Wat sê God vir ons deur Christus oor siekte?

Christus het sonde nie net aan die kruis kom bestry nie, maar ook die gevolge van die sonde, naamlik siekte. Op aarde roep Christus die kerk tot genesing van mense, en dit waartoe Hy ons opgeroep het, het Hyself ook gedoen.

• Ons vind Jesus se oproep tot genesing in die gelykenis van die barmhartige Samaritaan (Luk 10:30-37). In die gelykenis definieer Christus naasteliefde (vs 27) as die innige jammer-kry (vs 33) van halfdood mense (vs 30) deur hulle tot beterskap en gesondheid te help (vs 34-35). Hierdie gelykenis dien as motivering en roeping om te genees.

• Wat die demonstrering betref, moet dit die gelowige opval dat Christus siek mense genees en dooies opwek, en dit vorm ’n integrale en wesenlike deel van sy werk op aarde. So word byvoorbeeld gevind dat Christus die skoonmoeder van Petrus van koors genees (Luk 4:49), gestremde mense (Mark 2; Joh 5) en doofheid (Mark 7:5) genees, en vir Lasarus (Joh 11:33) uit die dood opwek. Christus gebruik selfs iets van sy liggaam, naamlik spoeg, om mense te genees (Joh 9:6). ’n Mens kan aan die feit dat Christus mense gesond maak die vrymoedigheid en
reg ontleen om siekte te probeer genees deur orgaanskenking.

’n Daad van liefde

Genesing deur Christus kan nie anders verstaan word nie as die beoefening van liefde (Matt 14:14). In laasgenoemde Skrifgedeelte bind Christus genesing en liefde kragtig saam. Om te genees, is in werklikheid ’n vorm van naasteliefde. Christelike liefde is nie op jouself gerig nie, maar op die ander mens en sy besondere nood (1 Kor 13). Die liefde dring jou selfs
om die mens in nood te help (2 Kor 5:14).

As dit liefde is om jou lewe vir jou naaste te gee (Rom 5:7; 1 Joh 3:16), dan is dit seker nie verkeerd nie – geredeneer van die meerdere na die mindere – om tydens jou lewe of ná jou dood ’n orgaan vir jou naaste te skenk nie. Die skending van die liggaam Wanneer die reg en verkeerd van orgaanskenking bespreek word, word ook gereeld gevra of die praktyk nie die skending van die liggaam beteken nie. Wanneer daar slegs na die liggaam van die skenker gekyk word, kan
daar sekerlik van skending gepraat word. Tog moet ook na die groterkonteks van hierdie handeling gekyk word. Die groter konteks is dat hier van liefde teenoor ’n (siek) mens sprake is, waarin die ander mens besonderlik verryk word deur moontlik sy/haar lewe te spaar of te verbeter. Hier
is nie sprake van ’n roekelose omgaan met die liggaam nie.

Dieselfde geld ook vir die lewende skenker. Die risiko is relatief klein, terwyl die beskadiging van die liggaam minimaal is. As die verminking van die liggaam so ’n oortuigende argument is, dan sal die gelowige ook teen alle ingrepe moet wees, soos byvoorbeeld die verwydering van die appendiks of enige ander orgaan wat die gesondheid van die liggaam bedreig.

Selfs ’n inspuiting sou as verkeerd beskou kon word. Dit moet ook ingedagte gehou word dat die dooie skenker se liggaam ná skenking begrawe word.

Eerbied vir die liggaam

Gelowiges stel die vraag of die uithaal van organe uit die afgestorwe mens nie ’n oneerbiedige omgaan met die menslike liggaam is nie. Sommige gelowiges meen dat die liggaam gebruik kan word omdat dit in elk geval in die graf ontbind en vergaan. Tog meen ons dat hierdie argument
nie heeltemal geldig is nie, want die waarde van die liggaam word nie gevind in dit wat ná die dood gebeur nie, maar in die feit dat die liggaam ook die beeld van God is.

Die mens is geskape na die beeld van God (Gen 1:27), wat aan die mens ’n baie hoë etiese waarde toeken (Openb 4:11). Laasgenoemde hou in dat gelowiges alle mense eerbiedwaardig of menswaardig moet behandel. Dieselfde geld ook vir die menslike liggaam ná die dood. Daarom
is Christus, wat die beeld van God is (Kol 1:15), se liggaam met soveel respek behandel (Joh 19:40).Tog hoef die verantwoordelike uithaal van organe met die oog op skenking nie as ’n onrespekvolle hantering van die liggaam gesien te word nie. Respek vir die liggam en die uithaal van organe kan selfs saamval. Só word gevind dat Jakob en Josef gebalsem is (Gen 50:2, 26), wat beteken dat volgens die praktyk van daardie tyd die ingewande verwyder is.

Die opstanding van die liggaam

Sommige gelowiges meen weer dat orgaanskenking en die ontvang daarvan die opstandingsliggaam op een of ander manier in gedrang bring. Dit is nie duidelik wat met hierdie beswaar bedoel word nie. Miskien is lidmate bang dat liggaamsdele sal “ontbreek” by die opstanding. Tog kan
ons met groot bldskap erken dat die ontbreking van liggaamsdele geen invloed op die herskepping van ons liggame het nie. God maak ons liggame (en siel) weer nuut (Fil 3:21; 1 Kor 15:44). Selfs die see, ná totale disintegrasie van die liggaam, sal sy dooies teruggee (Openb 22:13).
Bid vir die dood van ’n ander Party lidmate het probleme met orgaanskenking, omdat hulle meen
dat die persoon wat bid vir ’n geskikte orgaan, implisiet vir die dood van ’n mens bid. As hierdie argument waar is, dan sou meer mense aan hierdie oortreding skuldig wees.
Sou dit verkeerd van ’n begrafnisondernemer wees om vir sy daaglikse brood te bid? ’n Mens sou
kon vra of die potensiële ontvanger van ’n orgaan en die begrafnisondernemer vir die dood van ’n medemens
bid.

Sou dit nie meer waar en korrekwees nie om te sê dat ’n potensiële ontvanger eerder bid dat, waar iemand in byvoorbeeld ’n motorongeluk sterf, daardie persoon hom/haarself as ’n skenker aangedui het?

Te veel hartseer
Ander gelowiges voel weer dat die vreugdevolle ontvangs van ’n orgaan met te veel hartseer gepaardgaan. Hoe kan iets reg wees waareen familie soveel hartseer by die dood van hulle geliefde ervaar? Inderdaad kom hierdie smartlike,teenstellige gebeure in ons sondige
en ontwrigte wêreld voor. Ook die Bybel erken dat daar ’n tyd vir lag en ’n tyd vir huil is, en soms val hierdie twee sake met mekaar saam (Pred 3 en 4). Hierdie argument kan nie regtig gebruik word om orgaanskenking mee af te wys nie.

Skenk jou organe

In die lig van bogenoemde gesprek kan met groot sekerheid beweer word dat orgaanskenking
Skrifmatig is. Dit is ’n handeling wat met die gees en rigting van die Skrif korreleer, en daarom kan ons dit as aanneemlik vir die Here beskou. Ons kan selfs lidmate oproep om
orgaanskenking te oorweeg, omdat dit werklik ’n groot en onbeskryflike verskil in ernstige siek mense se lewens kan maak.

 

Riaan Rheeder

Is daar 'n wegraping?

Vraag: Wat gebeur tydens die wegraping indien daar wél een is?

Antwoord: Die Wegraping – berus op foutiewe afleidings van die eksegese van 1 Tessalonisense 4:16-17 - die ontmoeting met Jesus in die lug

Hierdie is sekerlik die belangrikste teksgedeelte vir die idee van die wegraping, en die een waaruit dit oorspronklik afgelei is.  (
Die Griekse woord "harpazo" in 4:17, vertaal in Latyn met "rapere", word "snatching away" of "rapture" in Engels).  Hier begin die misverstand. 
Wanneer Paulus hierdie woorde aan die Tessalonisense skryf, is sy doel nie om daarmee ʼn nuwe idee oor die Wederkoms aan hulle oor te dra nie (sy ander briewe verkondig immers nie ʼn wegrapingsteorie nie), maar om ʼn vraag te beantwoord wat hulle oor die Wederkoms gehad het. 
Die Tessalonisense was duidelik bekommerd oor wat met gelowiges wat reeds dood is, gaan gebeur wanneer die Wederkoms plaasvind (4:13, 18). 
Paulus troos hulle so: hierdie oorlede gelowiges gaan eerste opgewek word, en daarna gaan hulle saam met dié wat nog lewe, die Here tegemoet om vir altyd by Hom te wees.  Hul geliefdes wat reeds dood is, sal dus wel tot die lewe opgewek word (4:14) en sal gevolglik niks agterstaan ten opsigte van dié wat nog lewe met die Wederkoms nie (4:15). 
Binne sy argument dat die dooies opgewek gaan word en dus ingesluit is by die herontmoeting met die Here, gebruik Paulus die Griekse woord harpazo (4:17) - hulle gaan "weggeruk" word om Hom te gaan ontmoet. 
Waarskynlik wil Paulus met hierdie woord maar net beklemtoon dat die moment waarop die gelowiges met Christus herenig gaan word, oombliklik en gevolglik ook beslissend en finaal gaan wees. 
Kyk gerus ook na 1 Korintiërs 15:52 waar hy soortgelyke klem lê daarop dat dit “skielik in ‘n oogwink” sal gebeur. Die "wegruk"-aksie" op sigself is glad nie belangrik vir die punt wat hy wil maak nie.  Om dit tot prominensie te verhef, is gevolglik om die teks te forseer om iets te sê wat dit nie bedoel nie.
Paulus verkondig dus nie hier die idee dat die kerk weggeraap gaan word en dat alle ongelowiges agtergelaat gaan word vir ʼn tydperk van intense swaarkry nie, maar eenvoudig net die opwekking van die dooies en die hereniging van alle gelowiges met Christus op die dag van die Wederkoms, dié wat nog lewe en dié wat reeds gesterf het.  Die wegrapingsleer se gedagte van ʼn geheime koms van Christus (ongemerk deur die ongelowiges) word ook deur hierdie gedeelte self weerspreek, deur die driedubbele bevestiging dat sy koms luid aangekondig gaan word (deur sy eie "bevel", "die stem van die aartsengel" en die "trompet", 4:16; vgl. Johannes 5:28-29).  Almal sal weet wanneer die Here terugkeer! 
Die "ontmoeting in die lug" is nie eers in die onmiddellike konteks (1 Tessalonisense 4:13-18), belangrik vir die argument waarmee Paulus besig is nie, en is dus eintlik maar ʼn terloopse opmerking!  Gevolglik behoort dit nie ʼn sleutelteks gemaak te word, vanwaar ʼn hele (wederkoms-) idee uitgebou word nie.
Lees asseblief ook die pragtige uiteensetting van Ds Dirk Venter van die NG Kerk Meyerspark by www.bybelkennis.co.za waar die saak uitvoering en myns insiens baie goed bespreek word.
Ds. Peet van den Berg

Wat sal met die ongelowiges se liggame gebeur met die wederkoms?

Vraag: Dr. Gert het in die dagstukkie van 17 Desember gekyk na 1 Kor. 15 : 52, 53 : By die laaste trompet sal dit in 'n oomblik, in 'n oogknip gebeur, want die trompet sal weerklink, en die dooies sal as onverganklikes opgewek wek, en ons sal verander word. Hierdie verganklike liggaam moet met die onverganklike beklee word, en hierdie liggaam met die onsterflike.
In die verklaring noem hy : "Dan ontvang ons almal (gelowiges) nuwe liggame.
My vraag is of die Bybel enigiets noem van wat met die liggame van ongelowiges gebeur, m.a.w. sal hulle ook met 'n onverganklike liggaam beklee word, wat (uiteraard) nie 'n verheerlikte liggaam sou kon wees nie.
Paulus praat in sy teks van "ons" sal verander word. Ek veronderstel dat dit na gelowiges verwys wat ek ook uit die antwoord van Dr. Gert opmaak.

 Antwoord:
Dit is so dat die Bybel nêrens direk praat oor wat met die ongelowiges se liggame gebeur by die opstanding nie. Ons kan egter sekere dinge aflei. 
Kom ons kyk eers na 1 Kor 15:51-57:
51 Kyk, ek deel julle ‘n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word, 52 in ‘n oomblik, in ‘n oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word. 53 Want hierdie verganklike moet met onverganklikheid beklee word, en hierdie sterflike moet met onsterflikheid beklee word. 54 En wanneer hierdie verganklike met onverganklikheid beklee is en hierdie sterflike met onsterflikheid beklee is, dan sal vervul word die woord wat geskrywe is: Die dood is verslind in die oorwinning. 55 Dood, waar is jou angel? Doderyk, waar is jou oorwinning? 56 Die angel van die dood is die sonde, en die krag van die sonde is die wet. 57 Maar God sy dank, wat ons die oorwinning gee deur onse Here Jesus Christus.
 
Hy sê dat die gelowiges verander sal word met die wederkoms van Christus. Die wat reeds gesterf het sal opstaan uit die dood en saam met die wat dan nog lewe in ‘n oomblik verander van verganklik na onverganklik. Van sondig (vleeslik) na heilig (geestelik). Hierdie verandering vind plaas omdat Christus die oorwinning oor die dood behaal het. Hy het die sonde betaal, die sonde was die angel van die dood wat ons die ewige dood sou laat sterf. Soos ‘n mens die angel van ‘n skerpioen kan verwyder en hom skadeloos maak, so kan die dood ons nou geen skade aandoen nie. Die ongelowiges deel egter nie in die oorwinning van Christus nie en daarom sal hierdie verandering nie in hulle plaasvind nie. Inteendeel hulle sterf die ewige dood. Wat hierdie dood beteken lees ons in 2 Tessalonisense 1:6-9:
….en aan julle lyding en ons s’n sal Hy ‘n einde maak wanneer die Here Jesus met sy magtige engele in ‘n vuurvlam uit die hemel verskyn. Dan sal Hy die mense straf wat nie vir God ken nie en die wat die evangelie van ons Here Jesus nie gehoorsaam nie. Die ewige verdoemenis sal hulle straf wees, altyd geban uit die teenwoordigheid van die Here en van sy wonderbaarlike mag.
In Markus 9:42-48 waarsku ons Here dat ons radikaal moet breek met die sonde anders beland ons in die plek waar die wurm nie doodgaan nie en die vuur nie geblus word nie. Dit is die teenoorgestelde van die verlossing van die dood wat die gelowiges beleef, hierdie is besig om voortdurend te sterf tot in ewigheid sal hulle die gevolge van die sonde naamlik die dood dra, weg van God en weg van sy genadige versorging.
 
Dit is dus duidelik dat die ongelowiges nie ‘n verheerlikte liggaam wat van die dood ontsnap het ontvang nie, juis die teendeel. Daar is egter ook nie vir hulle verlossing in die sin dat hulle liggame vergaan en hulle so aan die wurm en die vuur kan ontsnap nie.
 
Dr. Gert Breed

Kan diskriminasie t.w.v. regstellende aksie uit die Bybel geregverdig word?

Vraag: Daar word soms in preek uitlegte verwys na regstellende aksie (affirmative action) as ‘n beleid wat lidmate moontlik nadelig kan raak en gesien kan word as onregverdige diskriminasie teen blankes. Help asseblief met die vertolking van byvoorbeeld die gelykenis van die verlore seun (Lukas 16 (sic) en ook die verlore skaap. Dit blyk uit die gelykenisse dat as daar abnormale omstandighede geheers het, dan mag daar “gediskrimineer” word ten einde regstelling te verseker. Die pa van die verlore seun laat fees vier oor sy seun wat terug is en die oudste broer beleef dit as diskriminasie. Die pa glo hy het rede om sy verlore seun te bederf. So ook met die verlore skaap waarin die skaapwagter sy 99 skape net so in die veld laat (Luk. 15:4) om na een te soek. Dus is die 99 nou “onversorg” en kry afskeepbehandeling maar abnormal omstandighede noodsaak die skaapwagter om so op te tree.
Is dit verkeerd om beginsels in die gelykenisse te sien wat daarop dui dat hulle wat “verlore” was geregtig is op spesiale behandeling. Te meer dan as regstellende aksie gedoen word teenoor bevolkingsgroepe wat geen sê gehad het in die diskriminasie teen hulle en dit ook nie eers oor hulleself gebring het nie, soos die verlore seun nie?

 
Antwoord:
Voordat ons na die Skrifgedeeltes waarna in die vraag verwys word, kyk, is dit nodig om “regstellende aksie” te definieer. Onder regstellende aksie word gewoonlik verstaan dat gemeenskappe wat verontreg was deur ‘n polities-gestruktureerde model, van owerheidsweë gekompenseer behoort te word – nie net in terme van materiële goed (bv. grond) nie, maar ook in terme van regte en geleenthede in die werkplek (en selfs wyer as die werkplek). Dit gaan dus oor kompenserende geregtigheid teenoor die indiwidue wat voorheen benadeel is. Regstellende aksie het in die Suid Afrikaanse konteks aktueel geword vanweë die apartheidsbeleid waardeur teen swart mense gediskrimineer was oor ‘n tydperk van 4 dekades.
 
In die lig van bogenoemde sou Lukas 15 (gelykenisse van die “verlore seun en die verlore skaap”) nie heeltemal as prinsipiële begronding en regverdiging hiervoor gebruik kan word, om die volgende redes:
1.      Dit is nie die pa (owerheid) in die gelykenis wat onreg teenoor sy seun(s) (jongste en oudste) gepleeg het nie. Die jongste seun sou eerder blameer kon word dat hy “onreg” teen sy pa gedoen het. Teen alle gebruike in vra (eis) hy, uit eie (selfsugtige redes), voortydig van sy pa sy erfporsie en draai dan sy rug op sy ouerhuis. Die jongste seun is dus van geen regte en geleenthede ontneem deur sy pa nie.
2.      Ook die oudste seun is geen regte en geleenthede ontneem in sy pa se huis nie, hoewel hy sy pa se optrede teenoor die jongste seun (wat terug gekom het) as diskriminerend beleef. Vgl. die pa se antwoord op die oudste seun se reaksie: “Kind, jy is altyd by my, en alles wat ek het, is ook joune” (vs.31).
3.      Ten opsigte van die “verlore skaap” is daar geen onreg gepleeg nie – die skaap het doodgewoon weggeraak en die herder het hom gaan soek en is baie bly dat hy hom gevind het.
4.      Lukas 15 (gelykenisse van die “verlore” skaap, muntstuk en seuns) wil eerder die boodskap van vreugde uitdruk as een wat verlore geraak het, weer teruggevind word. Soos teoloë mooi hieroor geskryf het: dit gaan nie oor die verlorenes nie, maar oor die vergewende liefde van die pa (ons hemelse Vader) en die hemelse vreugde as een teruggevind word. 
5.      Die meeste wat hieruit afgelei kan word, is dat die Vader aan almal gelyke behandeling gee – ook aan dié wat “weggeraak” het.
 
Met dit hierbo gesê, beteken dit nie dat daar nie Bybelse gronde vir regstellende aksie bestaan nie. Ons moet egter in ander Skrifgedeeltes daarvoor gaan soek. Die volgende begronding en regverdiging hiervoor kan ons in die Bybel vind:
1.      Die jubeljaar in Lev.25:10 ev. Elke vyftigste jaar het die Here as ‘n hersteljaar gereël. Dan moet daar ‘n algehele afskrywing van skuld plaasvind, elke Israeliet moet sy grond, wat as gevolg van skuld (of politieke strukture) van hom vervreem is, terugkry en na sy familie teruggaan. Die basiese veronderstelling daaragter was dat alles eintlik aan God behoort (Ps.124:1), en dat geen mens (“people”) permanente reg op besit het nie. Met hierdie reëling beklemtoon God dat Hy ‘n genadige God is en dat ‘n geloofsverhouding met Hom en mens-tot-mens-verhouding hoër waarde het as persoonlike besit. Die onmenslike mag van skuld en veral besitloosheid moet hier plek maak vir die liefde van God en sy versorging van elke mens, om aan elkeen ‘n menswaardige bestaan te gee. Sodoende is voorkom dat een deel van die bevolking al meer rykdom ophoop en ‘n ander deel van die bevolking weens verarming ondergaan. Hierdie veronderstelling behoort mense wat negatief deur regstellende aksie geraak word baie troos te gee. .
 
2.      ‘n Tweede begronding is die “kultuur-opdrag” in Gen.1:26,28. Elke mens is na die beeld van God geskape en het die opdrag om op ‘n verantwoordelike en regverdige wyse die Here se aarde te bewerk, op te bou en daaroor te heers. Dit veronderstel dat niemand van die geleenthede daarvoor uitgesluit mag word nie – allermins deur ‘n politieke model. Vgl. ook Prediker 5:18: “God gee aan ‘n mens rykdom en besittings en hom dit laat geniet. God laat hom sy deel ontvang en sy werk met vreugde doen”. Die beteken sekerlik nie dat mense wat nie geleenthede (werk) het nie (om welke rede ookal), nou maar gelate en tevrede moet wees as sou die Here dit nie vir hulle gun nie. Prediker wil bloot sê dat dit wat mens het en (kan) doen deur die Here gegee is. Die veronderstelling hieragter is dat elke mens die geleentheid tot besittings en werk behoort te hê. 
 
3.      ‘n Kernbeginsel waarna gevra moet word, is of daar in ‘n samelewing reg aan die armes geskied? Vgl. die gelykenis van die weduwee (sosiaal gemarginaliseer) en die onregverdige regter in Lukas 18:1-9 en veral haar eis: “Doen aan my reg in my saak teen my teenparty”. Selfs die “onregverdige regter” het reg aan haar laat doen (al was sy motiewe nie baie suiwer nie). Die onregmatige wyse waarop Isebel (en Agab) vanuit hulle magsposisie die wingerd van Nabot gevat het (1 Kon.21) en die Here se straf daarop, wys inderdaad hoe ernstig onreg teenoor armes (weerloses) in sy oë is.
 
4.      ‘n Nog duideliker begronding vir regstellende aksie vind ons in Luk.19:8, toe Saggeus, die tollenaar wat sy besigheid (en rykdom) op onreg gebou het, bereid is om die helfte van sy besittings vir die armes te gee en waar hy iets van iemand afgepers (gesteel) het, bereid is om dit vierdubbel terug te gee – na sy ontmoeting met Jesus.
 
 
Daar is teoloë wat, op grond hiervan, ‘n etiek van vergelding (wat onderskei moet word van wraak) bepleit, wat natuurlik vergewing insluit. Daar kan geen sprake van vergewing wees sonder vergelding (restitusie) nie. Dit is duidelik ‘n verset teen goedkoop genade (“ek is so jammer oor die onreg wat jou aangedoen is”, maar ek doen niks om dit reg te stel nie) en behoort deur Christene ondersteun te word. Dit roep egter ander vrae op, soos bv., hoe gemaak met onreg wat uit onkunde en selfs onwil begaan is (vgl. dienspligtiges en die polisie wat onwillig, maar verplig was deur die owerheid om die apartheids-ideologie te beskerm)? Wat van onreg wat nooit weer reggestel kan word nie? Wat van die oproep (in Mat.18:21-35) om onbeperk en onvoorwaardelik te vergewe? Staan hulle wat nie bereid is om so te vergewe nie, nie ook onder die oordeel van God nie? Is die oorsaak van vergifnis geleë in vergoeding en vergelding of in berou en skuldbelydenis? Het God ons nie vergewe sonder enige vergelding nie, alleen maar op grond van Christus se soenverdienste?
 
Daar is ook nog ander vrae wat gevra moet word ten opsigte van “regstellende aksie”, soos bv. sal regstellende aksie nie die konsep van meriete laat verdwyn nie? Sal dit nie produktiwiteit en standaarde verlaag nie? Sal dit nie prestasie ondermyn nie? Sal kwalifikasies geignoreer word? Is dit nie ‘n vorm van omgekeerde diskriminasie nie? Is alle blankes skuldig (hoewel bevoordeel) en alle nie-blankes onskuldig? Sal dit nie die menswaardigheid van swart mense aantas, veral waar iemand nie vir sy werk/posisie opgewasse is nie? Waar is die beginpunt en eindpunt van regstellende aksie? Wat van swartes wat na 1994 gebore is en nie deel gehad het aan die benadeling van die vorige beleid nie? Terloops, die berekening is dat blankes (in 1992) reeds al 32% van hulle persoonlike inkomste aan die fiskus opoffer om herverdeling moontlik te maak. Dit beteken dat die gemiddelde blanke byna vier maande van die jaar vir sy medemens en staat werk – by die boonste inkomstegroepe is dit ses maande.
 
Al bogenoemde vrae (en opmerkings) wil maar net sê dat “regstellende aksie” in praktyk baie omsigtig en verantwoordelik toegepas moet word. ‘n Etikus (Van der Merwe) het ‘n aantal kriteria hiervoor saamgestel (waarvan ek enkeles lys):
·        Dit moet nie in ‘n ideologie ontaard nie
·        Dit moet gepaard gaan met ‘n mentaliteitsverandering tussen wit en swart
·        Dit moet nie ten koste van meriete, kwalifikasie, produktiwiteit en standaarde deurgevoer word nie
·        Dit moet mense nie hulle morele waardigheid ontneem nie
·        Dit moet gepaard gaan met opvoedings- en opleidingsprogramme wat self-help as oplossing beklemtoon
·        Dit moet ‘n gekontroleerde en tydelike proses wees
·        Dit moet voorkeur behandeling beperk tot gelyk-gekwalifiseerde kandidate
·        Dit moet bydra tot die vestiging van ‘n gemeenskaplike waardesisteem (siening van die materiële, arbeidsetiek ens.)
 
Regstellende geregtigheid in SA is, moreel gesien, geoorloof en noodsaaklik. Dit moet egter só toegepas word dat dit die samelewing reinig, opbou en stimuleer, en nie vernietig nie.
 
(Erkenning word gegee aan Etiek en Eksistensie deur J.H. van Wyk, 2001, p.451-455).
 
Ds. Charl van Rooy