Taal

Teken In

Verjaarsdae

Sondag, 10 Desember

Leana Meyer

Jeanne Sterianos

Hilmer Backer

Dietmar Engler (74)

Maandag, 11 Desember

Ruan Coetzee

Adele Visser

Heinie Groenewald

Chris Joubert

Ilzé Kotzé

Jan De Kloe

Dinsdag, 12 Desember

Leonie Botha

Jannie Van Der Walt

Sonja Balt

Woensdag, 13 Desember

Thato Semenya

Liz Steyn

Wesley Faver

Donderdag, 14 Desember

Cass Hattingh

Lara Van Rooyen

Mariska Van Niekerk

Vrydag, 15 Desember

Luan Kotze

Erich Holz

Johan Knoester

Warrick Beaumont

Chris Venter

Speek Venter

San De Beer (85)

Saterdag, 16 Desember

Chris Du Plooy

Susan Brink

Sondag, 17 Desember

Hettie Vorster-Viljoen

Nelleke Voogt (73)

Dinsdag, 19 Desember

Elani Van Rooyen

André Marais

Philip Van Wyk

Ila Schutte 

Elfrieda Botha (77)

Gert Hatting (82)

Woensdag, 20 Desember

Abraham Theunissen

Krister Janse Van Rensburg

Antoinette Van Wyk

Donderdag, 21 Desember

Gustav Roux

Anke Kotze

Hendri Van Der Loo

Vrydag, 22 Desember

Esti Beaumont

Hennie Serfontein

Douw Venter (85)

Saterdag, 23 Desember

Magna Malan

Jenny Schramm

“die seuns van God” in Genesis 6

Vraag:  Die bespreking oor “die seuns van God” in Genesis 6 het ontwikkel in ʼn aantal forums wat ek besoek het.  Die meerderheid beskou hulle as engele wat uit die hemel neergedaal het, en kinders by mense gehad het.  Sommige sê dit was die engele wat satan gevolg het.  Wat is die gereformeerde perspektief hierop? 

Antwoord:

Die interpretasie van hierdie teks is ietwat ingewikkeld.  Ek sou dink om vers 2 te verstaan, moet mens eers die oorspronklike Hebreeuse teks ondersoek.  Die benaming “seuns van God” in hierdie hoofstuk kom van die Hebreeuse “bene ha –elohim”.
Dit is egter belangrik om in gedagte te hou dat in daardie tye is daar somtyds na engele as “die seuns van God” verwys.  Dit noodsaak dus dat mens ook hoofstukke 4 en 5 van Genesis lees sodat mens hoofstuk 6 binne die konteks van die boek as ʼn geheel verstaan.
Hoofstukke 4 en 5 lei tot die gevolgtrekking dat die “seuns van God” die goddelike mans uit die nageslag van Set was, terwyl die “dogters van die mense” afkomstig van die godelose Kananiete was.  Dit maak die Nephilim (gevallenes/reuse) die godelose en gewelddadige manlike afstammelinge van huwelike tussen die nageslag van Set en die Kananiete.  Hierdie ondertrouery het die Here bedroef dat Hy die mens geskep het.
Hoofstuk 6 vertel dus van die verval wat die goddelike saad, waaruit die Messias gebore sou word, bedreig het en was die oorsaak van die sondvloed.  ʼn Vloed wat die goddelose wêreld tot niet gemaak het en die regverdige Noag en sy familie, deur wie die belofte van Genesis 3:15 vervul sou word, gespaar het.
Gevolgtrekking
Dit is my gevolgtrekking dat die “seuns van God” in hierdie hoofstuk glad nie na engele verwys nie -  gebaseer op die konteks en samevloei van hoofstukke 4 tot 6.

Ds Kwena Semenya

Versoeningsdiens

Vraag:  Ons was by die versoeningsdiens die 16de Desember verlede jaar maar ek is nie seker waarom dit verander het van Gelofte diens na versoenings diens nie.
Dit was wel n goeie boodskap maar die Gelofte was net vinnig afgelees en dit is omtrent al.
Dit kom voor asof ons nie die Gelofte wil herdenk nie, maar hou steeds 'n diens en lees darem die gelofte af?
Versoening is reg en behoort ook deel van die kerk maar die Gelofte dag was spesifiek vir die Gelofte. Ons twyfel tans of ons weer die versoeningsdiens sal bywoon aangesien dit nie juis n boodskap oordra ivm die Gelofte nie.

Antwoord:
Oor die viering van Geloftedag op 16 Desember is daar al vir baie jare kritiese vrae gevra.  Die mees algemenes wat ek al gehoor het, is die volgende (en ek spreek nie ‘n waarde-oordeel hieroor uit nie):
• Is dit geldig dat ‘n groep Voortrekkers by Bloedrivier (waarby nie alle “Afrikaners” van destyds eers teenwoordig was nie) namens ‘n hele volk ‘n gelofte aan die Here kan doen en dan die “Afrikanervolk” daaraan gebonde kan hou, terwyl baie Afrikaners nie bloedverwant (fisiese nageslag) aan die Voortrekkers is nie. (vgl. die volgende aanhaling uit die gelofte: en dat ons ook aan ons kinders sal sê dat hulle met ons daarin moet deel tot nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte).
• Mense het dikwels beleef dat die Geloftefees-vieringe skeefgetrek (lees: verpolitiseer) is om te verkondig dat die Here per definisie aan die kant van die Afrikanervolk staan, wat natuurlik Bybels totaal onwaar is .
• En dan veral sedert 1994 toe die “nuwe” Suid Afrika aangebreek het, was die vraag: in dit billik om in SA ‘n publieke vakansiedag te vier waarvan ‘n groot deel van die bevolking uitgesluit is, trouens waarvan ‘n volk (die Zoeloes) die verslane vyand was.  In die lig hiervan het die kommissie van die staat wat voorstelle oor openbare vakansiedae moes maak, voorgestel dat dit as Versoeningsdag gevier moet word.  Die voorstel het by almal (sover ek weet) byval gevind, ook omdat versoening (ten regte) hoog op die agenda van oud-president Mandela en sy regering was.
Ek is van mening dat Versoeningsdag ‘n goeie “ruimte” bied waarbinne almal in Suid Afrika tuis kan voel, op voorwaarde dat dit nie weer na die ander kant toe verpolitiseer word, in die sin dat die “Slag van Bloedrivier” op 16 Desember 1838 voorgestel word as een van die sg. gruweldade van die Afrikaner se geskiedenis, nie.
Ek as Afrikaansprekende Christen in Suid Afrika, voel my lotsverbonde aan die Voortrekkers, nie omdat ek meen dat hulle (destyds) vir my vryheid of voortbestaan geveg het nie, maar omdat ek glo dat die Here dit beskik het dat hier aan die Suidpunt van Afrika ‘n volk ontstaan en gegroei het – wat Hom ken en wat met die gelofte op ‘n manier wou seker maak dat hulle nageslag ook hierdie God sal ken en eer.
Ek persoonlik vier Versoeningsdag, waarby die Gelofte ‘n besliste plek inneem, omdat ek God wil dank en eer vir die wonder wat Hy destyds by Bloedrivier gedoen.  Sonder om die “reg” of “verkeerd” van die oorlog te debatteer, bly dit ‘n wonder wat God gedoen het as antwoord op baie kinderlik-gelowige gebede.  Ek bedoel, stel jou voor: hier was net ongeveer 470 Voortrekkers, wat biddend hulle lewens en toekoms aan die Here toevertrou (omdat hulle met reg deel van Suid Afrika wil wees) teenoor ongeveer 10 000 Zoeloes.
Hiermee saam bied Versoeningsdag vir my die geleentheid om van versoening te vertel en te preek – nie in die sin van ‘n humanistiese (mensgemaakte) vrede nie, maar om te vertel van die God wat in Jesus Christus gekom het om versoening te bring tussen Hom en alle mense (wat in Hom glo), deur sy lewe te offer aan die kruis.  Wat my betref, is dit die boodskap wat alle mense in SA nodig het en wat ware versoening in ons land gaan bring.
Dus, vier gerus Versoeningsdag – om die versoening van die God wat by Bloedrivier opgetree het, vir alle mense toe te bid en daarvoor jouself in te span.  Dit is hoe Hy uiteindelik vereer sal  word,  “want die eer van Sy naam sal verheerlik word deur die roem en die eer van oorwinning aan hom te gee” (aanhaling uit die gelofte)

Ds.Charl van Rooy

Wat is die kerk se opinie oor "matchmaking"?

Vraag:  Daar blyk baie ongetroudes in ons gemeente te wees.  Wat is die kerk se opinie oor "matchmaking" en spesifiek so iets reël in die gemeente?

Antwoord:

Daar is inderdaad reeds ’n hele paar kleingroepe vol enkellopendes sowel as grotergroepsbyeenkomste maar ons is altyd oop vir meer geleenthede waar mense mekaar kan ontmoet.   So ons is positief oor “Matchmaking” maar dis belangrik om op dieselfde bladsy daaroor te wees.  Die beste is dalk om persoonlik met my (Ds Thomas) hieroor te kom gesels en dan maak ons saam ’n plan oor hoe ons dit prakties kan doen! 

Wat is die “voordele” wat gelowiges in die hemel gaan hê en gaan party meer as ander kry?

Vraag:  Ek het nou 'n paar mense, mede-Christene, teëgekom wat glo dat as ons in die hemel is, party mense meer "vooldele" gaan hê as ander. Een het selfs beweer dat sy meer Pêrels in haar kroon gaan hê as die res.

Nou, ek het uit ons leer 'n redelike goeie antwoord gehad vir die mede-gelowiges, maar hoop dat u my 'n meer Bybelse antwoord kan gee vir meer goed doen as ander Christene op aarde.

Antwoord:

Dit lyk my ons moet jou vraag in twee fasette bekyk:

1. Wat is die “voordele” wat gelowiges in die hemel gaan hê en gaan party meer as ander kry?
2. Wat bepaal die graad of hoeveelheid van die “voordele” wat mens in die hemel gaan hê? 

Vir ‘n wegspring, moet ek eerstens sê, dat die gedagte van “voordele” en “meer” voordele vreemd is aan die Bybel.  Ook die bewering dat iemand meer pêrels in sy/haar kroon sou hê as die res.  Dit klink my dis ‘n vermenging van twee “beelde” in die Bybel, waar albei simboliese betekenis het om die lewe in heerlikheid by God uit te druk. Ons lees o.a. van “kroon” in 2 Tim.4: 7Ek het die goeie wedloop afgelê; ek het die wenstreep bereik; ek het gelowig end-uit volgehou. 8Nou wag die oorwinnaarskroon vir my, die lewe by God. Op die dag dat Hy weer kom, sal die Here, die regverdige Regter, dit vir my gee, en nie net vir my nie, maar ook vir almal wat met verlange uitsien na sy koms.  (lees ook Open.3:11)

Pêrels is deel van die edelgesteentes waarmee die nuwe Jerusalem beskryf word, by name, die twaalf poorte (as volle toegang vir al God se kinders na die lewe by Hom) is van pêrels gemaak.  (lees gerus hoe glansend in edelsteen-taal word die nuwe Jerusalem, as woonplek van God by sy mense, beskryf in Open.22:9-27).
Pêrels is dus nie iets wat in mense se krone geplaas gaan word nie, maar weereens simboliese taal om die lewe in hemelse stad (nuwe Jerusalem) by God te beskryf.

En dit is ‘n heerlikheid in die hemel wat vir AL God se kinders in gelyke mate beskore is – nie vir sommige meer en vir ander minder nie!
Lees gerus ook Rom.8:29-30 28Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is. 29Dié wat Hy lank tevore verkies het, het Hy ook bestem om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat sy Seun baie broers kan hê van wie Hy die Eerste is. 30Dié wat Hy daartoe bestem het, het Hy ook geroep. En dié wat Hy geroep het, het Hy ook vrygespreek. En dié wat Hy vrygespreek het, het Hy ook verheerlik.

Dus, alle gelowige wat verlossing in Jesus gevind het, word vir seker verheerlik!

Gedeeltes in die Bybel waar dit lyk asof daar van meer/minder heerlikheid sprake is, is in 2 Kor.12:1-7 waar gepraat word van die “derde hemel”.  Maar dis in werklikheid nie so nie.  Die begrip “derde hemel” moet ons binne die Joodse denkrigting oor die hemele verstaan.  Hulle het die hemel in drie vlakke gesien, die een bo die ander: die eerste hemel was die wolkehemel, die tweede die sterrehemel met al die hemelliggame en die derde hemel is waar God woon en waar Hy Homself openbaar aan die engele en die saliges

As Paulus sê: “Ek ken ‘n man..., Veertien jaar gelede is hy weggeruk tot in die derde hemel”, dan praat hy van homself, weliswaar in die derde persoon “hy”, juis omdat hy nie op homself wil roem asof hy iets meer as ander gelowiges sou beleef nie.  Die beskrywing in vers 3 is ‘n herhaling van dit wat hy in vers 2 gesê het en beskryf dieselfde ervaring.  Maar hier noem hy dat hy weggeruk is na die “paradys” toe.  Die “paradys” was mos die tuin van Eden (Gen.2:9 ev) waar die mens, voor die sondeval, in ongehinderde gemeenskap in die teenwoordigheid van God kon leef.  Die woord “paradys” kom, behalwe hier, nog twee maal in Nuwe Testament voor (Luk.23:43 en Op.2:7) en elke keer word daarmee bedoel die plek van hoogste geluk en heerlikheid – by God!

Dus, daar is nie verskillende vlakke in die hemel, bedoelende verskillende “grade” van heerlikheid, in die sin dat sekere gelowiges op die derde vlak ‘n “meer” hemelse bestaan sal ervaar of meer “voordele” as dié op die eerste of tweede vlak nie.  “Derde hemel” sê  – dis waar die Here Homself in sy heerlikheid openbaar..., en waar alle gelowiges uiteindelik saam met Hom sal wees. 
Daar is nie ‘n stel kriteria wat bepaal wie word in watter “vlak” opgeneem of opgedeel nie.  Wie Jesus op aarde (in die geloof) gevind het, het ook die (derde) hemel gevind.  Ons gaan ook nie “geestelike groei” in die hemel ervaar nie, want in sy teenwoordigheid het ons die volmaakte bereik.

Lees gerus ook 1 Joh.3:2: “Geliefdes, ons is nou reeds kinders van God.  Dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie, maar ons weet dat, wanneer Jesus kom, ons soos Hy sal wees.  Ons sal Hom sien soos Hy werklik is”.  Dit alles wil net sê:  op aarde is ons reeds kinders van God (deur Jesus Christus); hoewel ons nog nie nou al weet hoe ons in die hemel sal wees nie.  By sy wederkoms sal ons aan sy heerlikheid gelyk wees.  Dan sal ons Hom in sy volle hemelse heerlikheid sien en self daarin deel.  Dit geld vir alle gelowiges – sonder uitsondering.  Paulus was begenadig om iets daarvan op aarde al te kon beleef.

Die tweede saak is, wat bepaal hoe groot die “voordele” (heerlikheid) gaan wees.  Ek lei uit jou vraag af dat die “voordele” gekoppel gaan wees aan die goeie goed wat mense doen – dws. Iemand wat baie goed gedoen het, gaan groter heerlikheid kry.  Dis natuurlik nie waar nie.  Nooit sal enige mens die heerlikheid kan verdien nie, eenvoudig omdat die prys daarvoor volmaaktheid vra wat ons nooit kan doen nie.  Hemelse heerlikheid is iets wat God skenk.  Kyk net weer na 2 Tim.4 hierbo: 8Nou wag die oorwinnaarskroon vir my, die lewe by God. Op die dag dat Hy weer kom, sal die Here, die regverdige Regter, dit vir my gee, en nie net vir my nie, maar ook vir almal wat met verlange uitsien na sy koms.

In elk geval sê Op.14:13 dat ‘n gelowige se werk hom die hemel in volg. 
13Toe het ek ’n stem uit die hemel hoor sê: “Skryf op! Geseënd is dié wat van nou af in die Here sterwe.”  “Ja,” sê die Gees, “hulle sal rus van hulle arbeid, want alles wat hulle gedoen het, volg hulle.”  Met ander woorde: jou dade gaan nie voor jou uit die hemel in om vir jou ‘n plek in die hemel oop te “werk” nie.  Jou dade volg.  Jou plek (heerlikheid) in die hemel ontvang jy net op grond van Jesus se verdienste (lees ook Joh.14:1-6)

Tog is daar sprake in die Bybel van “beloning”.  Twee voorbeelde:
•  Lees Matteus 5 10Geseënd is dié wat vervolg word omdat hulle doen wat reg is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel.
11“Geseënd is julle wanneer die mense julle ter wille van My beledig en vervolg en valslik al wat sleg is van julle sê. 12Wees bly en verheug, want julle loon is groot in die hemel. Hulle het immers die profete voor julle net so vervolg.”

• En in 1 Kor.313   Elkeen se werk sal aan die lig kom. Die dag wanneer Christus kom, sal dit duidelik word. Die dag kom met vuur, en die vuur sal die gehalte van elkeen se werk toets. 14As iemand se bouwerk bly staan, sal hy beloon word; 15as iemand se werk verbrand, sal hy nie beloon word nie, en tog sal hy self gered word, maar soos iemand wat uit die vuur geruk is.

Uit die konteks van beide tekste is  die volgende duidelik:

• “Loon” is nie vergoeding op grond van verdienste nie.  Dit is ‘n genadeloon, want hulle is geseëndes (reeds deur God salig gespreek) wat uit genade deel het aan die koninkryk van die hemel (Matteus 5:10 ev);
En Hy gee genade (1 Kor.3:10) om te dien deur sy gemeente te bou.
• “Loon” beteken nie saligheid (gered wees) nie.  Iemand wat weens die swak gehalte van sy of haar geloofswerke geen beloning ontvang nie, beërf tog nog die saligheid (heerlikheid) (1 Kor.3:15).

Mens kan dus sê God beloon mense wat sy genade vir hulself deur die geloof gevat het en daaruit leef (diensbaar is).  Hy beloon mense wat geloofswerke doen en mense wat geloofswerke doen, is deur Hom daartoe in staat gestel (Efes.2:10).

Dus, hoewel die Bybel van “beloning” praat, wys dit nie op ‘n verskil in heerlikheid/lewe by God in die hemel nie.  Hoe die “beloning” voorgestel moet woord, is nie vir ons duidelik uit die Bybel nie.  Wat wel seker is, is dat elkeen se heerlikheid vir hom/haar volkome heerlikheid sal wees.

Skryf gerus weer as iets onduidelik is.

Ds Charl

Waarom is party van ons verdoem tot enkellopendheid?

Vraag:  Waarom is party van ons verdoem tot enkellopendheid?

Antwoord:

Goeiedag,
 
Omdat ek nou al vir die laaste 7 jaar met jongmense en hulle verhoudings of gebrek aan verhoudings werk, het ek ’n idee waar die vraag vandaan kom en kan ek jou hartseer hieroor aanvoel.  Jy gaan die beste antwoord vir jou vraag kry as jy tyd maak om die volgende reeks videos te kyk.  Veral die een van Tim Keller oor “The Theology of Singleness”.  http://www.redeemer.com/connect/age_and_stage/adults/single_professionals

Ek dreig al ’n rukkie om ’n opsomming hiervan te maak om op die web te plaas.  Ek sal dit so gou moontlik doen.  Jy’s welkom om my te kontak as jy dit klaar gekyk het dat ons met mekaar hieroor kan gesels. 

Thomas