Taal

Teken In

Verjaarsdae

Sondag, 15 Oktober

Jean Lombard

Rizanne Du Preez

Maandag, 16 Oktober

Francois Serfontein

Michelle Coetsee

Dinsdag, 17 Oktober

Hilmer Backer

Colette Heunes

Richard Bird

Nathan Von Ronge

Jonita De Villiers (70)

Ria Bosman (81)

Woensdag, 18 Oktober

Morné Viljoen

Elsabé Coetzee

Marieta Reyneke

Koos Saayman (74)

Babsie Pretorius (77)

Donderdag, 19 Oktober

Henk De Weerdt

Vrydag, 20 Oktober

Sanette Schutte

Etienne Van Der Merwe

Saterdag, 21 Oktober

Danelle Du Toit

Chris Turner

Dawie Du Toit

Chris Hattingh

 

Uitreik

Ons doelwit

Om die Goeie Nuus in ons omgewing en verder uit te dra, en om ander gelowiges toe te rus sodat hulle dit ook kan uitdra, om sodoende gewillige instrumente in die Here se hand te wees om biddend te help om verlore mense na Hom toe te lei.


Publikasies

Die volgende items is gratis beskikbaar:

Hoekom is ek hier?/ Why am I here? (boekie)

Dié boekie is in A5 formaat en beskryf God se groot liefde vir ons, hoe ons as mens Hom teleurgestel het, ons rug op Hom gedraai het; en hoe dat Jesus weer ons saak met die Vader reggemaak het deur Sy pyn en lyding tot die dood toe op die kruis. Nou het ons die keuse (vanaf ons persepsie) om die Here in ons lewens in te nooi, of nie. Baie bewyse word genoem.

Click here to download the English version | Klik hier om die Afrikaanse weergawe af te laai

Hoekom is ek hier?/ Why am I here? (Pamflet)

Hierdie pamflet bevat dieselfde inhoud as die bogenoemde boekie maar is baie verkort en tweetalig. Dit bestaan uit een A4 bladsy met Engels en Afrikaans op een kant, elk in A5 formaat. Deur manipulasie kan beide kante van ‘n A4 bladsy ge-kopieer word en in die helfte gesny word sodat dit ‘n A5 bladsy vorm met Afrkaans eenkant en Engels op die anderkant.

Dit is ideaal om te versprei.

Klik hier om die pamflet af te laai

Vertel met Vreugde (boekie)

Dit is ‘n A5 boekie wat verduidelik hoe om die Goeie Nuus te vertel veral aan andersgelowiges sonder om aanstoot te gee. Dit vertel ook waarom dit moeilik is om evangelisasie te begin doen, hoe om hierdie weerstand  te oorwin en hoe wonderlik dit daarna word.  Dit bevat beskrywings en gespreks riglyne (ook telefonies) vir formele evangelisasie en  riglyne vir informele evangelisasie. ‘n Lys van relevante Bybel tekste ivm evangelisasie is ingesluit.  Die pamflet verskyn ook in hierdie boekie.

Klik hier om af te laai

Kontak Johan van der Wel as jy enige vrae wil stel, besoeke of voorleggings wil versoek, as jy meer betrokke wil raak of dalk net raad en hulp nodig het.