Teken In

Verjaarsdae

Sondag, 20 Januarie
William Pringle
Retha Van Der Schyff
Aimee Viljoen
Maandag, 21 Januarie
Marnitz Van Jaarsveld
Renier Barnard
Gerhardo Breed
Gerbrand Breed
Sumarie Maritz
Hannatjie Greyling (84)
Dinsdag, 22 Januarie
Gerhard Combrink
Woensdag, 23 Januarie
Gert Opperman
Charlotte Van Rooyen
Waldi Bührmann
Johan Jordaan
Sannie Malherbe
Donderdag, 24 Januarie
Corné Engelbrecht
Annabelle Coetsee
Vrydag, 25 Januarie
Ethan Roos
Rudi Wellmann
Johan Janse V Rensburg (72)
Mary Ann Billing (73)
Saterdag, 26 Januarie
Zanei Van Der Walt
Martin Luus
Rina Els (72)
Jaco Redgard

Lys van preke (volgens datum)

Jesus is in stukke geskeur sodat ek kan lewe en ............!

Download Audio:

Datum:
2017-03-26
Scripture:
2 Konings 2:23-25
Speaker:
Sermon Notes:

 

Wat gebeur hier?

 

            As ons Bybel lees is die konteks geweldig belangrik.

 

            Dit gaan hier oor die stryd teen afgodediens. 
Hierdie “kinders” is veel eerder jongmans wat vasgevang is in afgodediens en wat met God se profeet en daarom met God self spot. 
Die feit dat hulle van Bet-el af kom en die manier waarop hulle met Elisa spot, maak dit duidelik! 

 

            God se oordeel in die vorm van die bere wat hulle verskeur maak duidelik dat Hy afgodediens haat.  

 

 Wat leer ons van God, van sy hart in hierdie gedeelte?

 

            Waarom haat God afgodediens?

 

            Dit beledig Hom as die enigste ware God.
Net soos ek en jy kwaad sal wees as iemand ons op 'n valse manier voorstel, maak dit God kwaad.
Hy word egter ook kwaad omdat dit sy skepping vernietig en van sy mense slawe maak.
Hy word dus kwaad omdat hy ons regtig liefhet.

 

            Alhoewel Hy hier die bere stuur is dit aangrypend om te sien dat Hy nie so reageer as Jesus kom nie.  Jesus, God se eie Seun word baie meer en erger gespot maar Hy vat dit!  Waarom?  Hy vat God se oordeel in my en jou plek sodat ons dit kan vryspring en lewe! 

 

 

Hoe moet ons hierop reageer?    

 

In dankbaarheid en in totale oorgawe aan hom.  Rom 12:1 “En nou doen ek ’n beroep op julle, broers, op grond van die groot ontferming van God: Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is. Dit is die wesenlike van die godsdiens wat julle moet beoefen.”

 

 

Hoe kan ons anders, veral as ons weer sy genade sien in die doop?