Back to Top

Verlosser dringend gesoek: Uiters streng vereistes!

Download Audio:

Datum:
2014-02-16
Scripture:
Psalm 130, Jesaja 7:10 - 16 en HK Sondag 5 vrae 12 - 15
Speaker:
Sermon Notes:

1.     Oortreding is begaan - die volle prys moet betaal word!
Adam en Eva wou soos God wees, en eet van die verbode vrug in die middel van die tuin van Eden. God het gesê: van alles mag jy eet, behalwe van daardie een boom se vrugte. As jy daarvan eet, sál jy sekerlik sterwe. Die mens het dus oortree! Die losprys wat betaal moet word, is om met jou lewe te betaal, dus deur te sterf.
Ek en jy is saam met Adam en Eva skuldig. Wat doen jy nie elke dag teen God se wil nie? KRISIS!


2.     Wie kan die prys betaal? Opsie 1 - Jyself?
Kan jyself jou straf dra en jou eie losprys met jou lewe betaal? Kan jy sterf en opstaan uit die dood, met jou eie krag? NEE, want elke gedagte en daad van jou is steeds met jou sonde bevlek, selfs jou beste daad.


3.    Wie kan die losprys betaal? Opsie 2 - iets anders of iemand anders?
Gaan dit help om 'n dier te offer? 'n Dier is ook 'n skepsel en kan dus nie die prys betaal nie. Sal jy enige mens op aarde kan vind wat nie sondig is nie en wat kan sterf en uit die dood uit opstaan? NEE!


4.     Wat is dan die vereistes vir die Verlosser?
Die vereistes vir die Verlosser is: Hy moet 'n ware mens wees en Hy moet ook waarlik God wees. Die mens doen die sonde en die mens moet die losprys betaal. Is daar so 'n mens? Nee, die Verlosser moet dus ook goddelike krag hê sodat Hy nadat Hy gesterf het, uit die dood uit kan opstaan. Wie sal dan die Verlosser wees? Jes. 7:14 kondig al in die Ou Testament die goeie nuus af: Daarom sal die Here self die teken gee: Kyk, die maagd sal swanger word en 'n seun baar en hom Immanuel noem. Immanuel beteken, GOD MET ONS.


Vriende, hierdie Immanuel is toe werklik gebore, JESUS CHRISTUS! Jesus, wat God is, is na die aarde gestuur om soos 'n mens gebore te word, om soos 'n mens te lewe en soos 'n mens te sterwe en te lei. Jesus is die enigste mens wat geen sonde het nie. Hy sterf in jou en my plek. Jesus sterf, maar Hy oorwin ook die dood, die sonde en die wêreld in jou en my plek!
DUS: JY HET DIE VERLOSSER NIE GEVIND NIE, HY HET JOU GEVIND! HY VOLDOEN AAN DIE UITERS STRENG VEREISTES! GLO IN JESUS CHRISTUS EN VOLG HOM!