Back to Top

Wie is my Verlosser Middelaar?

Download Audio:

Datum:
2014-02-24
Scripture:
Hebreërs 2:10 - 18 en 7:26, 27, 1 Timoteus 2:1 - 7 en HKS 6
Speaker:
Sermon Notes:

Hy moet 'n regte regverdige mens wees.

  • Regte/ware mens = Wie het die sonde teen God gepleeg? Adam en Eva, ek en jy. God het belowe dat Hy die mens se sonde met die dood gaan straf. Nou moet dit so wees. 'n Regte, ware mens moet die straf dra.
  • Regverdige mens = is iemand wat self nie sonde het of doen nie. Hebr. 7:26 sê dat God aan ons so 'n regverdige mens gaan stuur, een wat heilig is, onskuldig is, onbesmet is en sonder sonde is.

Nog belangriker: Hy moet God ook wees!

  • Kan jy of enigiemand anders sterf en weer uit die dood uit opstaan? Nee, geen mens-mens kan uit eie krag uit die dood uit opstaan nie.
  • Daarom gee God die Vader Self iemand wat ware mens word, wat waarlik sonder sonde is en iemand wat ook God is. Jes. 53:5 - Hy stuur iemand wat ook ons straf dra deur te sterf en wat met Goddelike krag uit die dood uit opstaan.

Wie is hierdie Middelaar en hoe weet ek dit?
Die Heilige Gees lei jou om uit die Bybel te hoor, te leer en te glo, wie die Verlosser Middelaar is. 1 Tim. 2:5 - "5 Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus, 6 wat Homself gegee het as 'n losprys vir almal, as die getuienis op die regte tyd,"
Ja! Jesus Christus is ook God en Hy is die MIDDELAAR wat ons met God die Vader versoen. Hy het aan die die vloekkruis in jou plek gaan sterf, deur hel vir jou gegaan, en vir jou uit die dood opgestaan, jou sonde oorwin en skenk aan jou die ewige lewe!


Wat beteken hierdie Middelaar vir my en mense rondom my?
Die Heilige Gees lei jou om as kind of ouer mens aan Jesus Christus as jou Velosser Middelaar vas te hou. Jy kan aan Hom vashou in jou angs, spanning, nood en seerkry. Jy weet dat jou "hel" deur Hom verstaan word en deur Hom weggeneem word.
Gaan na ander mense wat ook hierdie troos nodig het en vertel hulle van God se liefde, van God wat Self 'n Verlosser Middelaar skenk. Gaan sit saam op 'n bankie iewers in 'n park. Gaan drink saam met iemand koffie en vertel - getuig met liefde wat God vir jou en hom/haar doen...