Back to Top

Ek wil en kan as Christen slegs glo in God Drie-Enig deur wie ek die ewige lewe ontvang.

Download Audio:

Datum:
2014-03-09
Scripture:
Johannes 20:26-31, 2 Korintiërs 13:11-13 en HKS 8
Speaker:
Sermon Notes:

Ek wil en kan as Christen slegs glo in God Drie-Enig deur wie ek die ewige lewe ontvang.
Elke Sondag staan ons op om ons geloof in God te bely. Hoekom? Uit gewoonte of om beter as ander mense te wees? Nee, ons wíl dit doen en ons kan nie anders nie!
Ons geloofsbelydenis noem ons die "Apostoliese geloofsbelydenis" of die "12 Artikels". Die belydenis is deur Christengelowiges geskryf tussen die 2de en 4de eeu na Christus. Dit is 'n naspreek van wat in die Bybel staan, dus wat ek werklik met my kop en hart glo.

Die kern van ons geloof is:

Ek wil en kan net glo dat Drie-Enig een goddelike wese is.
God leer ons in die Bybel van Homself, dat Hy Een God is, maar dat Hy wel sy Godheid openbaar in Drie Persone: God die Vader, Seun en Heilige Gees. Ons glo dit soos 'n kind. Matt. 28:19 openbaar God se DRIE-EENHEID: Doop hulle in die NAAM (elkelvoud) van die Vader en die Seun en die Heilige Gees.


Wat glo ons van God Drie-Enig?

1.    Ek wil en kan net glo dat God die Vader die Skepper is van alle dinge
Ek glo God die Vader het my uitgedink het, my gemaak en Hy sorg nou vir my.


2.    Ek wil en kan net glo dat God die Seun die enigste Verlosser is
Ek glo dat Jesus Christus my Enigste Verlosser is. Net deur Jesus se kruisdood en opstanding uit die dood uit, is ek verlos en het ek die ewige lewe.


3.    Ek wil en kan net glo dat God die Heilige Gees my heilig maak.
God die Heilige Gees woon in my sodat ek glo dat die Vader my liefhet en sodat ek glo Jesus is my Verlosser. Die Heilige Gees lei my, Hy sonder my af van my sonde en die sondige dinge. Die Heilige Gees lei my om my aan God se Wil te wil toewy en met vreugde te lewe.


Ontvang die seën van God Drie-Enig met 2 Kor. 13:13: "Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees sy met julle almal! Amen.