Back to Top

God die Vader bekragtig Sy Seun Jesus Christus én vir jou as Sy kind.

Download Audio:

Datum:
2014-03-23
Scripture:
Lukas 3:21-22, Matteus 17:1-8 en 2 Petrus 1:16-21
Speaker:
Sermon Notes:

Watter uitwerking het opbouende woorde en dade op jou?

Ek voel geliefd; ek is dankbaar en bly; ek skep moed om weer te probeer; ek doen my bes...

God die Vader bekragtig Sy Seun Jesus Christus:

Lukas 3:22 “die Heilige Gees het in liggaamlike gedaante soos ’n duif op Hom neergedaal; en ’n stem het uit die hemel gekom wat sê: U is my geliefde Seun; in U het Ek ’n welbehae.”

Wat beteken dit dat God sê dat Hy ʼn welbehae het in Jesus?

 “Welbehae” beteken: om ʼn plesier te hê in, om bly gemaak te word, om verheug te wees.

 Die hoofredes waarom die Vader verheug is in Sy Seun,

 is dat Hy as Vader lief is vir Sy Seun,

 dat Jesus gehoorsaam is aan Sy Vader,

 dat Hy Sy Verlosserswerk doen.

God bekragtig Sy Seun Jesus weer ʼn keer, vir u/jou...

Matt. 17:5 “Dit is my geliefde Seun oor wie Ek My verheug.  Luister na Hom.”

Wat het Jesus vir jou hier op aarde kom doen?

 Hy het mens geword soos ek. Hy weet hoe ek voel. Hy vat my skuld en sonde op Hom. Hy sterf in my plek. Hy staan in my plek uit die dood uit op. Hy leer my deur woorde en dade.

EK WIL NA HOM LUISTER...

EK WIL IN SY LIG BLY... (2 Pet. 1:19b) - 3 -

Watter uitwerking het God se bekragtiging op my as Sy kind?

  • Ek weet God se liefde vir my is eg.
  • Ek hoor Sy Stem: ‘jy is goed genoeg vir My’.
  • Ek hoor wanneer Hy my aanspoor en aanspreek.
  • Wat God met my doen, wil ek nou aan ander doen.
    • Ek wil aan my man/vrou, kinders, ouers, broer/suster, medegelowige, vreemdeling, doen wat God met my doen...
    • Ek wil met opbouende woorde en dade ander mense aanspoor en reghelp...