Back to Top

Jesus het die angs van Godverlatenheid gelei sodat ..............

Download Audio:

Datum:
2014-06-22
Scripture:
Matteus 26:36-46, Matteus 27:50-54 en HKS 16:44
Speaker:
Sermon Notes:

Wanneer iets baie traumaties met my gebeur, dan voel ek beangs, hartseer en so verskriklik eensaam.

Ek vra, wat kan nóg gebeur? Hoe erg kan dit nóg word?

Tog, broeder en suster, in ons trauma is daar net een manier om daardeur te kom, en dit is om te weet dat Jesus Christus die grootste trauma van alle trauma deurgemaak het: "Hy het die lyding van die hel ondergaan."

Sy siel was al diep bedroef voor die kruisiging. Hy het geweet wat wag. Tog het Hy waggestaan en sy lewensgevaarlike taak gaan uitvoer.

Jesus het vir ons aan die kruis gesterf en hel deurgemaak. " My God, My God, waarom het U my verlaat!", het Jesus uitgeroep. Sy liggaam het gesterf, terwyl Hy die oorlog met Satan geveg het. Jesus het Satan en ons sonde oorwin! Hy het opgestaan!

OMDAT Jesus die angs van Godverlatenheid gely het, weet jy dat jy nie alleen is terwyl jy ly en bang is nie.