Back to Top

Kry baie genade en groei in die geloof!

Download Audio:

Datum:
2014-07-13
Scripture:
Ephesians 4:1-16
Speaker:
Sermon Notes:

Plante en diere groei, maar mense groei ook!

Belangriker, 'n Christen se geloof groei ook elke dag!

Wat is die definisie van geloof?
*   Kennis van God wat ons uit die Bybel kry
*   Vertroue in God omdat ons Hom ken
*   Dade wat ons doen omdat ons dankbaar is.


Wat gebeur wanneer ons glo?
*   Die Heilige Gees trek in my in en ek verander. Ek dink anders, sê dinge anders, en doen dinge anders.
*   As ek glo Jesus het in my plek gesterf, dan ontvang ek vergifnis van my sondes en my lewe verander. Ek kry genade en ek kry baie genade. Die genade van verlossing.
*   Ek vind rus by God en vind my sekuriteit by Hom.


Hoe vind geloofsgroei plaas?
*   Die Heilige Gees woon in my en help my stelselmatig om die kennis van God uit Sy Woord te lees, te glo en te verstaan.
*   Geloof begin deurdat jy glo dat Jesus Christus jou enigste Verlosser is en dat God die Vader jou lief het.
*   Die Heilige Gees lei my in my geloof om in my omstandighede groot en klein besluite te laat neem.
*   Groei beteken "toeneem" en "sterker word". God gee aan ons medegelowiges sodat ons saam in die geloof kan groei. Saam delf ons in die Bybel en saam bid ons. Ons lag saam en huil saam.
*   Ek groei in my geloof deur in die geloof dade van liefde te betoon.


Wat moet die doel van ons geloofsgroei wees?
*   Om die waarheid in liefde oor te dra. Om weens die liefde die waarheid oor te dra en uit te lewe.
*   Om in my persoonlike verhouding met God te groei
*   Om self vir God na die beste van my vermoë te dien en ander saam met my te neem daarmee.
*   Om die liggaam van Christus, die kerk op te bou. Dus om 'n instrument te wees om soekendes en ongelowiges nader aan God te bring.