Back to Top

Die 9de deel van die Vrug van die Gees is "Selfbeheersing".

Download Audio:

Datum:
2014-10-05
Scripture:
Galasiërs 5:19-26, Handelinge 24:24-27 en 1 Korintiërs 9:19-27
Speaker:
Sermon Notes:

 

Die Heilige Gees gee hou beheer oor jou begeertes en dade.

Dit gebeur mos gereeld:
Jy verloor jou selfbeheersing, met die gevolg dat jy dinge sê en doen waaroor jy spyt is en voor vergifnis moet vra.


Wat beteken "selfbeheersing"
Selfbeheersing beteken dat jy in staat gestel word om volkome beheer oor jou begeertes, aksies en dade uit te oefen.


Praktiese voorbeelde van selfbeheersing:
*   Pred. 10:17: wys op besluite wat geneem word met selfbeheersing en nie met 'n gedrinkery nie.
*   1 Kor. 9:19-27: Net soos 'n atleet met selfbeheersing moet hou by sy oefenprogram, so moet 'n gelowige ook met selfbeheersing leef en dien. Die doel is om soveel moontlik mense vir Jesus Christus te dien.
*   In Hd. 24:25 sê Paulus aan goewerneur Feliks dat hy wat Feliks is, met selfbeheersing moet lewe.


Hoe kry ons dit reg om selfbeheersing toe te pas?
*   Jesus Christus het volmaakte selfbeheersing gehad. Hy is onskuldig gespot, gevonnis, gekruisig. Hy het die geveg met Satan gewen. Jesus Christus se opstanding is die rede vir jou selfbeheersing.
*   Jesus het Sy Heilige Gees uitgestort en nou is die Vrug van die Heilige Gees in jou as gelowige.

 

  • Geliefdes, die 9de deel van die vrug van die Gees, "selfbeheersing" voltooi die vrug van die Gees.
  • Die Heilige Gees gee jou beheer oor jou begeertes, aksies en dade, want die Gees woon in jou.
  • Hou jou meer besig met die Here se Woord. Gesels baie meer met God. Kom baie meer in kontak met medegelowiges.
  • So ervaar jy dat jy al hoe meer selfbeheersing kry en selfbeheersd lewe.
  • So kom ons tot 'n HEILIGE GEES beheerste lewe.