Back to Top

Die Here herstel breuke tussen mense

Download Audio:

Datum:
2014-10-12
Scripture:
Filémon 1
Speaker:
Sermon Notes:

 

Konflikhantering:

 

Die Here herstel breuke tussen mense

 

 

 

Praktiese opdrag aan ons:

 

Ontvang iemand wat haar/hom van sy foute teen jou bekeer, van harte weer terug as deelgenoot in die geloof.

 

 

 

  • Iets slegs gebeur en daar kom ‘n breuk tussen mense.

 

Watter seerkry het jy al so beleef?

 

  • Wie was Paulus?

 

Gevangene twv Christus Jesus!

 

  • Wie was Filemon?

 

Die welgestelde eienaar van Onesimus. Tog, hy is ook tot bekering gelei. Die Here het Paulus gebruik hiervoor.

 

Hy het Jesus Christus as enigste Verlosser aanvaar.

 

  • Wie was Onesimus?

 

Filemon se slaaf wat gesteel het en weggeloop het. Tog, hy is ook tot bekering gelei.In die tronk het die Here Paulus hiervoor gebruik. Hy het Jesus Christustus as enigste verlosser aanvaar.

 

  • Die Here gebruik Paulus is Sy diens - in die lewe van Filemon en Onesimus. Paulus skryf ‘n aanbevelingsbrief van Onesimus aan Filemon. Slaaf Onesimus is nou “‘n geliefde broer in die Here”, van Filemon. Paulus sê aan Filemon om Onesimus as “koinonos-deelgenoot” te ontvang.
  • Paulus sê vir Filemon oor Onesimus se skuld:“Ek sal betaal”

 

Jesus Christus het reeds die grootste betaling gemaak, met Sy lewe aan die kruis en deur Sy opstanding uit die dood.

 

  • Hoe verander dit Filemon en Onesimus se lewe?

 

Filemon, jou werk is nog steeds om eienaar te wees. Onesimus, jou werk is nog steeds om ‘n slaaf te wees.

 

Die verskil is net, saam is julle broers in Christus!

 

Hoe behoort hulle nou te werk en te lewe?

 

  • Nou raak die Here persoonlik:

 

    • Jy is gevra: watter seerkry het jy al vanweë ‘n breuk ervaar.
    • Hoe gaan jy dit na vandag hanteer?
    • Wat het Jesus vir jou en ander mense betaal?
    • Hoe gaan jy nou iemand wat hom van sy foute bekeer het, weer soos ‘n “broer/suster in Christus” ontvang en behandel?