Back to Top

Jesus gee ʼn sigbare teken, die Heilige Doop

Download Audio:

Datum:
2014-10-26
Scripture:
Handelinge 22:1-en HK 26 en 27
Speaker:
Sermon Notes:

 

Tema:  Jesus gee ʼn sigbare teken, die Heilige Doop, om aan ons die versekering te gee dat Hy ons van ons sondes was en verlos.

 

 

 

Dis noodsaaklik dat jy gereeld jou liggaam van vuilheid skoon was.

 

  • In die Bybelse tyd het net party huise baddens gehad.

  • Baie mense het na badhuise gegaan.

 

 

 

Jesus Christus stel die doop as heilige Sakrament in - Matt. 28:19

 

 

 

Waarom is dit nodig om gedoop te word?

 

In Hand. 22:16 lees ons: “Kom, laat jou doop en jou sondes afwas nadat jy sy Naam aangeroep het’".

 

  • Paulus het Christene vervolg omdat Hy die evangelie van Jesus Christus gehaat het.  Dit is ʼn groot sonde!

  • Jesus bring Paulus tot bekering en Hy glo dat Jesus sy sondes wegneem, van hom afwas.

 

 

 

Die doop is die teken van God se verbond met Sy kinders.

 

  • In die Ou Testament was die teken van die verbond die besnydenis.  Die bloed wat gevloei het met besnydenis het vooruit gewys dat die Messias-Verlosser sal kom.

  • Jesus Christus het as Messias-Verlosser gekom!  Hy was as kind besny en later as grootmens gedoop.

  • Jesus het vir ons sondes betaal met sy lewe.  Hy is doodgemaak deur gekruisig te word.  Sy bloed het gevloei en daarmee betaal.

  • Hy het uit die dood uit opgestaan en die dood oorwin.  Elkeen wat glo dat Jesus die enigste Verlosser is, ontvang verlossing van sondes en die ewige lewe.

  • Met Jesus se dood en opstanding verander alles, ook die teken van die verbond.  Nou vloei bloed nie meer nie, maar water is die teken van die afwas en skoon was van ons sondes.  Is dit nie wonderlik nie!

 

 

 

Ons het die spesiale opdrag om kinders van gelowiges te doop.

 

Die doop met water is ʼn teken dat net soos Lea-Lee se lyfie met water gewas word, net so seker was Jesus Christus Lea-Lee se sondes ook weg.  Sy ís verlos!

 

 

 

Wat van elke Christen wat gedoop is?

 

  • Elke keer as jy water gebruik om jou te was, help die Heilige Gees jou om te onthou dat Jesus jou van jou sondes skoon was.

  • Die woord in Hand. 22:16 vir “was” beteken: “afwas, wegwas, om wonde te ontsmet of te was, was tot morele reinheid, was tot oorsaak van reinheid.”

  • Dink saam wat die teken van jou doop prakties vir jou en deur jou vir ander mense beteken.

Jy is as gedoopte Verloste mens, vir ander mense ʼn teken van God se oordeel oor sonde en verlossing van sondes.