Back to Top

Mag die Here die wens van jou hart vervul.

Download Audio:

Datum:
2015-01-11
Scripture:
Psalm 21
Speaker:
Sermon Notes:
Ons lees Psalm 21 - Teksvers: Ps. 21:3 "Die wens van sy hart het U vervul. Wat hy gevra het, het U hom nie geweier nie".

As jy 3 wense op 'n papiertjie kan skryf en in die kollektesakkie kan gooi, wat sal dit wees?
Wat is die betekenis van 'n "wens"?
Waarna verwys die "hart"?
Wat beteken "vervul"?


Hierdie psalm is 'n danklied na 'n oorwinning.
  • Voor die oorlog is gebid dat die Here Sy mag oor die vyand laat seëvier.
  • God het die gebed verhoor en oorwinning gegee.
So het Koning Jesus op Sy Vader vertrou.
  • Deur Sy kruisdood en opstanding, het Jesus Christus die Satan en ons sondes oorwin.
Op 11 Jan 2015, is ons die bevoordeeldes!
  • Vandag kyk ons terug na die Jesus se oorwinning.
  • Vandag en 2015 is nog n dag in God se raadsplan.
  • Vandag wil ons mekaar sê: 'ek bid dat die wens van jou hart wat oor jou lippe kom, deur die Here nie geweier sal word nie, maar dat Hy dit vir jou sal gee'.