Back to Top

Waar vind jy in 2015 rus vir jou siel?

Download Audio:

Datum:
2015-03-01
Scripture:
Habakuk 3
Speaker:
Sermon Notes:

Hoe is dit moontlik om in 'n wêreld van die 21ste eeu innerlike rus te vind?
Wel, Habakuk het dit meer as 25 eeue ook gevra. Hy voer 'n ernstige tweegesprek met God. In gebed bring hy die nood van sy volk na God.

 

Habakuk 1:

 

  • Hy bring in gebed sy bekommernisse na die Here: daar is onreg, onderdrukking, onsedelikheid, oneerlikheid in die samelewing. Habakuk verwag uitkoms, maar God laat dinge erger gaan voordat dit beter word.
  • Ons is ook bekommerd oor die onreg in die gemeenskap, godsdiensloosheid, vormgodsdiens, onsedelikheid ens. Wat baie seer maak is dat ons familie en vriende so sonder die Here lewe.

In Habakuk 2 gee die Here die antwoord: "Ek gaan iets doen". Hab. 2:4 gee die oplossing: "die regverdige, deur sy geloof sal hy lewe".

Habakuk 3 gee die gelowige gebed.
Hy begin sy gebed met nederigheid en hy eindig op die hoogtes. Hy kom met sy diepste nood en die Heilige Gees tel hom sodat hy met 'n loflied eindig!


Kom ons maak die boodskap ons eie:
Kom ons kyk omhoog. Al verstaan ek min, kan ek bly sê: "U is God". Kom ons kyk nie eerste na die seëninge wat God gee nie, maar na God Self. God is meer as wat Hy gee. Ja, God plaas jou in 'n moeilike situasie, jy staan dalk voor Hom met leë hande, maar jy kan bid en smeek. Volhard, bid en smeek en jy sal agterkom hoe die Here jou hart met dankbaarheid vul.


Jou hart sal ook vol word en sê: "nogtans sal ek in die Here jubel, sal ek juig in my God, my Redder en Verlosser."

Waar vind jy in 2015 rus vir jou siel?
By God Drie-Enig en by Hom alleen!