Back to Top

Dood vir die DOOD, deur JESUS CHRISTUS se KRUIS-HELSE DOOD!

Download Audio:

Datum:
2015-04-03
Scripture:
Romeine 5:12 – 6:11
Speaker:
Sermon Notes:

 

Hoe gaan dit?

 

  • Hoe gaan dit met jou?

Hoe gaan dit met jou stryd teen jou sondes?

 

Wat dink jy van die redenasie?

‘Daar is mos genoeg genade deur God vooruit gegee, so ek kan mos maar nog ‘n sonde doen!

 

  • Dit klink soos genade kredietpunte ...

As ons nie hiermee saamstem nie, hoekom sukkel ons dan nog so met die sondige dinge in ons lewe?

 

Die dood en die DOOD is vanweë die sonde ʼn werklikheid.

  • Die dood is die liggaamlike dood.

Die DOOD is die ewige dood, die hel, ʼn bestaan sonder God.

Wat is die oorsaak hiervan? Rom. 5:12

 

Hoe word ek van my sonde, die dood en die DOOD verlos?

Ek glo dat JESUS CHRISTUS deur SY KRUISDOOD, die HELSE DOOD verlos van my sonde, van die vrees vir die liggaamlike dood en van die ewige dood. 

 

Jesus word gekruisig - Luk. 23:33 -34

 

Jesus is van God verlate, roep hard uit en blaas Sy laaste asem uit -  Mark. 15:33-39

 

Wat is die uitkoms hiervan?

 

  • Ek is verlos van my sondes!

  • Ek gaan wel liggaamlik sterf, maar dan is dit net ʼn deur na die Ewige lewe.

  • Die hel, die Ewige DOOD, is dood vir my.

    Vir my is daar nou lewe en die Ewige LEWE!