Back to Top

God sorg dat Sy werk voltooi word.

Download Audio:

Datum:
2015-04-26
Scripture:
Filippense 1:1-11
Speaker:
Sermon Notes:

 

Voel jy ook dikwels of jy die pas gaan volhou?

Dit is hoekom ons vir mekaar moet sê: God begin die goeie werk in jou en Hy voer dit end-uit deur. Jy val net in by God en werk saam met Hom.


In Filippi was daar ook aanmoediging nodig vir dit wat begin is en wat verder geneem moet word. Paulus skryf die brief uit 'n donker bedompige tronk in Rome. Hy ken van genade kry om aan te gaan.

Kom ons kyk na Fil. 1:4-6: Let op 3 NB dinge.
"4In al my gebede bid ek altyd met blydskap vir julle almal, 5omdat julle van die eerste dag af tot nou toe saamgewerk het aan die verkondiging van die evangelie. 6Ek is veral ook daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom."


1.   Wat beteken die "saamwerk aan die evangelie"?

 

  • "Koinonia" is die woord hier.
  • = mense in 'n naby verhouding wat lei tot saam met mekaar werk.

 

2.   Voordat gelowiges saam aan iets kan werk, moet God eers die werk begin.

 

  • Dit is wat in Filippi gebeur en begin het. God het die werk begin en Hy span die gelowiges in om saam met Hom te werk.

 

3.   God sorg dat Sy werk voltooi word.

 

  • Ja, Hy span die gelowiges in vir Sý werk tot Hy besluit dit is klaar.

 

2015 in Randburg, SA en ... Kom ons vra onsself af:

 

  1. Wat het God reeds begin, met my, my gesin en ons as kerk?
  2. Waarmee moet ek saam met God werk? Dit beteken dat ek in 'n naby verhouding met God en ander mense groei, sodat ons saamwerk ...
  3. Hou goeie moed, God sorg dat Sy werk wat Hy begin het, waarmee jy saamwerk, enduit gevat word.