Back to Top

Jy sê: ek wil God dien soos ek wil. God sê: dien My soos Ek wil

Download Audio:

Datum:
2015-05-17
Scripture:
1 Samuel 15 en HKS 35
Speaker:
Sermon Notes:

 

1ste gebod: aanbid net die regte/enigste God.
2de gebod: dien die regte God op die regte manier.
Binne die tweede gebod is daar 2 hooflyne:

 

  • Die verbod op die dien van God deur beelde.
  • Die verbod om God eiewillige te dien.

 

Ons fokus vandag op ons eiewillige godsdiens.

Wat is eiewillige godsdiens?
Om God te dien soos ek verkies en nie soos God sê nie.


Kyk na die lewe van koning Saul. 1 Sam.15

 

  • Die Here gee aan Saul die opdrag dat die Amalekiete uit te wis.
  • Saul besluit self anders. Hy sê selfs: "ek het die woord van die Here uitgevoer".
  • Eers toe hy uitgevang is, kom hy met ? slim storie!
  • Die Here sê: "Eiesinnigheid is net so erg as die bedrog van afgodery. Omdat jy die Woord van die Here verwerp, het ek jou as koning verwerp".

 

Vriend, vriendin, wat van my en jou slim stories?

 

  • Dien jy God enigsinds nog?
  • As jy ja op bg. antwoord, dien jy nie dalk ook vir God op jou eie terme nie? bv:
    • Is dit regtig "cool" om die Naam van die Here te misbruik en grappies mee te maak?
    • Is dit regtig aanvaarbaar om na ander mense se liggame te kyk en te begeer?
    • Is dit reg om die Here alleen te dien en te dink jy het nie ander gelowiges nodig nie?
    • s dit reg om 'n wrok teen iemand te hê en nie te vergewe nie?
    • Is dit reg om reëls sommer net te buig en iets kleins te vat/steel?
  • In enige vorm van eie terme godsdiens, is daar nie plek vir Jesus Christus nie!

 

Kom ons kom tot bekering van ons eiewillige godsdiens.

 

  • Kom ons erken eerder baie gou: 'ek dien God soos ek wil'.
  • Help my Here Jesus Christus! Help my gou!