Back to Top

Ontferming.

Download Audio:

Datum:
2015-06-21
Scripture:
Romeine 12:1-8
Speaker:
Sermon Notes:

Ontferming: God het die lewe van Sy Seun gegee sodat ek nou my lewe aan Hom kan gee.

Ontferming beteken:

  • Om medelye met iemand te hê oor die ellendige situasie waarin hy verkeer.
  • Verder hou dit in dat hierdie medelye in dade omgesit word om die persoon uit die ellende te help of te red.

Ons verkeer in ellende a.g.v. ons sondes. 

  • Kan ons onsself red met onderhouding van die gebooie, met geld, met drank ...? Nee, self kan ons niks doen nie!
  • Ons het ontferming van iemand nodig!

God ontferm Hom oor ons! Hoe? 

  • God buig in genade oor na ons en gee Sy Seun Jesus Christus in ons plek oor aan die dood. Jesus ruil plekke met ons en verlos ons van ons ellende.
  • God gee Sy Gees en Hy is altyd by ons.

Nou kan ek 'n offer uit dankbaarheid aan God rig deur my lewe aan Hom te gee.

 

Ons kry die opdrag dat ons as gelowiges onsself moet offer.

 

  • In die OT tyd is diere geoffer.
  • Jesus Christus het Homself vir ons geoffer.
  • Nou verwag God van ons dat onsself uit dankbaarheid aan Hom sal gee.

 

 

 

Ons offer het twee kenmerke:

 

  • Dit is 'n lewendige offer -
    • God soek 'n mens wat lewe om Hom lief te hê en te dien terwyl ons op aarde is.
  • Dit is 'n heilige offer.
    • Heilig beteken jy is afgesonder van die sonde.
    • Heilig beteken jy is aan God toegewyd, gereed is om in God se diens gebruik te word.

 

 

 

 

 

Hoe offer ons nou konkreet?

 

  • Hou op om gelykvormig te wees aan die wêreld.
  • Word verander deurdat jou gedagtes vernuwe word.

 

 

 

 

 

 

 

Die kernwoorde vandag is dus:
LEWE, AFSONDER, TOEWYDING.