Back to Top

God maak ons standvastig en moedig.

Download Audio:

Datum:
2015-07-26
Scripture:
Romeine 15:1-6
Speaker:
Sermon Notes:
Wees eensgesind en loof God uit een mond!

Wat is standvastigheid en bemoediging?
  • Standvastigheid is die vermoë om in moeilike omstandighede aan te hou, uit te hou en vas te staan.
  • Bemoediging beteken dat jy aangemoedig word en moed ingepraat word. Jy word getroos en gerus gestel dat alles wel is.
Watter dinge vat jou standvastigheid en moed weg?
  • Onnodige en onsinnige twiste.
  • Verskille wat verdeeldheid veroorsaak.
  • Verskil oor geloofsake.
  • Siekte, finansies, versorging,
  • Verhoudinge wat seerkry.
Al hierdie dinge neem eenheid en eensgesindheid weg, of maak eenheid ten minste baie moeilik.

Wat is die oplossing volgens God se Woord?
  • Jesus Christus het nie aan Homself gedink nie, inteendeel, Hy het alle beledigings en blaam Self gedra. Alles het deur die kruisdood op Jesus neergekom.
  • Net so moet jy nie net aan jouself dink nie, maar mekaar in die geloof opbou.
  • God gee die Bybel aan ons om ons standvastig te maak en mee te bemoedig.
  • God is die bron van standvastigheid en Hy bemoedig ons.
  • Die gevolg is dat:
    • Ons mekaar vashou en saamstaan,
    • Ons mekaar aanmoedig,
    • Ons eensgesind is en dat ons uit een mond lof aan God bring!