Back to Top

GOD die BRON van jou HOOP, laat jou oorloop van vreugde en vrede.

Download Audio:

Datum:
2015-08-02
Scripture:
Romeine 15:7-13
Speaker:
Sermon Notes:

Het jy dalk hoop verloor of hoop nodig?

  • Soms voel mens verlore en is hooploos.
  • Die wêreld om ons lyk ook hopeloos.
  • Hoekom? Want wêreldse hoop = miskien.

 Wat is die betekenis van 'n "bron"? Ps.36:1 

  • Dit wys op die begin van iets se bestaan en die rigting waarin dit gaan.
  • Dit is soos 'n fontein wat water van onder die grond af opdruk na die oppervlak sodat die oorloop.
  • God is die BRON van ons hoop!

 Wat beteken die Bybelse hoop? Rom.15:13

  • Bybelse hoop wys nie op 'n miskien nie, maar 'n beslis. Ons weet ons plek in die hemel is reeds gereed gemaak, dit is beslis so.
  • Jesus Christus gee deur Sy kruisdood en opstanding aan ons hierdie lewende hoop!
  • In die lig van hierdie lewende hoop, sien ons alles wat met ons gebeur. Ons kyk die hele tyd op na God en vra dat Hy ons die hele tyd lei en dra en gebruik, deur seer en mooi.

 Hoe word hierdie hoop en jou hoop sterker?

  • Deur die krag van die Heilige Gees (13)
  • Deur Jesus Christus wat dienaar geword het.
    • Hy het die beloftes kom waar maak! (8)
    • Op Hom vestig nasies hulle hoop! (12)

 Wat is die gevolg van die sterkter hoop?

  • Deur jou geloof loop jy oor van vreugde (13)
  • Deur jou geloof loop jy oor van vrede (13)
  • Neem mekaar aan soos Jesus jou aanneem (7)