Back to Top

In liefde is daar geen vrees nie, ............

Download Audio:

Datum:
2015-09-27
Scripture:
1 Johannes 4:7-21
Speaker:
Sermon Notes:
VRESE / FOBIES:
  • Watter vrese/fobies het ek? Vrese vir:
    • Verwerping; verliese; straf deur pa; mislukking..
  • Maar wat is my grootste vrees?
    • my sonde is te groot is en ek kan hel toe gaan...
  • Wat is 'n vrees (phobos)?
    • Dis iets wat die duiwel my wysmaak sodat ek weggedryf word van God en mense.
    • Iets wat my wil laat wegkruip en vlug.
  • Kan ek iets doen om my vrese te oorkom?
    • "blame game" speel? Kompenseer?
WAT Sê GOD IS MY ENIGSTE MANIER OM MY VRESE TE OORKOM?

GOD BEWYS EERSTE SY LIEFDE AAN MY!
  • God trek vir my wat wegvlug, terug na Hom.
  • God stuur Sy Seun Jesus Christus as soenoffer om deur Sy kruisdood my van die hel los te koop. Ek lewe!
  • God se liefde deur Jesus is VOLMAAKTE LIEFDE.
  • Is hierdie liefde ook vir my bedoel?
    • Ja, beslis! God deponeer Sy Heilige Gees in ons sodat ons volword van God se liefde.
WATTER UITWERKING HET GOD SE VOLMAAKTE LIEFDE OP MY VRESE?
  • God se liefde dryf my vrees vir God se straf weg.
  • Ek is verseker dat ek beslis die ewige lewe het!
  • God se volmaakte liefde dryf my vrese weg!
  • Ek moet God se liefde vir my, beoefen en sigbaar maak teenoor medegelowiges en mense rondom my.
  • As ek my medegelowige haat, kan ek nie vir God terug liefhê nie.
  • Prakties: God se volmaakte liefde verdryf vrese tussen:
    • Huweliksmaats - man en vrou,
    • Ouers en kinders, familie,
    • Maats - vriende,
    • werkgewer en werknemer.
    • Tussen medegelowiges ...