Back to Top

Pas as wenners doelgerig aan om verlore mense vir Christus te wen!

Download Audio:

Datum:
2015-11-01
Scripture:
1 Korintiërs 9:19-27
Speaker:
Sermon Notes:

 

  1. Aanpassing
    Paulus het as dienskneg van die Here aangepas.
    • Hy moes aanpas want anders sou hy nie al die groepe mense in die kerk en gemeenskap kon bereik nie.
    • Hy pas aan by die kultuur, kos en taal sodat hy hulle kon verstaan.
  2. Die wenmotief in Perspektief.
    Die rede waarom Paulus aangepas het, was om mense vir Christus te wen.
    • Paulus is diensbaar en tot beskikking van elkeen wat op sy pad gebring word.
    • Die verlossing in Christus gee die oorwinning!
  3. Doelgerigtheid
    Doelgerigtheid beteken dat jy nie los en vas rondval nie, maar by die Here sekerheid kry oor wat Hy met jou doen en wil bereik.
    • Soos 'n atleet en bokser leer die Here ons om doelgerig te wees met ons lewe, roeping en dade.
    • Paulus gee sy beste vir die Here sodat hy 'n waardige voorbeeld vir diegene is aan wie hy die evangelie verkondig.