Back to Top

Jesus Christus gee vrede binne swaarkry en pyn.

Download Audio:

Datum:
2015-12-06
Scripture:
Johannes 16:25-33
Speaker:
Sermon Notes:

Eers het Jesus in beeldspraak gepraat.
   o   Beeldspraak word gebruik om iets met 'n simbool te verduidelik.

Nou praat Jesus direk met die dissipels en ons.

Jesus sê: In die wêreld sal julle dit moeilik hê.
   o   Wêreld - "kosmos" = die natuur, die mense rondom ons, wêreld sisteme, standaarde, behoeftes en gelowe.
   o   Moeilik hê - "thlipsis" = moeilikhede en swaarky, dit wat pyn veroorsaak...
Watter moeilikheid, swaarkry en pyn het u/jy in jou lewe?


Tog, te midde van die verdrukking, moeilike dinge en pyn, het ons vrede in Christus.
   o   Christus het oorwin - Jesus sê: Ek het klaar oorwin.
       *   "nikao" = om te wen - oorwin
       *   Hoe? Deur Jesus se kruisdood en opstanding. Deur Sy hemelvaart. Deur die Heilige Gees wat vir ons gegee word.
   o   Nou het ons vrede in Christus:
       *   Vrede - "eirene" = vryheid van bekommernisse en angs.
       *   Ek ís in God se hande


Gevolg: ons kan moed hou!
   o   Moed hou - "tharseo" = vertroue in God, - dit in die gesig van gevaar, pyn
   o   Anders gestel:
       *   gevaar skrik my nie af nie;
       *   ek is doof vir bedreiging..


Daarom glo en bely ons vandag: Jesus Christus gee vrede binne swaarkry en pyn.