Back to Top

Dit is nou tyd!

Download Audio:

Datum:
2016-01-03
Scripture:
Johannes 4:1-26
Speaker:
Sermon Notes:

ONS VRA VERSKONING VIR DIE KWALITEIT VAN DIE KLANK .  DIE KLANKINGENIEURS WERK DAARAAN.

 

TYD! Hoeveel keer kyk jy per dag op jou horlosie om te sien hoe laat dit is. Sê jy ook dikwels: 'ek het nie nou tyd nie?'

Vandag se boodskap is: DIT IS NOU TYD!

Waar kom tyd vandaan? Van mense?
Tyd is van God en tyd word deur God bestuur en nou moet die tyd deur ons reg gebruik word, vir God.


Adam en Eva wou die tyd terugdraai en Self soos God wees. Die oomblik toe hulle gesondig het, het tyd begin saakmaak, vir hulle en vir elke mens op aarde.
Genadiglik gee God Self die oplossing en Hy gee Sy Seun Jesus Christus om die mens weer tyd te gee, lewe te gee.
Daarom is dit nou nodig om by God te hoor waarvoor dit noú tyd is.


Die Here sê vir ons in Hosea 10:12 "dit is nou die tyd om die Here te soek, dit is nou die tyd om na Sy wil te vra." Ja, dit is nou tyd om tot stilstand te kom en vir God te vra: Waarvoor besluit is dit nou in my en ons lewe tyd?

Die Here sê vir ons in Joh. 4 dat ons tyd vir ander sondige mense moet maak. Jesus het by 'n put vir 'n vreemde en sondige vrou tyd gemaak. Hy gee vir haar die water van die ewige lewe.
In Joh. 4:23 sê dat die tyd gekom het, en dit is nou, dat die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid. Jesus sê daarmee dat dit nou tyd is om te bid met jou hele wese, met liggaam, siel en gees. Ons siel en gees luister nie goed genoeg na die stem van die Heilige Gees en na die stem van God in Sy Woord nie.


Geliefdes, dit is nou die tyd om God nie meer net uit gewoonte te dien, prys en te aanbid nie, maar uit behoefte en begeerte! Ja, dit is nou die tyd om juis meer en meer na God se Wil te vra, te luister en dan gelei word tot 'n besluit.
Kom ons maak regtig tyd vir die Here en vra waarvoor is dit nou tyd vir elkeen van ons en vir ons as Sy gemeente.